MAS Jeug PTA Oos

MAS Jeug PTA Oos Maranate Aanbidding Sentrum - Pretoria
Jeug _ Ons is die nuwe generasie ... wat gaan opstaan in die land ! Ons kreet is Jesus! Ons harte is aan die brand!

♥Jesaja 64:8 ♥ ... " U is ons Vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van U hande"

Ons loop eerder saam God in die donker ... as om alleen in die lig te loop ♥

♥ We are perfect in our imperfection, happy in our pain, strong in our weakness & beautiful in our own way ... Because GOD is on our side ♥

Sommer ietsie spesiaal vir elke vrou in my lewe 🩷! Toe ek hierdie sien vanoggend, toe d**k ek sommer aan elkeen van jull...
10/06/2025

Sommer ietsie spesiaal vir elke vrou in my lewe 🩷! Toe ek hierdie sien vanoggend, toe d**k ek sommer aan elkeen van julle! 🌸 So vanoggend, uit my warm bed wil ek vir elke vrou van God se, Net so ‘n vinnige herinnering (voor jy jou derde koppie koffie drink 😄)

Jy is beeldskoon, uniek en absoluut GENOEG – nie omdat ek so sê nie, maar omdat God so sê!

Jy is geskape na die beeld van die Almagtige. So, hou op twyfel aan jouself, trek daai kroon reg en stap vandag presies soos die prinses wat jy is! Gooi glitter net daar waar jy is!

En onthou: Jy’s nie net ‘n mooi gesiggie met ‘n goeie hart nie… jy’s ook ‘n oorlewende wat al baie oorleef het – en steeds glimlag!

Moenie vergeet om vandag jou lig te laat skyn nie – en dalk jou hare te was, net vir ingeval! 🤪

Mag elkeen van julle ‘n lekkerrrrr Dinsdag hê!

Met al my liefde: Past. Michelle 💜

Moedersdag Diens – 11 Mei 2025Tema: Totdat Ek My Beeld in jou sien ❤️Vandag vier ons Moedersdag – ’n dag van dankbaarhei...
11/05/2025

Moedersdag Diens – 11 Mei 2025
Tema: Totdat Ek My Beeld in jou sien ❤️

Vandag vier ons Moedersdag – ’n dag van dankbaarheid, liefde, bederf, ongelooflike herhinneringe, en eer aan die vouens in ons lewens. Vir sommige van ons is hierdie ‘n dag vol vreugde, van geskenkies, tot koffie in die bed, kleurvolle kaartjies – al is dit 20 kaartjies soos wat Zionike nou al vir my oor die naweek gegee het.

Maar die realiteit is, vandag kan ook vir ander dalk pyn bring, miskien as gevolg van verlore drome, afwesige kinders of selfs omdat hier vrouens is wat hulle eie mammas al aan die dood afgestaan het. Daar is ook vrouens wat deal met die realiteit en die pyn van onvrugbaarheid. So vanoggend wil ek vir elke vrou se, dat God sien JOU !

Moedersdag Vir my is ook ’n dag waarop ons nie net die fisiese mammas vier nie, maar elke vrou – die wat mammas is, die wat wag om nog mamma te word, selfs die vrouens wat nie kinders het nie, die vrouens wat miskien al ‘n kind verloor het, en die wat ander se kinders liefhet soos hul eie. God se hart klop vir elke vrou, en God se drome oor ons vrouens word nie bepaal deur om ‘n mamma te wees of nie ‘n mamma te wees nie.

Vanoggend gaan ek so bietjie van God se hart vir ons as vrouens met julle deel. So gedagte direk uit God se Woord vir elkeen van ons wat dit vandag moes hoor.

Voor ek bid, wil ek vir julle lees uit: Maleagi 3:3: “En Hy sal sit, ‘n smelter en reiniger van silwer”
Net tot so ver. Kom ons bid oor die Woord.

Ek wil begin by die begin vanoggend, en julle eers bietjie laat stil staan by Genesis 2:18. Die Here God Homself het na Adam gekyk en besef hierdie arme man is verlore. Hierdie man kort rigting in sy lewe, en tot vandag toe stem ek nogal saam met Hom, en ons kan almal saam stem toe God se: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek wonder nogal of Hy dieselfde sou voel as Hy eers die vrou geskape het. Maar dit sal ons nie weet nie 🙂

God het gese dit is nie goed vir die mens om alleen te wees nie, Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. Die volgende verse se die Here vir ons Hy het die diere na die mens toe gebring om hulle name te gee en so sal hulle vernoem gewees het. So hier gee ek dit vir ons manne, hulle kan darem orde bring en goed organiseer in sekere situasies, maar ek vermoed Adam was verveeld, en nadat hy gedoen het wat die Here vir hom gese het, het God hierdie situasie so bekyk, en miskien was dit bietjie chaos gewees, of Adam was net onnodig stout en het dalk bietjie kattekwaad aangejaag, mans word mos nie maklik groot nie.

