Maria - Vroue by die voete van Jesus

Maria - Vroue by die voete van Jesus Maria's sluit in elke vrou van die Vallei, wie soekend is na God! Elke vrou is welkom - ons sien uit om jou te ontmoet!

Nederig en afhanklik van die Here se genade kom ons maandeliks bymekaar om saam te worship en getuienisse van hoop en liefde te hoor.

GESEËNDE LENTE - MAG JY BLOM WAAR JY GEPLANT IS!Psalm 92: 12 - 14 (TPT) "Yes! Look how you’ve made all your devoted love...
02/09/2026

GESEËNDE LENTE - MAG JY BLOM WAAR JY GEPLANT IS!

Psalm 92: 12 - 14 (TPT) "Yes! Look how you’ve made all your devoted lovers to flourish like palm trees, each one growing in victory, standing with strength! You’ve transplanted them into your heavenly courtyard, where they are thriving before you, for in your presence they will still overflow and be anointed. Even in their old age they will stay fresh, bearing luscious fruit and abiding faithfully. Listen to them! With pleasure they still proclaim: “You’re so good! You’re my beautiful strength! You’ve never made a mistake with me.”

God se plan is om ons te laat blom en te laat groei daar waar Hy ons plant. Groei vereis nie altyd 'n verandering in omstandighede nie. Soms begin dit deur die beste te maak van waar jy tans geplant is, terwyl jy voortgaan om die persoon wat jy besig is om te word, te koester.

Om te floreer waar jy geplant is, beteken nie dat jy met minder tevrede moet wees of moeilike situasies moet ignoreer nie. Dit beteken dat jy geleenthede moet soek om te leer, om God te vertrou vir jou versorging en te groei in Christus—selfs terwyl jy werk aan die toekoms wat jy hoop om te skep.
Elke seisoen het iets om ons te leer. Sommige seisoene is daar vir floreer, ander vir genesing, rus of restorasie — en elkeen het sy eie doel.

Mag jy groei in hierdie seisoen waar God jou geplant het en weet dat groei 'n reis is en nie 'n bestemming is nie. Solank as wat Heilige Gees ons waterbron is, sal die teenwoordigheid van God ons laat floreer en Goddelikke vrug dra!

Seën en vreugde vir jou hierdie Lente!

Margeaux Heydenrych kuier gisteraand saam met ons Marias en nie een van ons het onveranderd daar uitgestap nie.  So vers...
26/08/2026

Margeaux Heydenrych kuier gisteraand saam met ons Marias en nie een van ons het onveranderd daar uitgestap nie. So verskriklik baie dankie dat jy met jou getuienis nie net vir die Vallei se dames Hoop gebring het nie, maar ons elkeen herhinner het dat wonderwerke vandag nog gebeur. Dat geen plan van die vyand oor ons sal seëvier nie en dat die Here dit sal omdraai ten goede as jy Hom toelaat.

Gen. 50:20 (TPT). Even though you intended to hurt me, God intended it for good. It was His plan all along, to ensure the survival of many people.

Dat die liefde van God vir elkeen vir ons oneindig en onvoorwaardelik is en dat daar geen generasievloeke/erfsondes is wat ons kan weerhou om die pad te stap wat God vir elkeen van ons beplan het nie. Dat verwerping, minderwaardigheid, haat, woede, rebellie en die aanklag van moord ons nie vasgeketting sal kan hou wanneer ons dit by die kruis los nie.

DIE ANTWOORD: Vergifnis, die stap van geloof en bevryding in Jesus Christus. Die Enigste Ware God - ons Here! Dis 'n journey wat elkeen moet stap saam met Jesus - daar is geen ander uitweg.

Dankie dat ons saam met jou kon journey deur jou lewenspad saam met Jesus en ons vandag saam met jou kan getuig van die oorwinning en bevryding waarin jy leef.

Mag Vader jou seën en net van krag tot krag verder gebruik. Jy is 'n ware Koninkryksbouer! Wat 'n voorreg!

Psalm 34:22 (TPT) But the Lord has paid for the freedom of His servants, and He will freely pardon those who love Him. He will decalre them free and innocent when they turn to hide themselves in Him.

