Houtkruis Gemeente

Houtkruis Gemeente Welkom by die Houtkruis-ervaring ! Ons deel graag die liefde en Evangelie van Jesus in Silverton.

As u opsoek is na 'n "aanbiddingsplek", waar God met oorgawe, passie en spontanïteit aanbid word, waar die Woord sonder kompromie, reguit verkondig word en waar die Heilige Gees hartlik welkom is tydens elke geleentheid, nooi ons u hartlik uit om te kom kuier. Kom beleef God se nabyheid en ontferming wanneer mede gelowiges tyd skep om te bid vir individue se behoeftes. SONDAE
AFRIKAANS 09:00
EN

GLISH 11:00

KruisKidz (Kinderkerk) 09:00

GEMEENTE BIDUUR
Woensdae 18:00

SENIOR OMGEEGROEP
Donderdae 10:00

19 Julie 2026Prediker: Pastoor Pieter NortjèIn Johannes 14 spreek Jesus Sy dissipels se ontsteltenis aan net voordat Hy ...
31/07/2026

19 Julie 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

In Johannes 14 spreek Jesus Sy dissipels se ontsteltenis aan net voordat Hy gekruisig sou word. Te midde van onsekerheid en vrees sê Hy: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My” (Johannes 14:1). Jesus belowe nie ’n lewe sonder storms nie, maar ’n hart wat standvastig bly in die storm. Ons hart is die slagveld waar vrees, twyfel en moedeloosheid begin, maar dit is ook die plek waar God se vrede posvat wanneer ons ons vertroue op Christus plaas (Spreuke 4:23).

Jesus belowe dat Hy ons nie as wese sal agterlaat nie. Deur die Heilige Gees, die Paraklētos: ons Trooster, Helper, Voorspraak, Raadgewer en Bemoediger bly Christus voortdurend by Sy kinders. Die bediening wat Jesus op aarde gehad het, leef vandag deur die Heilige Gees voort: Hy troos, leer, lei, oortuig van sonde, openbaar die waarheid, gee krag, tree vir ons in en rig ons oë altyd terug na Jesus. Die dissipels het die sigbare Jesus verloor, maar die inwonende Christus deur Sy Gees ontvang.

Wanneer Jesus in Johannes 14:27 sê: “Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle”, verwys Hy na ’n vrede wat nie van gunstige omstandighede afhanklik is nie, maar deur die Heilige Gees in ons harte werk. Die Heilige Gees bring nie altyd antwoorde op al ons vrae nie, maar Hy bring die teenwoordigheid van God in ons situasie. Hy herinner ons aan God se getrouheid wanneer vrees toeslaan, aan die kruis wanneer skuld ons aankla, aan die opstanding wanneer smart ons oorweldig en aan God se beheer oor die toekoms wanneer onsekerheid ons bedreig. Daarom bedaar die storm binne-in ons, selfs wanneer die storm rondom ons voortwoed.

Die uitnodiging aan elke gelowige is om daagliks in gemeenskap met die Heilige Gees te leef. Luister eerder as om paniekerig te raak en wees self draers van God se vrede in ’n gebroke wêreld. Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, dis ’n Persoon.
Kyk gerus die volle preek hier 👉

Die AGS van Suid-Afrika, Houtkruis Gemeente, SilvertonSondag 19 Ju...

12 Julie 2026Prediker: Pastoor Pieter NortjéIn Johannes 14:1–6 spreek Jesus Sy dissipels aan net voor Sy kruisiging. ’n ...
23/07/2026

12 Julie 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjé

In Johannes 14:1–6 spreek Jesus Sy dissipels aan net voor Sy kruisiging. ’n Oomblik waar hulle hele wêreld op die punt was om in chaos te verander. Ten spyte van Sy eie lyding, fokus Jesus op hulle harte en sê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My”.

Die kernboodskap : geloof is die anker wat ons dra wanneer vrees, onsekerheid en stres ons wil oorweldig. Ware vrede kom nie uit stabiele omstandighede nie, maar uit ’n onwrikbare vertroue in Jesus Christus.
Jesus herinner ons ook dat ons nie alleen of verlate is nie. Hy belowe: “In die huis van my Vader is daar baie wonings… Ek gaan om vir julle plek te berei” (Johannes 14:2–3). In ’n wêreld waar eensaamheid en isolasie al hoe meer toeneem, gee hierdie belofte aan elke gelowige ’n diep gevoel van behoort. Ons is nie kosmiese weeskinders nie. Ons burgerskap is in die hemel (Filippense 3:20) en die Here berei reeds ’n ewige tuiste vir ons voor.