God het hierdie situasie so bekyk en gese, nee genade, hier is niks wat by dié mens pas nie. Die situasie wat Hy aanskou het, was steeds nie volledig nie, En hier is waar die volmaakte prentjie begin …

Jy sien, God weet absoluut wat Hy doen. Eerstens, maak Hy die man stil. Ek d**k miskien wou Adam eers bietjie onderhandel. Want dalk wou hy eers nog gaan visvang of nog net een keer gaan jag, dalk eers ‘n boom klim of watokal mans hulle self mee kan entertain in die bos. Maar God doen dinge mos bietjie anders, en Hy sit hom in ‘n diep slaap, as arme Adam maar net geweet het wat kom!

Maar God begin toe om ‘n wonderlike en volledige daad te doen, en hy sit vir Adam in ‘n diep slaap, en uit Adam se ribbekas vorm Hy hierdie beeldskone, ongelooflike. Volmaakte, wonderlike, super wese, ‘n VROU! En Hy neem haar na die mens toe.

Ek d**k met die eerste kyk toe is Adam smoorverlief, ons kan ons eie afleidings maak oor hoekom Adam een kyk gegee het en die mooiste vow – die mooiste belofte in daai oomlik spreek en hy se: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees, en hy sal sy vader en sy Moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Jy sien, die eerste doel vir jou lewe was nie om net ‘n Moeder te wees nie, maar om VROU te wees. Om ‘n helper te wees wat hierdie man sal volledig maak. En dis hoekom ons hierdie dag gebruik om eer te gee aan alle vroue – moeders, dogters, oumas, susters, enkelvroue, en dié wat wag op beloftes wat dalk nog nie vervul is nie. Jy hoef nie 'n ma te wees om 'n moederlike hart te hê nie. Jy hoef nie net ‘n ma te wees om waardevol in God se plan te wees nie. God het jou geskape met 'n doel, en jou teenwoordigheid in hierdie wêreld is nie toevallig nie.

God het elke vrou geskape met ’n spesifieke rol, ongeag haar huidige seisoen. Getroud of enkel, met kinders of sonder – jy is waardevol, geliefd en nodig. Jy is deel van Sy plan – vir jou huis, jou kerk, jou gemeenskap.

Miskien het jy hierdie al oor en oor gehoor en jy sit dalk vanoggend hier en wonder “Sien God my regtig raak? Weet Hy wat ek dra?” Die lewe trek ons in soveel rigtings—moederskap, verhoudings, werk, bediening, sorg vir ander—en tog voel dit soms of niemand raaksien wat ons doen nie. Maar hier is die waarheid wat deur die hele Bybel gesaai is: God ontmoet ons as vroue net daar waar jy is.

Nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik—reg in die dieptes waar ander nie kyk nie. Reg in die dieptes wat ander nie raaksien nie, selfs nie eers dit wat jou kinders of jou man nie raaksien nie. Hierdie silent battles wat ons as vrouens daagliks fight.

Ek het bietjie gaan kyk na verhale in die Woord waar God die vrouens ontmoet het, en ‘n paar van hierdie ontmoetings kon ek toepas op ons as vrouens se daaglikse lewens

Genesis 16 lees ons van Hagar, sy was ‘n dienskneg, mishandel en verwerp. Swanger en alleen, vlug sy die woestyn in. Sy het nie na God gesoek nie—maar God het na háár gekom.
Hy ontmoet haar by ‘n fontein in die woestyn en praat persoonlik met haar. In daardie ontmoeting Toe noem sy die Naam van die Here wat self met haargepraathet, en sy se; U is die God wat sien!

Hagar het nie daardie dag ‘n wonderwerk gekry nie—sy het ‘n belofte ontvang, dat sy nie onsigbaar is vir God nie.

In Johannes 4 gaan die Samaritaanse vrou om water te skep—’n gewone, alledaagse taak. Maar daardie dag wag Jesus op haar. Jesus het haar nie in ‘n fancy plek ontmoet nie, Hy het haar by ‘n put ontmoet.

In 1 Samuel 1 lees ons van Hanna—hartseer, verlangend en sonder kinders. Sy bid in die tempel, so stil dat die Priester d**k sy is dronk.

