Gerrie de Haas

Gerrie de Haas Changing peoples lives through Jesus Christ with the help of the Holy Spirit and the grace of God! Heb 6:1-3

We believe in God the Father, the Creator of heaven and earth and His son Jesus, who became man and died on the cross for the full redemption of mankind and to restore the relationship between God and mankind. We believe that the third person of the Trinity was poured out upon all mankind as comforter and guide in all truth. We believe in:

a Godly Gospel of repentance and deliverance. The salvati

on of man’s soul and the renewing of his spirit through the process of being born again. The believers baptism in water and for the baptism of the Holy Spirit. The fact that all mankind should hear the Gospel of peace and salvation. Signs and wonders following the Word of God being preached.

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 1/3Deur onverskilligheid bring ons soms verwoesting in ons lewens in – meestal onwetend...
03/09/2026

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 1/3

Deur onverskilligheid bring ons soms verwoesting in ons lewens in – meestal onwetend.

Vloeke kan na jou toe kom deur aan iets te vat of aan te raak of om betrokke te raak met onrein en onheilige voorwerpe.

Die Bybel waarsku ons om onrein dinge te vermy en om jouself te verwyder daarvan.

2 Korinthiërs 6:17

‘Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem’.

Eségiël 44:23

En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.

Numeri 16:26

Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.

Kerk, ons bring soveel vloeke in ons lewens en in die lewens van ons families in, deur nie die Bybel te gehoorsaam nie.

Dit moet ons almal se begeerte wees om ‘n heilige lewe te lei.

Dit lei ons daarom om aan niks wat onrein of onheilig is, te raak nie.

Wat kan gebeur as ons iets onrein in ons huis inbring?

Enige voorwerp wat gemaak is om deel van Satan se bediening te wees, moet verwyder en verwoes word.

Dis gewoonlik afgodsvoorwerpe, beelde van demone, vervloekte dinge, juwele met afgods-simbole op hulle of aandenkings wat jy êrens gekoop het. Baie van die aandenkings wat jy koop, vertoon gewoonlik die gode van die groep mense waar jy was.

Hierdie voorwerpe word gewoonlik in hulle rituele gebruik.

Deuteronomium 7:25-26

Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.

En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die
banvloek.

Het jy al getoer en dan gesnede beeldjies van demoniese gode of soeweniers gekoop? Die groot probleem is dat ons nie werklik kan onderskei wat is reg, en wat nie.

Ek het ook al in predikante se huise of kantore ingeloop en gesien wat op hulle rakke staan.

Soveel dinge wat hy gekoop en ontvang het met al sy toere. Baie daarvan beeldjies van afgode. Ongelukkig kan dit nog altyd ‘n vloek op die mens en sy kerk bring.

Dis gewoonlik beeldjies van Boedda of ‘n Farao-kop uit Egipte en hier by ons Afrika-kuns bo uit Afrika. Beeldjies wat ‘n vervloeking voorstel as kuns.

Dan ook juwele of ornamente wat ons aansit of dra. Meestal sal juwele die gode wys wat daardie groepe aanbid. Deuteronomium sê dat as dit gebeur sal ‘n banvloek ons tref.

Ek sê weereens: Baie agv onkunde.

- Dr Gerrie de Haas -

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 2/3Daar is ‘n verhaal van hierdie welgestelde sakeman. Sy besigheid het skielik begin a...
03/09/2026

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 2/3

Daar is ‘n verhaal van hierdie welgestelde sakeman. Sy besigheid het skielik begin agteruit gaan. Alles wat hy probeer het, het begin misluk.

Hulle was werklik Christene en kon dit gladnie verstaan nie. Dit was verseker ‘n teken van ‘n vloek van mislukking en armoede.

Die opdrag was dat hulle alles by die werk of by die huis moet gaan deursoek vir iets vreemds. Dit het hulle gedoen, maar niks gevind nie.

Hierdie mense het die volgende oggend almal bymekaar gekom en alle vloeke gebreek en ernstig belydenis gedoen. Skielik hoor hulle ‘n groot geluid by die voordeur. Hulle hardloop soontoe.

By die deur was ‘n daar ‘n glasbeeld van ‘n man. Dit was bekend as ‘die Meksikaanse bedelaar’.

‘n Meter groot. ‘n Pragtige kunswerk. Dis deur hulle pa aan hulle geskenk twee jaar tevore. Hy het die beeld op een van sy toere gekoop. Die beeld het op die grond gelê – in duisend stukkies.