Toe Thomas vra hoe hulle die weg kan ken, antwoord Jesus met die bekende woorde: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). In ’n tyd van verwarring en sogenaamde “persoonlike waarhede”, bly Jesus die absolute waarheid en ons geestelike kompas. Selfs die vrees vir die dood verloor sy mag wanneer ons vasgryp aan Sy belofte dat Hy weer sal kom om Sy kinders na Hom toe te neem.

In Johannes 14:26-27 sê Jesus se troosvolle woorde oor die Heilige Gees : “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle… Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.” God laat ons nie as wese agter nie; Sy Gees woon in ons en herinner ons daagliks aan Sy beloftes. Hoe groter ruimte die Heilige Gees in ons harte inneem, hoe minder plek bly daar oor vir vrees en stres. Ons vrede lê uiteindelik nie in wat om ons gebeur nie, maar in die voortdurende teenwoordigheid van Jesus by ons.

Kyk gerus die volle preek hier 👉

Se alla dina favoriter bland videor och musik, ladda upp originalinnehåll och dela allt med vänner, familj och hela världen på YouTube.

28 Junie 2026Prediker: Pastoor Pieter NortjèDoen ons die regte dinge vir God omdat ons voel ons móét, of omdat ons Hom o...
09/07/2026

28 Junie 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

Doen ons die regte dinge vir God omdat ons voel ons móét, of omdat ons Hom opreg liefhet? Jesus waarsku die gemeente in Efese dat dit moontlik is om getrou te dien, hard te werk en selfs by die waarheid te bly, maar intussen ons eerste liefde vir Hom te verloor. (Openbaring 2:4) Ons kan kerk bywoon, bid en bedien, maar as verwondering en passie vir Christus verdwyn, word toewyding bloot plig. Die Here kyk nie net na wat ons doen nie, maar ook na die motief van ons harte. (Psalm 122:1)

Paulus wys vir ons, in Filippense 1:21, ’n ander pad wanneer hy verklaar: “Want vir my is die lewe Christus.” Sy diens aan God het nie vanuit verpligting gekom nie, maar uit ’n diep liefde vir sy Verlosser. Vir hom was Christus nie net deel van sy lewe nie; Hy was sy lewe en sy sy grootste skat. Jesus roep ons ook om Hom lief te hê met ons hele hart, hele siel, hele verstand en al ons krag. (Markus 12:30) Ons geloof gaan nie oor prestasie of godsdiens nie, maar oor ’n lewende verhouding waarin liefde gehoorsaamheid voortbring en vreugde ons diens motiveer.

As ons eerste liefde afgekoel het, nooi Jesus ons nie met veroordeling nie, maar met genade terug: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke.” (Openbaring 2:5) Wanneer gewoonte verwondering vervang, aktiwiteit intimiteit verdring en die eise van die lewe Christus van die eerste plek afskuif, staan Sy uitnodiging steeds vas: Kom terug na jou eerste liefde. Maak weer tyd vir Hom en aanbid Hom doelbewus. Dink aan die kruis en vra die Heilige Gees om jou vreugde en passie vir Jesus te herstel. Mag ons getuienis elke dag wees: “Vir my is die lewe Christus.”

Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/-0Uq2vGarXY?si=xXkljZjQdsUBGhqi

Die AGS van Suid-Afrika, Houtkruis Gemeente, SilvertonSondag 28 Ju...

14 Junie 2026Prediker: August Jackson Ons leef in ’n wêreld wat voortdurend op die uiterlike fokus: finansies, gesondhei...
02/07/2026

14 Junie 2026
Prediker: August Jackson

Ons leef in ’n wêreld wat voortdurend op die uiterlike fokus: finansies, gesondheid, werk, status en sukses. Daarom bid ons dikwels eerste vir veranderde omstandighede. God se manier is anders. Jesus begin nie by die buitekant nie; Hy begin by die hart. Terwyl ons dikwels die vrug wil hê, wil God eers die wortel verander. In Johannes 7:37-38 nooi Jesus elke gelowige om na Hom toe te kom, sodat strome van lewende water uit sy binneste kan vloei. Ware verandering begin wanneer God binne-in ons werk.