Maar God hoor haar. En God onthou haar. Hy het nie nodig gehad dat sy hard praat of ‘tekere gaan nie. Haar trane was vir God genoeg.

En dan kan ons hierdie ontmoetings vergelyk met hoe God die mans in die Bybel ontmoet het, dit was soveel anders in vergelyking. Jy sien, God het ons geskape, en Hy het presies geweet hoe die vrou is, hoe sy d**k, hoe emotioneel sy raak, en presies wat sy nodig het.

Wanneer God mans in die Bybel ontmoet het was dit soms in baie dramatiese oomblikke, Hy het hulle ontmoet op berge, by ‘n brandende bos in donderslae, in tye van stryd en uitroeping, of wanneer Hy streng opdragte aan hulle gegee het. Elia het God selfs ontmoet op ‘n berg met winde en aardbewings.

Maar dit was anders vir God wanneer dit by vrouens kom. Daarom wil ek jou vanoggend oortuig dat jy vandag sal weet … maak nie saak waar jy jouself bevind vandag nie - miskien is jy moedeloos, miskien is jy uitgeput, voel minderwaardig, voel verwaarloos, het fisies seer, voel alleen en asof niemand jou raaksien nie, en of niemand jou hoor nie, is hierdie die waarheid wat jy dalk vandag moet hoor, want Waar jy jouself ook al bevind—God sal jou dáár ontmoet.

God is so gefokus op jou, en Hy wag, geduldig vir jou, totdat Hy sy beeld in jou sien.

Maleagi 3:3: “En Hy sal sit, ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid, ‘n offer sal bring”

Terwyl ek afsonder en gaan lees oor hierdie teks vers wat die Here op my hart gele het, kom ek op ‘n storie af, en ek wil afsluit om hierdie storie met jou vanoggend te deel, ’n beeld wat so diep en fluisterend die hart van God openbaar: die proses van silwer verfyning.

’n Vrou het eendag ‘n bybelstudie taak gedoen oor Maleági 3:3 waar God in hierdie studie as ‘n silversmid beskryf word, en sy het gewonder wat dit beteken dat God “sit as ’n silwersmid.” Die vrou het besluit om die proses van silwer loutering te gaan ondersoek.

Sy het besluit om ’n silwersmid te gaan besoek en hom gevra oor die hele proses en of sy kan kyk hoe hy deur die proses gaan, sonder om aan hom te verduidelik hoekom sy dit spesifiek wil weet. Terwyl die silwersmid sit en werk verduidelik hy aan haar:

“Ek moet die silwer in die vuur hou in die warmste deel van die vuur om al die onsuiwerhede uit te brand. Maar ek moet dit self vashou, die heeltyd daar SIT en dit dophou, want as ek dit net ’n oomblik te lank los, sal dit vernietig word.”❤️

Die vrou het toe stil geraak en sy vra hom toe: Maar hoe weet jy wanneer die silwer reg is? Hoe weet jy dan wanneer die proses klaar is?

Die Silwersmid het met ‘n sagte glimlag geantwoord en gese” Dis baie eenvouding, ek weet die silwer is greed, wanneer ek my beeld daarin kan sien”

En so besef ek, in my stilte tyd dat hierdie die vers is wat God vandag in ons as vroue se harte wil kom bere. Want ongeag jou omstandighede, ongeag jou seer en jou pyn, ongeag jou verlange na iets wat net jy van weet, ongeag of jy moedeloos voel, ongeag of jy nie erkenning kry vir enige iets wat jy doen nie, ongeag jou trane en jou swakhede is Hy naby.

God het nie van jou vergeet nie, God sit, en Hy wag en Hy is so gefokus op jou, hy sit met soveel sorg en Geduld en kyk na jou met oe wat Hy nooit van jou sal afhaal nie. Hy jaag nie die proses aan nie, want Hy weet hierdie seisoen waarin jy vandag is, is nie te lank nie. Hy los nie een van ons in die vuur nie. Hy kyk en Hy wag. Nie om ons te straf nie, maar om ons te vorm.

En miskien wonder jy vanoggend maar hoe lank nog Here, want die vuur raak nou bietjie warm. My omstandighede raak nie beter nie? Maar jy sien, liewe vrou, die antwoord is eenvoudig:

Totdat Ek my Beeld in jou sien! 🤍

Nie een oomlik in jou vuur is verniet nie. Nie een seisoen waardeur jy gaan is vir Hom te lank nie. God weet wat Hy doen. Jy liewe vrou, is Sy Meesterstuk. Jy is kosbaar, verfyn en gekies.
En wanneer die wereld na jou kyk, wanneer jou kinders, jou vriende, jou man en selfs vreemdelinge na jou lewe kyk dat hulle mag se “Ek sien iets van Jesus in haar”

Want dit is Sy werk in Jou. Dit is Sy doel met jou! En dit is Sy hart: Totdat Hy Sy Beeld in Jou sien!