Hulle het dadelik besef daar was ‘n vloek van armoede en bedelary op hierdie beeld.

Bonatuurlik het God daardie vloek gebreek.

Hulle het die vloek van armoede oor hulle gebreek daarna. Alles het daarna volkome herstel in hulle lewe.

Die vraag:

Was daardie beeld ‘n demoniese God? Ons d**k nie so nie, maar die skepper van die beeld kon ‘n demoniese vloek van armoede op die beeld plaas. ‘n Bedelaarsgees.

Ons weet net dat God ‘n totale verandering in hierdie familie gebring het.

Ons moet so versigtig wees en luister na Heilige Gees se leiding.

Gaan deursoek weer jou huis. Wees versigtig om nie net iets verkeerds in alles te sien nie. Bid oor alles. Is daar nie dalk ook ‘n snaakse beeld in jou huis nie?

Nie lank gelede nie het ek in my eie huis onrustig gevoel oor ‘n klein wit potjie waarin jy ‘n kersie kan sit. Ek staan toe op en kyk na die potjie.

Agter op was iets in Chinese skrif. Ek weet nie eers waar dit vandaan kom nie. Dis dadelik gebreek en weggegooi.

Ek wil ook by sê: Moet dit nie nou aan iemand anders gee omdat dit mooi is nie. Jy verplaas net die vloek.

Verbrand of breek dit.

Dis ook baie algemeen vandag dat die meeste kinderspeelgoed eintlik beelde is van demoniese gode. Ongelukkig is meeste van die kinderverhale op televisie ook lering oor okkultiese kragte.

Alles hiervan is onrein.

Nog ‘n verhaal gaan oor ‘n paartjie wat gaan sendingwerk doen het in Kenia. Hulle was Geesvervuld en so suksesvol in hulle werk.

Nie lank daarna nie het die vrou ernstig siek begin word. Sy is terug huistoe maar geen dokter kon ooit uitvind waarom sy so siek is nie.

Sy het besluit dat sy liewer wil terugkom Kenia toe om daar dood te gaan.

In Kenia het sy toe iemand ontmoet wat baie weet van vloeke.

Om haar arm was ‘n heldergekleurde armband van gevlegte krale. Sy sê toe dat met hulle werk in die sendinghospitaal het hulle gemeng met van die lokale toordokters.

Daar is ‘n wet dat almal wat daar werk so ‘n armband as geskenk kry van die toordokters, net om goeie verhoudinge te handhaaf.

Elkeen het toe so ‘n armband gekry as ‘n teken van welwillendheid.

Op navraag kom hulle toe agter hoeveel van die Christen personeel wat daar werk is siek. Elke armband is gegee om ‘n vloek op hulle lewens te plaas.

Dié wat nie Christene was nie, het niks makeer nie.

Toe daar genoem is dat vloeke moontlik oorgedra is, is hulle verbied om ooit weer naby die hospitaal te kom.

Dit was so duidelik dat ons vrou daar onder die vloek was. Terwyl sy die armband gedra het kon die demone wat met hierdie vloek werk, wettiglik in haar inkom. Sy het ongelukkig in onkunde dit toegelaat.

Die volgende dag is haar en haar man se armband afgehaal en verbrand.

Die vloek van verwoesting van lewe is toe gebreek en belydenis vir die verkeerde dade is bely.

- Dr Gerrie de Haas -

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 3/32 Korinthiërs 6:14                                                                  ...
03/09/2026

‘RAAK NIE AAN WAT ONREIN IS NIE’ 3/3

2 Korinthiërs 6:14

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Hierdie bly die les wat ons moet leer. Soveel ou sendelinge het uitgegaan om te gaan werk in die sendingvelde.

Die groot tragedie is dat hulle so oneffektief gemaak is deur vloeke, dat daar soms so min goeie resultate op hulle werk was.

Al die Oosterse lande waar veral Boedisme die godsdiens is, is met ‘n groot opdrag besig om al die christene aan te val en te verlei.

Hulle sit ure lank en mediteer en stuur so bose magte teen christene uit. Hulle groot doel is om huwelike te verongeluk.

Ons laaste verhaal: Wat gebeur as jy ongoddelike dinge hanteer?

Levitikus 5:2

‘As iemand enigiets aanraak wat onrein is - die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van ‘n onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is’.