Wanneer God die binneste verander, verander alles. Hy verander ons begeertes, denke, waardes en gesindheid. Hy gee vir ons ’n nuwe hart en ’n nuwe gees (Esegiël 36:26). Dit is waarom God nie net fokus op die oplossing van probleme nie, maar op die vorming van Sy kinders. So dikwels wil ons hê God moet ons situasie verander, terwyl Hy besig is om óns te verander. Wanneer die Heilige Gees in ons werk, begin ons verlang na God se teenwoordigheid, Sy Woord en Sy wil. Ons geloof groei en die vrug van God se werk word sigbaar vir almal

Die mens se vermoë is beperk, maar God begin werk waar menslike krag ophou. Soos Farao se towenaars uiteindelik moes erken: “Dit is die vinger van God” (Eksodus 8:19). Wanneer God se hand in iemand se lewe werk, begin mense die verskil raaksien. Daarom sê Romeine 8:11 dat dieselfde Gees wat Christus uit die dood opgewek het, ook in ons woon en nuwe lewe bring. God werk steeds soos Hy nog altyd gewerk het: van binne na buite. Selfs Jesus se oorwinning oor die dood het uit die graf na buite gekom.

Dink terug aan Dawid se salwing in 1 Samuel 16:7, waar God nie na die uiterlike gekyk het nie, maar na die hart. Voordat God iemand verhoog, werk Hy eers aan die binneste. Jesus waarsku ook in Matteus 23:25 teen uiterlike godsdienstigheid sonder ’n veranderde hart. Soos ’n saad wat eers onsigbaar onder die grond groei voordat dit vrug dra, werk God dikwels op plekke wat niemand kan sien nie. Maar wanneer Sy werk voltooi word, word die resultate sigbaar. Daarom hoef ons nie moed op te gee nie, want hoewel die uiterlike mens vergaan, word die innerlike mens dag vir dag vernuwe (2 Korinthiërs 4:16).
Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/NNzjwn_xT_Y?si=xyMP6IxjQurimCGf

Die AGS van Suid-Afrika, Houtkruis Gemeente, SilvertonSondag 17 Ma...

7 Junie 2026Prediker: Morné KretschmannGod gee 'n oop uitnodiging aan die mens. Deur Sy Woord sien ons keer op keer hoe ...
18/06/2026

7 Junie 2026
Prediker: Morné Kretschmann

God gee 'n oop uitnodiging aan die mens. Deur Sy Woord sien ons keer op keer hoe Hy 'n oop uitnodiging rig aan elke mens: 'n uitnodiging tot verlossing, rus en hoop, ongeag wie hulle is of waar hulle hulself bevind.

Vanuit die gelykenisse van die bruilofsfees in Matteus 22:9-10 en Lukas 14:21 het ons gesien hoe die Koning Sy diensknegte uitstuur om almal uit te nooi: die a***s, kreupeles, blindes, slegtes én goeies. Hierdie gelykenis openbaar God se hart: Hy verlang daarna dat Sy huis vol sal wees en dat elke mens die uitnodiging van Sy genade sal aanvaar. God se liefde en genade is nie beperk tot sekere mense nie; Hy nooi ons almal om na Hom toe te kom, net soos ons is. Hierdie uitnodiging van God kan in 4 dele opgedeel word.

Die eerste uitnodiging is die uitnodiging tot verlossing en vergifnis. In Openbaring 22:17 roep die Here: “Laat hom wat dors het, kom,” terwyl Jesaja 1:18 ons herinner dat al was ons sondes soos skarlaken, Hy dit wit soos sneeu kan maak. Die tweede uitnodiging is om in God se rus en teenwoordigheid in te gaan. Jesus sê in Matteus 11:28: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Soos Psalm 23 beskryf, lei Hy ons na waters waar rus is. God nooi ons om ons laste en bekommernisse by Hom neer te lê en weer deur Sy teenwoordigheid versterk te word.

Die derde uitnodiging is om ons vertroue volkome op God te plaas. Spreuke 3:5-6 leer ons om op die Here met ons hele hart te vertrou en nie op ons eie insig te steun nie, terwyl Jeremia 17:7 verklaar dat die mens wat op die Here vertrou, geseënd sal wees. Die vierde uitnodiging is God se uitnodiging in tye van nood en krisis. In Jeremia hoofstuk 33 bevind Jeremia homself in die tronk. Tog hoor ons die Here se belofte: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou groot en ondeurgrondelike dinge bekend maak.” As jy God aanroep sal Hy Sy volmaakte doel en plan vir jou lewe, aan jou bekend maak.

Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/zNTpHn6z33E?si=O2dt48XBPQepfRt9

31 Mei 2026Prediker: Pastoor Pieter NortjèOns is nie net rentmeesters van ons tyd, gawes en besittings nie, maar ook van...
11/06/2026

31 Mei 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

Ons is nie net rentmeesters van ons tyd, gawes en besittings nie, maar ook van ons karakter. Spreuke 4:23 sê: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,” want ons gedagtes, gesindhede en dade vloei uit ons hart. As kinders van God is ons geroep om ons harte doelbewus te beskerm en te voed met Sy Woord. Ons moet ons denke rig op alles wat waar, eerbaar, regverdig, rein en lofwaardig is (Filippense 4:8-9).

Om 'n goeie rentmeester te wees is nie net om verkeerde invloede weerstaan nie, maar ook die goeie dinge wat God gee te laat groei. Psalm 119:9-11 herinner ons daaraan dat God se Woord in ons harte bewaar moet word sodat ons in Sy weë kan wandel. Die vraag wat elkeen van ons moet vra, is: Wat kom uit my hart wanneer ek onder druk verkeer? Hoe bestuur ek my gedagtes, emosies en reaksies wanneer die lewe uitdagend raak?

In Galasiërs 5:22-23 lees ons dat die vrug van die gees is: liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hierdie eienskappe is nie bloot mooi karaktertrekke nie, maar gawes wat deur die Heilige Gees aan ons toevertrou is om te bewaar en te ontwikkel. Soos ons onsself aan God onderwerp en die leiding van die Heilige Gees volg, word die karakter van Christus al hoe meer sigbaar in ons lewens, tot eer van God.

Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/5UmAeU-LkIM?si=R5BV3x8wYMkY6F5o

Se alla dina favoriter bland videor och musik, ladda upp originalinnehåll och dela allt med vänner, familj och hela världen på YouTube.

24 Mei 2026Prediker: Pastoor Pieter Nortjè Alles wat ons besit, behoort uiteindelik aan God. Soos Psalm 24:1 ons herinne...
04/06/2026

24 Mei 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

Alles wat ons besit, behoort uiteindelik aan God. Soos Psalm 24:1 ons herinner: “Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan.” God is die eienaar en ons is bestuurders van dit wat Hy aan ons toevertrou het. In Matteus 25:21 lees ons die woorde wat elke gelowige graag eendag wil hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg.” Getroue rentmeesterskap gaan egter oor meer as net geld of besittings: dit sluit elke aspek van ons lewe in.

Jesus se eerste woorde aan Sy dissipels was: “Volg My” en Sy laaste opdrag was: “Gaan dan heen, maak dissipels”. Hierdie twee opdragte kan nie van mekaar geskei word nie. Volgens 2 Korintiërs 5:17-20 het God ons nie net met Homself versoen deur Christus nie, maar ook die bediening van versoening aan ons toevertrou. As gelowiges is ons Christus se ambassadeurs. Ons is geroep om Jesus se liefde uit te leef, Sy genade te verkondig en die hoop van die evangelie met ander te deel. Moenie ń Geheime-Diens Christen wees nie. Getuig en leef die wonder storie van God se liefde uit.

Op Pinkster-Sondag is ons herinner dat God ons nie alleen stuur nie. Jesus het gesê: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh. 20:21), en Handelinge 1:8 belowe dat ons krag sal ontvang deur die Heilige Gees om Sy getuies te wees. Die gelykenis van die talente moet ń waarskuwing wees vir ons om nooit dit wat God ons mee geseën het, te begrawe nie. Mag ons as getroue rentmeesters die voorreg om Christus se ambassadeurs te wees met oorgawe uitleef, sodat ons eendag met vreugde voor Hom kan staan.
Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/-XVxmd_8TTg?si=au_f-D7EvVj0Fa1R

17 Mei 2026Prediker: Pastoor Pieter NortjèRentmeesterskap: die waarheid dat alles wat ons het eintlik aan God behoort en...
27/05/2026

17 Mei 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

Rentmeesterskap: die waarheid dat alles wat ons het eintlik aan God behoort en slegs aan ons toevertrou is. Psalm 24:1 herinner ons: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.”