Past. Michelle ❤️

🤍 Die Here is my Herder 🤍
13/02/2024

🤍 Die Here is my Herder 🤍

Provided to YouTube by Absolute Marketing International Ltd Psalm 23 (feat. Tiffany Hudson) · Phil Wickham · Tiffany Hudson I Believe ℗ 2023 Phil Wickham ...

Don’t feel sorry for or fear for your kids/grandkids because the world they are going to grow up in is not what it used ...
25/02/2023

Don’t feel sorry for or fear for your kids/grandkids because the world they are going to grow up in is not what it used to be.

God created them and called them for the exact moment in time that they’re in. Their life wasn’t a coincidence or an accident.

Raise them up to know the power they walk in as children of God.

Train them up in the authority of His Word.

Teach them to walk in faith knowing that God is in control.

Empower them to know they can change the world.

Don’t teach them to be fearful and disheartened by the state of the world but hopeful that they can do something about it.

Every person in all of history has been placed in the time that they were in because of God’s sovereign plan.

He knew Daniel could handle the lions den. 
He knew David could handle Goliath.
He knew Esther could handle Haman.
He knew Peter could handle persecution.
He knows that your child can handle whatever challenge they face in their life. He created them specifically for it!

Don’t be scared for your children, but be honored that God chose YOU to parent the generation that is facing the biggest challenges of our lifetime.
Rise up to the challenge.

Raise Daniels, Davids, Esthers and Peters!

God isn’t scratching His head wondering what He’s going to do with this mess of a world.

He has an army He’s raising up to drive back the darkness and make Him known all over the earth.

Don’t let your fear steal the greatness God placed in them. I know it’s hard to imagine them as anything besides our sweet little babies, and we just want to protect them from anything that could ever be hard on them, but they were born for such a time as this.

~Alex Cravens

🖤
16/03/2022

🖤

30/06/2021

NEEM KENNIS
Volgens die POPIA Wet wat more 1 Julie 2021 in werking tree, is admin verplig om 2 vrae aan elke persoon op die blad te vra:
1. Wil jy deel wees van die blad?
2. Onderneem jy om nie die persoonlike inligting van die lede sigbaar elders te gebruik nie?
Indien jy JA kan antwoord, bly asb op die blad. Jy hoef nie 'n antwoord te stuur nie
Indien jy NEE antwoord, verlaat asb die blad vir almal se veiligheid.
Ons glo elke een verstaan en sal ons in hierdie verband help.
Indien jy nie bewus is van hierdie wet nie, vergewis jouself in die verband.
According to the POPIA Act which will come into effect tomorrow 1 July 2021, as admin we are obliged to ask 2 questions to each person on this page:
1. Do you want to be part of the page?
2. Do you undertake not to use the personal information of the members visibly elsewhere?
If you can answer YES, please stay on the page. You do not have to send a reply
If you answer NO, please leave the page for everyone's safety.
We believe everyone understands and will help us in this regard.
If you are not aware of this law, please familiarize yourself with it.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1258517754563248/ B O O D S K A P A A N E L K E O U E R! 🌿Simoné was vir ...
04/04/2021

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1258517754563248/

B O O D S K A P A A N E L K E O U E R! 🌿

Simoné was vir baie lank (en eintlik so kort) deel van ons lewe !
Op 16 d**k mens jy het reeds die wêreld onder jou voete ! Jy is vasgevang tussen kind wees en groot wees ! Verward oor so baie dinge wat jy nou sien, hoor en probeer verstaan !

Op 16 het ek 'n mamma geword! Ek het ged**k ek is groot, ek het dit! Maar as ek vandag terug kyk na my fotos saam Michandri, besef ek hoe klein ek eintlik nog was ! Hoe snaaks dit moes lyk vir die wêreld omdat ek 'n swanger pensie gehad het. 'N meisiekind wat swanger is, en steeds 'n skooltas moet rond dra ! Hoeveel anders was jou lewe, my lewe en jou kind se lewe van Simoné sin?

Hoe besluit jy op 16 dat die dood jou enigste uitweg is?
Hoe voel die lewe so donker, nutteloos op 16?