Kerk, ons hoef nooit in vrees te lewe nie. Ons het goddelike krag en beskerming in ons. Ons moet net meer kennis opdoen langs die pad.

Kom ons breek dan nou die vloeke wat op hierdie wyses in ons kon geplaas gewees het.

Stap 1:

Bely en erken dat ons onwetend sonde gedoen het en waarskuwings oortree het. Ons bely dit en vra om vergifnis in Jesus Christus se Naam.

Stap 2:

In die Naam van Jesus Christus neem ek nou outoriteit oor die vloek wat op my geplaas is. Ek verbreek die vloek nou!

Stap 3:

Ek gee opdrag dat enige demoniese gees wat in my kon inkom deur die hantering van verbode beelde, geskenke en aasdiere, my nou verlaat in Jesus Christus se Naam.

AMEN

- Dr Gerrie de Haas -

WONDERWERKE IN EN OM JOU 1/3‘n Weduwee het as lewensmiddel slegs ‘n bietjie olie in haar huis tot beskikking gehad. In g...
31/08/2026

WONDERWERKE IN EN OM JOU 1/3

‘n Weduwee het as lewensmiddel slegs ‘n bietjie olie in haar huis tot beskikking gehad. In geloof moes sy waag en met haar bietjie olie soveel leë kanne as moontlik te vul.

‘n Wonderwerk gebeur: Vir solank as wat sy die leë kanne bly volmaak, het die olie bly vloei.

Al wat jy nodig het om ‘n wonderwerk in jou lewe of bediening te kry, is dalk alreeds in jou huis tot jou beskikking. Jy moet dit net raaksien en ander leë lewens daarmee begin volmaak.

Die begrip wonderwerke is hier baie breed.

Dit is God se beskerming, God se voorsiening of die rigting wat God in jou lewe aandui. Dit verwys nie net na die goed in jou huis nie, maar ook na die dinge in jou geestelike lewe.

Dit beteken eintlik dat die antwoord op jou behoefte begin gewoonlik met iets wat binne jou bereik of binne jou vermoë is, of wat alreeds in jou besit is.

Soms is die sleutel tot wonderwerke om slegs die net aan die anderkant van die boot uit te gooi. God het vir Moses gevra:

‘Wat het jy daar in jou hand?’ ‘’n Staf’.

Jou grootste wonderwerk begin dalk soos Moses s’n – met iets in jou hand.

Ek het lankal besef dat dit wat ek nodig het om ‘n magtige groep mense hier op te lei, alreeds hier binne in die groep teenwoordig is.

Elke sakeman moet besef dat die sleutels tot sukses alreeds in sy hand of binne in sy organisasie is.

In elke kind skuil die potensiaal om ‘n wonderwerk te word.
In jou lewe of in jou huis het God alreeds die saad geplant wat kan ontkiem en die antwoord kan word op jou grootste probleem.

In ons christelike wandel bevind ons onsself baie keer in ‘n tipe woestyn-situasie. Alles maak skielik nie sin nie en alles voel asof dit net stilstaan.

Maar…goeie saad kan vir so baie jare dormant lê in die droë sand, dat dit lyk asof daar nooit weer lewe daarin kan wees nie.

As die reën egter kom, blom die woestyn soos ‘n tuin.

Baie mense ervaar dat hulle vir te lank in die droë woestyn was – en voel hulle maar min lewe hier binne.

Lewe is egter orals, dit wag net om te voorskyn te kom – klein saadjies wat wag om groot te word – soos die saad waarmee Jesus sy Koninkryk vergelyk het.

Markus 4:30-32

‘En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God
vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?

Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte
saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;
en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die
groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die
hemel onder sy skaduwee nes kan maak.’

- Dr Gerrie de Haas -

WONDERWERKE IN EN OM JOU 2/3Hierdie is die begin van ‘n groot klomp wonderwerke wat nog hiertussen ons gaan gebeur:Wat n...
31/08/2026

WONDERWERKE IN EN OM JOU 2/3

Hierdie is die begin van ‘n groot klomp wonderwerke wat nog hier
tussen ons gaan gebeur:

Wat noem die Bybel hulle?

Wat is daar in jou hand? (‘n staf)

Sê my wat het jy in die huis? (olie)

Is jy gereed om te beweeg as die spruit opdroog?
Hoeveel brode het jy beskikbaar?
Is die wyn op die troue klaar?

WAT IS DAAR IN JOU HAND?

