Potchefstroom Studentegemeente

Potchefstroom Studentegemeente Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Potchefstroom Studentegemeente, Religious organisation, 19 Silwerstraat, Potchefstroom.

Baie welkom by die Nederduitsch Hervormde Kerk Potchefstroom Studentegemeente
Silwerstraat 19, Potchefstroom

Eredienste
Oggenddiens 10:00
Aanddiens 18:00

Erediens Sondag Oggend 14 Junie Die Wet
14/06/2026

Erediens Sondag Oggend 14 Junie Die Wet

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Potchefstroom Studentegemeente         fans
08/06/2026

Potchefstroom Studentegemeente


fans

Hier by die Potchefstroom Studentegemeente begelei en help ons Leraar en die Kerkraad die Studente, wat geroepe is om te...
08/06/2026

Hier by die Potchefstroom Studentegemeente begelei en help ons Leraar en die Kerkraad die Studente, wat geroepe is om te dien, om verantwoordelikheid en leiding te neem as Diakens en Ouderlinge.

Sondag 7 Junie is Chanel en TC bevestig. In die middel van hulle twee staan Ds. Michael.

Baie geluk aan hierdie twee jongmense. Mag die Here julle help in julle dienswerk in ons Gemeente.

Sondag Aand 7 Junie 2026Tema: NaamKerkraadsbevestiging
07/06/2026

Sondag Aand 7 Junie 2026
Tema: Naam
Kerkraadsbevestiging

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Sondag Oggend 7 Junie 2026 Die Pottebakker
07/06/2026

Sondag Oggend 7 Junie 2026

Die Pottebakker

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

02/06/2026
31/05/2026

Ons het vanaand krag vir die week ontvang in die erediens en lekker geëet en gekuier by ons Stir-fry braai 😁 Nou is ons as studente reg vir die week wat voorlê! 🗓

Erediens Sondag 31 Mei 2026God se belofte: "Ek is by jou."
31/05/2026

Erediens Sondag 31 Mei 2026

God se belofte: "Ek is by jou."

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

PINKSTERWEEK DAGSTUKKIES DAG 5 Lees: Handelinge 11 vers 19 tot 30Reg deur die Bybel kan ons keer op keer die werking van...
29/05/2026

PINKSTERWEEK DAGSTUKKIES
DAG 5

Lees: Handelinge 11 vers 19 tot 30

Reg deur die Bybel kan ons keer op keer die werking van die Gees van God beleef. Die Gees van God versterk mense, lei mense en ondersteun mense. Mense kom tot geloof deur die kragtige invloed van die Heilige Gees.

Hierdie gedeelte wat ons saam gelees het begin deur te vertel van die vervolging van die vroeë gelowiges. Stefanus is gestenig weens sy geloof. Hierna beleef die vroeë gelowiges drukkende vervolging. Hulle beleef die hardheid en die wreedheid van hierdie wêreld. Die vroeë gelowiges word uitmekaar gejaag.

Van hierdie gelowiges kom in Antiogië en beleef die werking van die Heilige Gees. Daar kom mense tot geloof en vorm ‘n gelowige gemeenskap. Vers 26 vertel vir ons dat hier in Antiogië is die gelowiges vir die eerste keer Christene genoem.

Barnabas word na Antiogië gestuur en werk voluit saam met hierdie gelowiges. Daar word aan ons gedeel dat hy vol van die Heilige Gees was. Barnabas het nie net in die gemeente nie maar ook in sy eie lewe die werking van die Gees beleef.
Wanneer ons lees van die eerste gelowiges en die werk wat hulle gedoen het beleef ons die duidelike werking van die Heilige Gees. Die Gees van God het saam met die gelowiges gewerk. Die Gees het die ore en die harte van de mense bereik en duisende mense het tot bekering gekom.

Selfs waar die vroeë gelowiges uitdagings beleef het, het hulle soveel te meer die werking van die Heilige beleef.

Ons as gelowiges beleef ook die uitdagings van die wêreld. Ons beleef ook tye van nood, tye van druk en selfs tye hartseer. Maar soos die vroeë gelowiges het ook ons die voorreg om die Heilige Gees te beleef. Ons kan elke dag beleef dat ons God deur Sy Gees in en deur ons werk.

Gebed
Here laat my asseblief elke dag die kragtige werking en leiding van U Gees beleef en laat my leef vervul met U Gees.
Amen.


Address

19 Silwerstraat
Potchefstroom
2531

Telephone

0824599710

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Potchefstroom Studentegemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share