Op 16 wil ons kys !
Ons wil see vakansies hou saam vriende en vriendinne!
Ons wil dans tot 4 uur in die oggend !
Ons wil chick flieks kyk, en ons eie liefdes verhale skep!
Ons wil droom!
Droom oor 'n matriekafskeid! Droom oor ons 1ste soen! Ons eerste kar !
Ons wil tik tok videos maak! En Instagram stories post oor nuwe outfits, nuwe avonture, nuwe troeteldiere !
Op 16 wil ons vry!
Op 16 wil ons begin dinge beproef! Ons wil lewe !

Simoné se lewe, drome en gebede was dalk soveel anders as myne en joune. Of soveel anders as jou tiener sin! Maar sy was net 16 jaar oud! 16 jaar oud toe sy nie meer wou droom nie! 16 jaar oud toe sy nie meer wou dans nie! 16 jaar oud toe sy nie meer wou vry nie! 16 jaar oud toe sy nie meer wou lewe nie ! 💔 Vir haar was daar, in haar klein hartjie geen ander uitweg as die dood nie ! Hoe bang en alleen moes sy op 16 nie gevoel het nie? My hart breek in 16 000 stukkies soos wat ek vanaand na my eie kinders kyk !

En vanaand wil ek jou bewus maak dat hierdie die realiteit is!
Ek wil jou bewus maak dat jou kind ook deur soveel emosies en vrese gaan .. elke liewe dag ! Net soos ek en jy, het hulle ook "moods" ... hulle harte word ook seer ! Soms raak dinge vir hulle ook net eenvoudig te veel!

En mamma ... of pappa ... jy moet vanaand besef hoe ongelooflik belangrik dit is om TEENWOORDIG te wees in jou kind se lewe ! Om nie net na hulle te luister nie ... maar om hulle te HOOR! Moenie jou kind afjak wanneer hulle sekere dinge met jou wil deel oor hulle hart, hulle dag of hulle lewe, net omdat JY nie 'n lekker dag gehad het nie !

Dis so belangrik om te WEET wat in jou kind se lewe aangaan! Dis so ongelooflik belangrik om 'n OOP VERHOUDING te hê, sodat jou kind met alles, no matter what, na jou toe kan kom, en te weet my ma en pa is daar! Hulle heel grootste supporters!! 🙌🏻

Onthou. Mens kan slegs jou kinders help, wanneer jy weet dat hulle in die moeilikheid is!

Maak tyd om jou kind se hart te hoor!
Maak tyd om jou kind se vrese te hoor!
Maak tyd om te hoor wat maak hulle opgewonde!
Maak tyd om te hoor wat maak hulle kwaad!
Maak tyd om hulle sport by te woon!
Maak tyd om te help met take!
Maak tyd om uit te vra oor eksamens!
Maak tyd vir gebed !
Maak tyd om Die Woord met jou kind te deel!
Maak tyd vir vrae - al vra hulle die weirdste goed !
Praat oor seks ! Openlik! Sonder sugar coating!
Praat oor dwelms!
Praat oor groepsdruk!
Praat oor stres !
Praat oor A L L E S !

Kyk na jou kind se foon - let op, op die goed wat jou kind post en share op social media. Luister na die musiek waarna hulle luister! Die flieks wat hulle kyk ! Wees PRESENT!!! Jy dring nie in op hulle privaatheid nie ! Die lewe is rof! Jy het nodig om te weet ! Elke share, elke post, elke liedjie gaan 'n boodskap uitstuur! En jy moet weet wanneer dit nou tyd is om in te gryp!

Wees lief vir jou kind - moenie dit net sê nie ... wys dit!
Bid vir jou kind. Maar maak tyd - en bid SAAM jou kind!
Lees Bybel en gesels oor die dinge wat nie sin maak nie !
Wees jou kind se safe haven !
Vertel jou kind dat hy of sy Jesus se oogappel is !
Leer jou kind om dieselfde verhouding met God te hê! Hy is ons hemelse Pappa!

Pappa - as jou kind nie God kan raak sien in haar eie pappa nie ... sal hy of sy, God nie kan sien as 'n pappa nie! Lees dit weer !

Jesus is die weg en die waarheid ! Jesus is die uitweg, al gaan ons deur donker dieptes !
As ons, ons kinders nie gaan leer en wys hoe om Jesus te volg nie ... sal die wêreld hulle presies wys hoe om HOM NIE TE VOLG, TE GLO EN TE AANBID NIE!

Jou kind het jou nodig! Ten alle tye!
Wees teenwoordig - nie net daar nie!
Wees lief, nie net in woorde nie!
Bid, nie net saggies nie!
Lees Bybel, nie net op Sondae nie !