Uiteindelik praat God met Moses in die brandende braambos: ‘Waarom verlos jy nie My volk nie Moses?’

Hiervoor was Moses egter nie te vinde nie: ‘Wie is ek dat ek na Farao sou gaan en die kinders van Israel gaan verlos?’

Daarop vra God vir hom: ‘Wat is in jou hand?’
Moses antwoord: ‘’n Staf.’

Die eenvoudige staf van Moses, het die staf van God geword. Daarmee het Moses die wonderwerke voor Farao gedoen.

Hy het plae op Egipte laat neerdaal. Hy het die see laat kloof en water uit die rots laat vloei toe hulle dors was..

God gaan in hierdie tyd weer ons beperkte vermoëns begin gebruik vir groot wonderwerke.

Die geheim is net om nie na ons eie onvermoëns te kyk nie, maar na God. Wat vir ons na iets gering lyk, die staf in jou hand, kan die staf van God word.

Luister na wat Paulus sê in 2 Korinthieërs 12:9

En God het vir my gesê: ‘My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.’

God kies baie dikwels mense vir ‘n sekere werk uit, wat nie beskik oor die vermoë om dit te voltooi nie. Ons moet vandag klaarmaak met ons minderwaardigheid en twyfel in ons hart.

- Dr Gerrie de Haas -

WONDERWERKE IN EN OM JOU 3/3SÊ MY, WAT HET JY IN DIE HUIS?                                                Daar was eenda...
31/08/2026

WONDERWERKE IN EN OM JOU 3/3

SÊ MY, WAT HET JY IN DIE HUIS?

Daar was eendag ‘n weduwee wat ‘n groot klomp skuld gehad het.

God wil haar omstandighede vandag gebruik om aan jou te wys dat daar ‘n wonderwerk vir jou wag.

Vind uit wat is in die huis. Soos die weduwee, word ons so vasgevang deur wat ons nie het nie, dat ons die moontlikhede wat reeds tot ons beskikking is, net nie raaksien nie.

Geloof is nie geloof totdat jy iets gedoen het nie – optrede word vereis: Om ‘n siekte te diagnoseer is geen oplossing nie, maar dis die eerste stap in die rigting van genesing.

Opvolgaksie word vereis as iets goed daarvan moet kom.

Meeste mense verwag dat God namens hulle moet optree – hulle het egter nodig om uit die skip uit te klim – dis al wanneer die wonderwerk sal begin.

God werk deur ons positiewe verwagtinge.

Maak die deur van twyfel toe:

Die sleutel vir die wonderwerk hier is wat gebeur het nadat sy die kanne van haar nuuskierige bure gaan leen het.

Sy moes in die huis ingaan en die deur agter haar en haar seuns sluit. Sluit die ongelowiges uit jou lewe uit!

Gooi totdat daar niks meer oorbly nie.

Sy moes in geloof net voortgaan. Terwyl sy gegooi het, het die olie gevloei.

Onthou, daar sal altyd genoeg wees:

Elisa sê vir haar: ‘Van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.’ God het genoeg voorsien om te verseker dat daar altyd in jou nood voorsien sal wees.

Baie mense verlang dat God ‘n wonderwerk in hul lewens moet verrig, maar wil nie reageer wanneer Hy hulle opdrag gee om iets te doen nie – gewoonlik net omdat hulle te bang is om te waag.

Wanneer die uitdaging opduik om iets te doen, soek hulle net vir nog een teken – en so met die tekensoekery verdwyn ook die wil om oor te gaan tot aksie.

Ek sê baie: Begin net – en kyk wat gaan gebeur.

Vir my het dit gewerk, ek glo dit kan vir jou ook.
Ek glo in mense en ek glo in wonderwerke.

God kan dit vir jou ook doen.

Dis nie net dat God aan jou ‘n wonderwerk wil gee nie, Hy wil van jou ‘n wonderwerk in iemand anders se lewe ook maak.

Besluit vandag nog om ‘n gewer en ‘n uitdeler te word. Jy mag dalk net ontdek dat die wonderwerk in die huis is.

* Vergeet wat agter jou lê.

* Waag uit in die dieptes in.

* Vertrou op Hom vir ‘n wonderwerk in jou lewe.

