12/06/2026
Gedagte vir die dag
Vrydag
Titus 3:9: “Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.”
Die week het ons gekyk na tekste in die Nuwe Testament wat ons teen dwaallering, twisvrae en slim praatjies waarsku. Ons het ontdek dat dit die fokus van dit wat saak maak wegvat en tyd en energie op onbelangrike dinge laat verkwis.
Ons het ook geleer dat ons aktief betrokke moet wees in die uitdra van die Evangelie en ‘n lewe van dankbaarheid tot eer van God moet leef.
Gebed: Here Jesus, al my tyd en energieë wil ek net aan U saak spandeer. Lei my hierin dat dit vrugbaar en effektief tot eer van U Naam sal wees. Amen