En as jy die tyd gevat het om hierdie post te lees vanaand ... staan op, en gaan sê vir jou kind jy is lief vir hom of haar! Druk jou kind vanaand styf vas teen jou bors, sodat hy of sy net vir 'n paar sekondes jou hart klop kan hoor! Sê vanaand vir jou kind wat die Here op jou hart lê - dis dalk presies wat hy of sy vanaand nodig het om te hoor! ❤

Simoné ... mag jy vanaand saam die engele jubel en juig! Mag jy vanaand op Jesus se skoot sit en hoor hoe pragtig en besonders jy nog altyd vir Hom was ! 🌿🤍 'n prinses ... handgemaak deur ons Onvergelykbare God! Uitgekerf in Sy beeld!

LUKAS 18:16
Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.

Die 16-jarige Simoné le Roux wat vir byna 'n week vermis was, se liggaam is vandag in 'n pakhuis in hulle erf in Kimberley gevind.

So staan ons op die rand om 2020 te groet! Van ons kan glad nie wag vir hierdie jaar om sy g*t te sien nie! Wat 'n jaar ...
31/12/2020

So staan ons op die rand om 2020 te groet!
Van ons kan glad nie wag vir hierdie jaar om sy g*t te sien nie!
Wat 'n jaar was dit nie?

Hierdie jaar het ons geleer van 'n Pandemie !
Ons lees dit orals! Covid! Die aaklige monster wat ons vryheid kom steel het !
Ons was vasgevang?
Ons het curfews gehad!
Die toilerpapier was min!
Winkels was leeg. Strate was leeg. Ons harte was leeg!
Ons het geleer hoe om 'n glimlag raak te sien deur 'n masker ... 'n masker wat vir 'n paar minute my emosies kon wegsteek!
Ons kon nie kerk toe gaan nie!
Ons kinders kon vir maande nie skool toe gaan nie!
Ons hande was rou van die sanitizer!
Ons meet ons koors 20 keer 'n dag!
Kos word afgelewer! Ons het vrees om in 'n winkel te gaan rond loop!
Ons werk van die huis af!
Ons verloor ons werk!
Ters UIF ! Wat is dit ?
My fellow South Africans het die aakligste woorde geword wat ons kon hoor!
Wat het van ons geword?

M A A R ...

Ek kyk terug na 2020 ... en besef ... Ja .. ek en jy kan beplan ... maar God bly in beheer!
Was 2020 vir jou net sleg?
Ons kerke was toe. Maar wie is eintlik die kerk?
Het jy jou lig steeds laat skyn in hierdie donker wêreld?
Het jy God se teenwoordigheid ervaar in hierdie tydperk?
Ons het tyd gehad ! Tyd om meer te bid ! Tyd om Bybel te lees! Tyd vir ons kinders ! Tyd vir mekaar !
Ons het elke aand 'n bord kos gehad.
Ons was nie een oomlik vasgevang in ons huise nie. NEE !!! Ons was veilig in ons huise !
Daar was toe genoeg toiletpapier ... vir ons almal!
Ons is gesond !
Ons het steeds iets om elke dag voor dankbaar te wees !

Kyk gou langs jou ... kyk om jou! Jy is gesond ! Jy is geliefd en jy is geseend ! In oorvloed !
2020 is nie net 'n riller nie ! Waarom meet jy hierdie jaar aan alle neg*tiewe dinge?

So ... voor ons hierdie jaar groet, bid hierdie saam met my ... met jou hart ❤

Here, U is goed! U was goed voor Corona ... U was goed tydens Corona ... U sal aanhou goed wees ... lank na Corona ! U bly steeds in beheer! Here, dankie dat U my gespaar het hierdie jaar! Dankie dat ek gesond genoeg is om hierdie gebed vandag aan u te rig! Ek is hier .. ek is gelukkig ... ek is U kind ... en deur U genade en U liefde, kan ek hierdie jaar afsluit met die wete dat maak nie saak hoe onseker ek is oor môre nie ... weet ek U is reeds daar! ❤
U is ons geneesheer ... U is ons Redder en ons Koning! Vir wie sou ek bang wees? Vir wie sou ek vrees? Want al val 10 000 aan my sy ... weet ek U is met my ! In U arms is ek veilig! Dankie vir U liefde ! Dankie vir U genade! Ek wil 2021 pens en pootjies saam U instap! Want in U wee is ek veilig! ❤

Here ... help my om U plan te sien ! Sodat ek minder moan en minder sal vrees!
Hou vas my swak hand Here .. sonder U is ek niks!
Vergewe my as ek twyfel Here! My hoop is alleen op U gevestig!
Mag ek nie een oomlik vergeet hoe lief U my het nie!
Dankie dat U my, en my geliefdes vir nôg 'n jaar gespaar het! Deur hierdie pandemie en al! Dankie dat ek steeds deel is van U plan! 🌸

Ek sien uit na U blessings in 2021 ... ❤
God seën my ....
God seën jou ...
God seën Suid-Afrika !