AMEN

- Dr Gerrie de Haas -

DIE GROEIPROSES  1/3Jesus Christus is die hele tyd besig om nuwe mantels aan Sy kerk te gee. Op dieselfde manier waarop ...
24/08/2026

DIE GROEIPROSES 1/3

Jesus Christus is die hele tyd besig om nuwe mantels aan Sy kerk te gee. Op dieselfde manier waarop Hy sy apostels toegerus het vir hulle dienswerk, doen Hy nou nog.

In Sy lewe op aarde het Jesus eers sy 12 dissipels, daarna die 70 en daarna Sy hele kerk kom toerus om op dieselfde vlak waarop Hy beweeg het, voort te gaan.

Dis die groeiproses waardeur ons almal moet gaan.

Al die tyd gee God ‘n hongerte en ‘n dors aan Sy volgelinge, wat nie net gestil kan word nie. Dis eers as ons die mantel ontvang het wat aan ons elkeen toevertrou is, vanaf die begin van tyd, dat ons in Sy krag kan beweeg.

As God se vloei van salwing ophou, doen ons net liefdeswerk in die kerk – daar is geen kragdimensie nie. Sy belofte was tog nog altyd: ‘Julle sal krag ontvang as julle die volle maat van Heilige Gees ontvang’.

Ek glo werklik dat God die begeerte na vaste kos kom gee as ons tyd van melk-drink verby is. Daar is nou ‘n begeerte na meer.

Daar gaan nou ook ‘n begeerte vir verandering in Sy kerk kom.

Dit maak nie saak hoe oud jy is nie – jy moet gereed wees vir verandering. Al die jare het ons gesoek na die nuwe wyn, maar nooit ons wynsakke verander nie.

As dit so is, hoe gaan Hy ons begeertes verander?

Ek glo dat alles vir elkeen van ons gaan kom met ‘n openbaring – ‘n mandaat van God of ‘n bonatuurlike besoek – net soos wat dit gebeur het met Jesus en Sy volgelinge.

Jou seëninge en jou toekoms gaan nou verbonde wees met die persone waarmee God jou geplaas het. Dis die rede waarom Satan verhoudinge so aanval. As God jou by iemand plaas sal Satan enigiets doen om die verhouding te stop.

God gaan mense oor ons pad stuur vir verhoudinge en hulle toerus met Sy vloei van krag. Dis Sy begeerte.

Weet net dat die mantel wat jy moet ontvang in hierdie verhouding, verlore gaan as jy die mantel opponeer of aanhou kritiseer.

Hoe gaan ons dit nou ontvang? Daar is altyd die drie stappe:

Geloof, dan kom salwing en dan die heerlikheid van God.

Dié wat werklik soek na die salwing bly tog die beste kandidate om dit te ontvang. Die volgende stap is dan om die prys te betaal vir die salwing vir bediening.

Die woorde dat salwing verniet is, is onwaar.

Daar is altyd ‘n prys om te betaal. Niemand kan iets in jou aktiveer as jy nie regtig God se wil, wil doen nie.

Vaderskap en dissipelskap moet versigtig oorgedra word.

As die saad op die grond val in die proses, gaan dit dood.

Die belangrikste saak vandag is: Wat is jou eie bediening?

Om salwing van Jesus Christus te kry is die geestelike krag wat elkeen van ons moet ontvang in jou eie bediening.

Die tyd het gekom waar elkeen van ons moet besef: Dis tyd vir my eie bediening – en dis nie ‘n voltydse bediening nie!

Dis my eie werk in Jesus se Koninkryk. Die tyd is hier waar ek self God se heerlikheid op aarde moet manifesteer.

Jou gawes en jou talente, sonder die salwing van Heilige Gees, sal nooit die heerlikheid van God kan bring nie.
Daar is altyd twee tipes salwing: My persoonlike salwing en dan die gemeenskaplike salwing van ons gemeente.

Salwing kom deur jou om ander te seën – dis nie net vir jouself nie.
Ons moet baie versigtig wees as ons saam met iemand beweeg wat werklik in salwing beweeg.

Ons raak later gewoond aan hom of haar, en mis dan die punt van jou eie oorwinning.

- Dr Gerrie de Haas -

DIE GROEIPROSES  2/3Hoe gaan ons nou in die heerlikheid van God inbeweeg?                                               ...
24/08/2026

DIE GROEIPROSES 2/3

Hoe gaan ons nou in die heerlikheid van God inbeweeg?

Die voorafgaande was nog altyd geloof, en dan salwing, en nou Sy heerlikheid.

