Strooidak Kerk/Church

Strooidak Kerk/Church Historic church building completed in 1805 - the oldest in South Africa still used for church services on a weekly basis. It has a thatch roof & no spire.

Welkom! Hierdie is 'n interaktiewe blad vir inligting van die week, selgroepfotos, erediensinligting ens! Raak gerus betrokke en laat weet wat aangaan in jou selbyeenkoms en ander interaktiewe groepe! Mag God die blad seën en vir jou ook!! :)

ONS HOU FEES! Kom wees deel - kom help tent opslaan, koop 'n kaartjie, braai 'n vleisie, eet 'n brekfis bederf die kinde...
04/09/2026

ONS HOU FEES! Kom wees deel - kom help tent opslaan, koop 'n kaartjie, braai 'n vleisie, eet 'n brekfis bederf die kinders, bring vir ouma en oupa, koop 'n steak vir die hond, of kom sing saam met Johan Liebenberg- wat ook al vir jou lekker is, kom net en omkring die datum! Dankie vir elkeen wat reeds hand opgesteek het of sak leeg gemaak het! 🙏

Strooidak se eie wyn sal enige uitsig nog mooier en lekkerder maak - bestel sommer nou vir die komende somerdae, korpora...
04/09/2026

Strooidak se eie wyn sal enige uitsig nog mooier en lekkerder maak - bestel sommer nou vir die komende somerdae, korporatiewe geskenke wat weer binnekort uitgedeel word, of sommer om vir jou bure dankie te se dat julle in vrede saam woon.

Perfekte geleentheid om die gemeenskap en die gemeente beter te leer ken - 'n bietjie hulp (of baie) sal baie help by al...
04/09/2026

Perfekte geleentheid om die gemeenskap en die gemeente beter te leer ken - 'n bietjie hulp (of baie) sal baie help by al ons stalletjies! Trek aan jou tekkies en bied hulp aan by 'n stalletjie (of 3) van jou keuse en 'n tyd wat jou pas! Skakel of WhatsApp die sameroepers en steek jou hand op (baie dankie!) - tyd 'n probleem? Die ander opsie is om 'n bydrae te maak by enige van die stalletjies of vir die tradisionele plaasontbyt - sien die lysie onderstaande en laai dit in jou volgende trollie in, Mada sal bly wees - haar nr. is ook onderstaande. As die wind so waai, is dit tyd om reg te pak en daar sal ons met ope arms items wat nie langer in gebruik is verwelkom vir die Allerlei Tafel - onthou dat alle fondse wat ingesamel word, weer gekanaliseer word na mense in nood en die gemeentes.

Williston & Strooidak Kerk is OOP VIR KOOP! Geen lang tou om in te staan - plaas jou bestelling nou en geniet weer puik ...
04/09/2026

Williston & Strooidak Kerk is OOP VIR KOOP! Geen lang tou om in te staan - plaas jou bestelling nou en geniet weer puik lam op die braaivleis vuur of in die oond - en moenie daai geurige tamatiebredie of kaapse kerrie vergeet nie! Bestel sommer nou! Let wel - voorraad is beperk, dus moenie wag nie!

Erediens: Sondag 6 September & 13 September - sien onderstaande
04/09/2026

Erediens: Sondag 6 September & 13 September - sien onderstaande

Ons is amper daar! Halfpad kruip vinnig nader! So paar diep sakke kan ons help om ons doelwit te bereik - Dankie! :)
04/09/2026

Ons is amper daar! Halfpad kruip vinnig nader! So paar diep sakke kan ons help om ons doelwit te bereik - Dankie! :)

Dis ons beurt om in die modder te speel - hier is jou kans! Kom neem deel aan Strooidak se TUINDAG en kom help om ons Ou...
02/09/2026

Dis ons beurt om in die modder te speel - hier is jou kans! Kom neem deel aan Strooidak se TUINDAG en kom help om ons Ou Pastorie tuin mooi te maak sodat ons nie alleen kan spog met ons tuin maar ook kan lekker saam fees hou! Sien onderstaande en pak die die sakke! dankie vir almal wat kan kom help, of dalk 'n sak of twee, of plantjie of 6 kan kom aflaai! (en pak 'n worsie of 'n vleisie in, daar sal 'n vuurtjie wees en bring ook ietsie om die dors te les na die harde tuinwerk!)

31/08/2026

Thriftmark is nog oop vir koop! In die kerksaal in Klein Reservoirstraat net bokant Hoofstraat (oorkant die kerk)

Help om die tou kort en winsgewind te hou! Ons soek nog dringend pannekoekbaksters sodat ons kan voldoen aan die aanvraa...
22/08/2026

Help om die tou kort en winsgewind te hou! Ons soek nog dringend pannekoekbaksters sodat ons kan voldoen aan die aanvraag wat al jare lank 'n basaar gunsteling is by Strooidak - Kontak asb vir Helena Eygelaar (083 409 9665) of Marlene (082 883 9779) en bied jou hulp aan! Ons verwelkom steeds bydraes vir die Allerlei Tafel wat nog bruikbaar is, sowel as vir die deli-tafel (olywe, heuning, olyfolie, ingemaakte pekels, en bladjang)

Ons bure hou Makkietie - Vanaf 16h30 Vrydag 4 September is daar 'n fees keuse van eetgoed en Saterdag 5 September vanaf ...
22/08/2026

Ons bure hou Makkietie - Vanaf 16h30 Vrydag 4 September is daar 'n fees keuse van eetgoed en Saterdag 5 September vanaf 08h00 is daar baie aktiwiteite, eetgoed, koopgoed, en kuiertyd! Koms ons ondersteun hulle!

Address

163 Main Road
Paarl
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Strooidak Kerk/Church posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Strooidak Kerk/Church:

Shortcuts

Share