A M E N & A M E N 🤍🤍🤍🤍

Happy new year aan elkeen van julle !
Baie liefde,

Ek, Michellé! 🌸

Ek wil vanaand iets met jou deel. Hierdie mag dalk 'n "raw post" wees .. maar dis ons realiteit. En ongelukkig is ons va...
18/09/2020

Ek wil vanaand iets met jou deel. Hierdie mag dalk 'n "raw post" wees .. maar dis ons realiteit. En ongelukkig is ons vasgevang in tye waar ons eerder wil cool wees, in wees en deel van die IT crowd ! Ons wil gesien word. Gehoor word en gefollow word! En dis okay .. die 'n fase - I get it! Maar wat my eintlik die meeste bekommerd maak van ons social media status ... is die musiek en challenges wat daarmee saam gaan !

'N hele rukkie terug het ek myself probeer educate met al die nuwe social media dinge. Ons ken Facebook en ons ken Whatsapp en ons ken Instagram! En tot 'n mate voel ons ons kan hierdie min of meer beheer ! Toe ontplof hierdie TIKTOK bom ... ja selfs in my huis ! Almal moet saam TikTok. Ons hele gesin het al videos saam my meisiekind gedoen (sy's 14). Aanvanklik lyk alles heel chilled en onskuldig ! Net soos meeste dinge van die duiwel want dis die maklikste manier om vasgevang te word ! Eers is dit net 'n dansie hier en 'n dansie daar ! En as jy jou oë uitvee dan word jy dieper en dieper vasgevang in hierdie sirkel van boosheid! Oordeel ek die app? Oordeel ek jou wat wel gebruik maak van TikTok? Glad nie!

Wat ek wel oordeel is die uitdagings wat die app toelaat vir meisies vanaf die ouderdom van 8 ! Ja .. 8 jaar oud 😳! Ek oordeel die feit dat ons as ouers 'n blind eye draai oor wat hierdie app aan ons kinders doen! Ons maak maar of ons nie al die gevaar tekens sien nie ... want comaan allllmal in jou kind se skool het TikTok! Vanaand sê ek vir jou ... so freakin what!

Jy wil jou meisiekind die waardes van 'n vrou leer ! Jy wil haar die weg wys na God se hart! Jy wil haar self respek leer en hoe om haarself lief te hê en haarself ten volle te aanvaar! Jy wil haar leer om 'n vrou van klas te wees. 'N vrou na aan God se hart! Jy wil haar leer sy is genoeg!

Dan kom hierdie pop-sterre ... en stel hierdie kinders bloot aan walglike goed! Walglike musiek en dans moves ! Vrouens wat invloed het op jong meisies ! Ons kyk hierdie goed mis mammas ! En dit bekommer my!

Die nuutste challenge op TikTok word die WAP challenge genoem! Allllmal doen dit. Van groot na klein! Kinders en tieners tot vrouens en ouens ! Dis 'n aaklige challenge maar ons laat toe dat ons kinders dit doen want dis cool! ✌🏻😎

Nou ja ... gaan doen jouself 'n guns en gaan lees op oor hierdie liedjie se woorde ! Gaan kyk self wat beteken WAP! 😳 Ek het my g*t af geskrik! Letterlik!

Die uitdaging op TikTok (hierdie einste WAP challenge) is om seksuele moves te maak (dit lyk kompleet soos air hump, of selfs soos iemand wat seks met 'n spook het! Of die vloer wil bykom!) Ek sê dit so reguit want jy het nodig om dit te hoor! 😨

Terwyl hulle hierdie dansies doen. Speel Cardi B se WAP liedjie in die agtergrond! Jy kan net 30 sekondes van die liedjie luister op die app! So mamma wat op die bank sit. Hoor nie die hele liedjie nie. Min wetend dat jou kind dalk al reeds hierdie liedjie op haar foon gedownload het ! Ek kry skoon weer hoendervleis!

Gaan doen jou navorsing ! Waarvoor staan WAP? Google die lyrics ! Jy gaan jou dood skrik!

So vanaand wil ek jou uitdaag om meer betrokke te wees met jou kinders se social media status ens. Al doen jou kind dit nie self nie ... sien sy dit. Hoor sy dit. En as sy weer kyk dan sing sy dit ... ! Onwetend. Want dis presies die duiwel se plan met ons kinders. Om te kom steel en te slag en te verwoes ! 😡

Al is jou kind vir 'n rukkie kwaad omdat sy TikTok moes delete. Of omdat mamma bietjie self rond krap op haar social media accounts. Let it be ! Dis jou werk om jou kind teen hierdie boosheid te beskerm!