Ons doel moet nog altyd wees om soos Jesus te wees.

Heilige Gees kom in ons in en vestig in ons harte. Volg nou Jesus se Gees – Hy is ons gids.

Om jou gebreke te erken is die grootste stap in jou geestelike lewe. Maak klaar daarmee en vra vir vergifnis. Moet net nie terugval nie!

Psalm 32:2-4

Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie
toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer en in my gebrul die
hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het
verander soos deur somergloed.

Ons moet weet dat ons probleme dag en nag gaan hê met sonde.
Christene kan nog steeds foute maak. Om perfek te wees ontwyk
ons almal nog elke dag.

Spreuke 28:13

Hy wat sy oortredinge bedek (wegsteek), sal nie voorspoedig wees
nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Selfondersoek openbaar aan ons ons swakhede.

Dit gaan bepaal watter tipe mens jy is.

Dis die dinge wat ons in die posisies geplaas het waarin ons nou is.

Die goeie nuus is dat Jesus niemand gaan laat staan net omdat hy
foute gemaak het nie.

Leer om jouself te vergewe. Leer om ander te kan vergewe.

Hoe vergewe jy jouself? Leer eers wat jou swakheid is.
Moet nooit weer d**k of praat van die vlak van jou ou lewe nie.

Onthou: Alles het nou nuut geword.

Dis die tyd om nou nie skaam te wees oor my verlede nie.

As jou geduld of jou vreugde ‘n limiet het, is dit nie van God af nie. ‘n Gesindheid wat nie konstant is in jou lewe nie, is nie ‘n
gesindheid van God af nie.

- Dr Gerrie de Haas -

DIE GROEIPROSES  3/3Kom ons kyk na die lewe van Saggéüs.                                                Saggéüs was die ...
24/08/2026

DIE GROEIPROSES 3/3

Kom ons kyk na die lewe van Saggéüs.

Saggéüs was die hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. Hy het probeer om Jesus te sien wat daar sou verbygaan – dis die sleutel. Omdat hy klein was het hy vooruit gehardloop en in ‘n wildevye-boom geklim sodat hy Hom kon sien.

Ek glo dat ons hier geloof in aksie kan sien. ‘n Mens het die vermoë om besluite te neem, maar soms besluit Heilige Gees anders.

Om te glo dat daar iets goeds gaan gebeur, maak die onmoontlike skielik moontlik. Ons weet dat enigiets moontlik is vir hom wat glo.

As jy ‘n mens is met visie in jou lewe, sal niks jou keer om dit te bereik nie. God se vermoë en jou gewilligheid kan redding, oorwinning, vreugde en heerlikheid bring.

Dis presies wat God gebruik het om Saggéüs se hele lewe te verander. Sy poging om by Jesus uit te kom, het sy hele lewe verander.

‘n Mens sonder visie bly ‘n mens sonder rigting.

Enige iemand kan ‘n seëning van God ontvang, maar nie almal kan daardie seëninge behou nie.

As ek kan sê: ‘Wees genees in Jesus se naam’, is dit ‘n uitdrukking van my geloof in God.

Wie het jou uitgestuur om te preek en dinge te doen?

Dié Éen wat ook gesê het: ‘Alle outoriteit in die hemel en op aarde is aan My gegee’. Hy het jou uitgestuur.

Ons as Christene moet begin om Jesus dit na te doen. Wat ek sê hier op aarde, word ook uitgespreek in die hemele.
In alles wat nou gaan gebeur wat hierdie tye inlei, het elkeen van ons ‘n rol om te speel.

As ons Jesus nie die kans gee wat Hy verlang nie, kan Hy net doen wat jy Hom gaan toelaat.

Onthou weer: Jesus het jou nodig en jy het Hom nodig in enige bediening. Die oomblik as jaloesie inkom, verloor jy weer alles.

As jy na Jesus kyk van buite af, sien jy nie die Seun van God nie.

Jy sien die seun van Josef en Maria. Moet nooit soek na Jesus van buite af nie! Dit bring net ongeloof.

Soveel mense in die kerk sien nooit die Seun van God nie. Hulle sien net die seun van ‘n mens – want hulle kies dit.

Kom ons eindig: Weet dat jy ‘n atmosfeer van ongeloof self kan skep. Van buite af kan jy nooit ‘n goeie regter wees nie. Dan begin dit net afhang wat ander mense jou vertel en wat jy lees in koe- rante.

