12/09/2026
Andries Kraal Uitreik | 26 September
’n Klein pakkie. ’n Groot glimlag. ’n Bietjie omgee.
Op 26 September gaan ons as Pharos-gemeente weer uitreik na Andries Kraal en jy kan help om iemand se dag ’n bietjie spesiaal te maak.
Ons benodig:
🥜 Klein pakkies NikNaks
🧃 Oros Mix
💰 Of ’n kontantbydrae indien jy eerder wil bydra tot die uitreik.
As jy iets kan skenk, bring dit kerk toe en help ons om hierdie uitreik saam moontlik te maak.
Want uitreik begin nie altyd met iets groot nie. Soms begin dit met ’n klein pakkie NikNaks en ’n hart wat sê: “Ek gee om.” ❤