Hoe gaan jy jou kind leer van die liefde van Jesus as hulle vasgevang word in die vieslike dinge van die lewe ! Hoe gaan jy jou kind die mooi leer van seks ... as sy die idee daarvan het wat Cardi B in haar liedjie sing? Hoe gaan sy God daarin raak sien eendag as hierdie liedjie oor en oor op haar playlist speel?

As ons nie ons kinders gaan leer hoe om Jesus te volg nie ... gaan die wêreld ons kinders leer om Hom nie te volg nie ! 💔

Mamma en pappa ... tiener en kind. Ek weet dis bitter blêrrie moeilik ! Maar jy moet kennis dra van hierdie dinge sodat jy kan opstaan teen die dinge wat jou waarde as meisie ... jou waarde as seun afbreek tot op die grond! Jy moet weet hoe om sterk te staan sodat jou oë steeds gefokus kan bly op Hom wat is, wat was .. en wat kom!

Maak klaar met die dinge van die wêreld! En rig jou oë op na Hom wat jou sal krag gee ! 🌱

Jy is goed genoeg! Jy is waardig om geliefd te voel! Jy is nie hier om in te pas nie my skat, nee .. jy is hier om uit te staan 🌸🌸

Lees jou Bybel en bid elke dag - sodat jy kan groei, groei, groei! 💦

Mammas - wees betrokke, wees bewus en wees daar! Ons kinders het ons nou meer nodig as ooit! Hierdie wêreld van ons is 'n rowwe plek ... what you allow .. will continue ! 🤍

Bid saam my hierdie gebed vanaand ...

Here, help ons om bewus te raak van die duiwel se planne met ons jong lewe! Help ons om nie vasgevang te word in 'n wêreld van boodsheid nie. Maar dat ons sal weet dat al val 10000 aan ons sy, ons steeds nie hoef bang te wees nie, want U is met ons, in U arms is ons veilig! Here, maak oop ons geestes oë en ore, sodat ons U bo die geraas van die wêreld steeds kan hoor! Vergewe ons ons sonde Here, vergewe dat ons soms onkundig is! Help ons Here, om sterker te wees as die dinge waaraan ons soms oorgee. Lei ons Here, sodat ons elke dag kan wandel in U wee. Dankie vir U liefde, vir U genade, en dankie vir die kruis!

🤍 Amen🤍

J E U G D O O P D I E N S °°° 13 S E P T E M B E R 2 0 2 0 💦💦Hierdie datum was een van die belangrikste datums wat neerg...
14/09/2020

J E U G D O O P D I E N S °°° 13 S E P T E M B E R 2 0 2 0 💦💦

Hierdie datum was een van die belangrikste datums wat neergeskryf is in die HEMEL!

15 mensies het besluit dat hulle die Here wil dien! Nie omdat ek so sê of omdat jy so preek nie! Nie omdat hulle voel dis iets wat hulle MOET doen nie! Maar omdat hulle elkeen in hulle harte ervaar het, en vasgemaak het dat hulle Jesus gaan volg! Gehoorsaam gaan wees, hulle lig gaan laat skyn en 'n verskil gaan maak! 🤍

Wat 'n voorreg was dit nie om deel te kon wees van hierdie dag nie! Die Engele sing ekstra hard in die hemel ! 💙

As God vir ons is ... wie kan teen ons wees? 🌱

#2020

If you've been walking the same old road for miles and milesIf you've been hearing the same old voice tell the same old ...
19/07/2020

If you've been walking the same old road for miles and miles
If you've been hearing the same old voice tell the same old lies
If you're trying to fill the same old holes inside
There's a better life
There's a better life

If you've got pain
He's a pain taker
If you feel lost
He's a way maker
If you need freedom or saving
He's a prison-shaking Savior
If you've got chains
He's a chain breaker

We've all search for the light of day in the dead of night
We've all found ourselves worn out from the same old fight
We've all run to things we know just ain't right
And there's a better life
There's a better life

If you've got pain
He's a pain taker
If you feel lost
He's a way maker
If you need freedom or saving
He's a prison-shaking Savior
If you've got chains
He's a chain breaker

If you believe it
If you receive it
If you can feel it
Somebody testify

Address

Todd Avenue
Pretoria
0186

Opening Hours

17:00 - 20:00

Telephone

+27798491496

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when MAS Jeug PTA Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to MAS Jeug PTA Oos:

Share