Vanuit Matteus 25:14–27, die gelykenis van die talente, kan ons sien hoe ’n heer sy besittings aan sy diensknegte toevertrou het: aan een vyf talente, aan ’n ander twee, en aan een net een. In Bybelse tye was ’n talent egter nie ’n klein bedrag nie, maar ongeveer twintig jaar se loon vir ’n gewone arbeider. Selfs die dienskneg met een talent het dus ’n enorme verantwoordelikheid ontvang. Die probleem was nie dat hy min gehad het nie, maar dat hy niks daarmee gedoen het nie. Die gelykenis wys dat God nie kyk na hoeveelheid nie, maar na getrouheid met dit wat Hy aan ons gegee het.

Hierdie boodskap beklemtoon dat rentmeesterskap baie groter is as net geld. God het aan elkeen van ons tyd, gawes, vermoëns, geleenthede, hulpbronne en ’n unieke roeping toevertrou. Ons vergelyk onsself maklik met ander en dink: “As ek net meer gehad het…” maar die Here meet ons nie aan ander mense se standaarde nie. Beide die dienskneg met vyf talente en die een met twee talente het dieselfde woorde gehoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg” (Matteus 25:21). Die tragedie van die derde dienskneg was dat hy uit vrees sy talent begrawe het, in plaas daarvan om dit te gebruik. Net soos saad bedoel is om geplant te word, is God se gawes bedoel om gebruik te word tot eer van Sy Koninkryk.

Jesus Christus is die volmaakte voorbeeld van ware rentmeesterskap. In Johannes 17:4 sê Hy: “Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.” Selfs in Getsemane het Jesus gebid: “Nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil” (Markus 14:36). Hy het getrou gebly aan die roeping wat die Vader aan Hom toevertrou het. Die kern van die boodskap is daarom die vraag: Wat doen ons met dit wat God aan ons toevertrou het?

Mag ons nie ons gawes, tyd en roeping begrawe nie, maar dit gebruik as saad vir God se Koninkryk sodat ons eendag ook kan hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg.”

Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/wKjUSxlth9A?si=kcZXHyc7yhccvrM8

Die AGS van Suid-Afrika, Houtkruis Gemeente, SilvertonSondag 17 May 2026Prediker: Pastoor Pieter Nortjé

3 Mei 2026 Prediker: Pastoor Pieter Nortjè2 Korintiërs 5:17 sê: “As iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou...
16/05/2026

3 Mei 2026
Prediker: Pastoor Pieter Nortjè

2 Korintiërs 5:17 sê: “As iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” Te veel kinders van die Here leef steeds vasgevang in die kettings van hulle verlede al het Jesus aan die kruis uitgeroep: “Dit is volbring!” (Joh. 19:30). Deur Sy kruisdood het Jesus die mag van sonde, skuld, veroordeling en die werke van die vyand verbreek. Daarom hoef geen gelowige langer gebonde te leef aan die mislukkings en pyn van gister nie.

Die kruis is nie ’n tydelike “stoorplek” vir ons laste is nie, maar die plek waar ons verlede finaal afgehandel is. Hy was gewond sodat ons heel kan wees. Omdat Sy werk aan die kruis volkome voltooi is , “Tetelestai, is ons skuld ten volle vereffen en het die ou lewe sy houvas verloor. Wanneer ons aan pyn, onvergewensgesindheid en skuld vasklou, leef ons in die donker van gister in plaas van die lig van die kruis.

Hierdie boodskap roep elke gelowige op om in hulle nuwe identiteit in Christus te leef. Ons is nie bloot verbeterde weergawes van ons ou self nie; ons is nuwe skepsels met ’n nuwe lewe in Jesus Christus. Niks kan ons skei van die liefde van God nie (Rom. 8:38–39), ook nie jou verlede nie.

Kyk gerus die volle preek hier 👉 https://youtu.be/yJQDP5agEuo?si=J5A9IPmZ9euXj9DV

Die AGS van Suid-Afrika, Houtkruis Gemeente, SilvertonSondag 3 May 2026Prediker: Pastoor Pieter Nortjé

Address

346 Pretoria Street, Silverton
Pretoria
0184

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Houtkruis Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Houtkruis Gemeente:

Shortcuts

Share