Die probleem is dat jy dan nooit by die waarheid uitkom nie.

Begin heel voor en ontdek jou wortels in die Seun van God.

Weet dat wat jy sê is belangrik vir Jesus. Die woorde uit jou mond kan óf jou seën, óf jou skade aandoen.

As jou gedagtes nie vas is aan God se Woord nie, sal hulle betekenloos vir jou en vir ander mense wees.

Om gelukkig te wees is so wonderlik! Dit maak nie saak of dit met jou gebeur of nie.

Dis ongelooflik! ‘n Gemeente groei na grootsheid wanneer die ouer mense in die gemeente nuwe bome plant, in wat se skaduwee hulle weet, hulle nooit sal sit nie!

Goeie mense doen dinge vir ander mense. Dis al.

Mag God se seën oor ons almal wees.

AMEN

- Dr Gerrie de Haas -

BESEERDE GELOWIGES  1/3Ek wil graag sê: Ek hou meer van die toekoms as wat ek hou van die geskiedenis van die verlede, w...
18/08/2026

BESEERDE GELOWIGES 1/3

Ek wil graag sê: Ek hou meer van die toekoms as wat ek hou van die geskiedenis van die verlede, want die beste kom nog!

Al verstaan ons dit nie altyd nie.

Kom ons reis vining in die verlede in en besoek daardie moeilike dae van die menslike geskiedenis.

Die mense het lank en hard geveg vir grondgebied. Soms het hulle geveg om grond in te palm wat nie aan hulle behoort nie, en by ander geleenthede het hulle geveg om te beskerm wat regtig hulle s’n was.

Vandag is ons weer daar.

Dis nie net gewone mense wat seerkry nie – daar is soveel beseerde gelowiges.

Daar is ongelukkig mense wat deur die krake in die kerk wegglip. Nou is hulle hier, dan nie meer hier nie, dan weer nêrens nie.

Dit gebeur alles so vining. Die een oomblik was almal nog saam en die volgende is dat iemand beseer is.

Wat gebeur as ons deur ons eie families nie meer geken wil word nie? Die wonde binne in families is nog soveel erger. Die emosionele wonde wat jy opgedoen het is erg, en jy sal altyd die merke daarvan dra. Waarheen is ons nou op pad?

Skielik is die gedagtes van daardie spesiale een in jou lewe, weer daar. Iemand soos geen ander nie. Mense sê dis beter so, maar ek en jy twyfel.

As jy vandag terugverlang is dit nie omdat jy bekommerd is oor iemand anders nie – jy is meer bekommerd oor jou eie toekoms.
Kerk, dit alles gaan oor verhoudings.

Jy mag dalk nie die verlede kan verander nie, maar jy kan iets doen om jou toekoms te verander. Moenie een oomblik langer wegbly van jou regte plek af nie.

Jy is vandag ‘n kind van die Koning en daar is vir jou ‘n stoel aan Sy tafel.

Aanvaar Sy uitnodiging en keer so vining as moontlik na Sy paleis toe terug. Almal van ons het pynlike herinneringe.

Sommige kan ons nie maklik vergeet nie. Maar moenie toelaat dat ‘n slegte oomblik jou hele lewe verongeluk nie.

Jy is geroep om baie Koninklike voordele te geniet. Hy het vir jou ‘n spesiale plekkie.

Christus Jesus kyk na hierdie nuwe jaar en Sy uitnodiging staan nog altyd. Hy kom sê nou vir ons elkeen:

* Jy moet van nou persoonlik hier by My kom eet.

* Ek gee nie om dat jy ver van My af weg was nie.

* Ek gee nie om dat jy letsels van die verlede met jou saamdra nie.

* Dit is nie belangrik dat jy dalk voel dat jy nie dieselfde is nie.

* Jy is nou terug en Ek gaan jou behandel asof jy nog nooit van My weg was nie.

* Alles wat myne is, sê Jesus, behoort ook aan jou.

* Hy sê: Ek is besorg oor waarheen jy op pad is.

* Hy sê: Ek wil jou vir altyd as My gas hê en Ek sal jou nooit vra om weg te gaan nie.

- Dr Gerrie de Haas -

Address

Polokwane

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
19:00 - 20:00
Tuesday 09:00 - 13:00
18:30 - 20:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
14:00 - 20:00
Sunday 09:00 - 11:00
14:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gerrie de Haas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gerrie de Haas:

Shortcuts

Share