Isaiah 43:2-3 TPT[2] When you pass through the deep, stormy sea, you can count on me to be there with you. When you pass...
23/08/2026

Isaiah 43:2-3 TPT
[2] When you pass through the deep, stormy sea, you can count on me to be there with you. When you pass through raging rivers, you will not drown. When you walk through persecution like fiery flames, you will not be burned; the flames will not harm you, [3] for I am your Savior, Yahweh, your mighty God, the Holy One of Israel! I give up Egypt as the price to set you free, Cush and Seba in exchange to bring you back.

Wat 'n voorreg om Dinsdagaand weer saam by Jesus se voete te kan sit en onder Sy vlerk van liefde, aanvaarding en genade in te skuif.

Ons sien julle Dinsdagaand!

Dinsdag, 25 Augustus om 18h30 kom ons weer saam by The Venue.  Ons is opgewonde om weer na 'n lekker Julie vakansie en '...
17/08/2026

Dinsdag, 25 Augustus om 18h30 kom ons weer saam by The Venue. Ons is opgewonde om weer na 'n lekker Julie vakansie en 'n Paarl interskole mekaar te sien en in die teenwoordigheid van Vader in te beweeg. Ek is nie seker waar elkeen van ons, onsself bevind nie, maar God se woord is waar en baie duidelik dat Hy ons nooit sal los en verlaat nie, dit maak nie saak hoe die omstandighede rondom ons lyk nie. Kom ons vat hande en vertrou dat Vader elke vrou in die Vallei sal stuur wat Dinsdagaand daar moet wees. As jy twyfel, kom nogsteeds - die Here het ALTYD 'n plan - YOU ARE INVITED, BRING SOMEONE WITH!

Wat 'n blessed, joyful en awesome aand saam met Vader!  Ons is weer herhinner aan Jesus se voorbeeld van hoe 'n leefstyl...
23/06/2026

Wat 'n blessed, joyful en awesome aand saam met Vader! Ons is weer herhinner aan Jesus se voorbeeld van hoe 'n leefstyl van gebed lyk.

Lukas 5 : 15-16 But now even more the report about him went abroad, and great crowds gathered to hear him and to be healed of their infirmities. But he would withdraw to desolate places and pray.

Mark 1:35 And rising very early in the morning, while it was still dark, he departed and went out to a desolate place, and there he prayed.

Matthew 14:23 And after he had dismissed the crowds, he went up on the mountain by himself to pray. When evening came, he was there alone,

Luke 6:12 In these days he went out to the mountain to pray, and all night he continued in prayer to God.

Jesus het homself eenkant afgesonder, baie vroeg opgestaan terwyl dit nog donker was, in die aande alleen gegaan, heeldag en deur die nag gebid. Sonder ophou en sonder aanmoediging. Gebed was vir Jesus belangrik en Hy het die belangrikheid van kommunikasie en tyd saam met die Vader verstaan en geleef.

Gebed is die "power tool" wat ons gekry het om die krag van die hemel af aarde toe te bring.
• Gebed is die enigste manier om met Vader te fellowship en met Hom te kommunikeer.
• Gebed is die enigste manier om God se waarheid oor satan se leuens te verklaar.
• Gebed is die enigste manier om die beloftes van God oor ons lewe uit te spreek.
• Dis deur gebed wat ons, ons buurvrou, vriendin, suster of kollega se arms kan lig en namens haar hierdie waarhede oor hulle lewens te kan spreek as hulle nie sterk genoeg voel nie...
• Dis deur gebed wat ons by die wortel van ons probleme kan kom DEUR met OUTORITEIT genesing, herstel of genade uit te spreek.

James 4:7. Submit yourselves therefor to God, resist the devil and he will flee

So jy sien, as ons deel aan hierdie submission aan God, dan gaan ons:
• bietjie onsself moet neerlê en uitroep na God.
• dit gaan beteken dat ons bietjie die selfoon moet neersit en die Bybel nader trek en God ontdek in Sy woord...

As ons nie dit gaan doen nie - hoe gaan ons weet wat ons posisie en erfporsie is in God se koninkryk

Eph 2:6 (NIV) And God raised us up with Christ and seated us with Him in the heavenly realms in Christ Jesus...

• DIT IS JOU POSISIE - "seated in heavenly places, in Christ" en saam met dit het ons al die wapens gekry om in oorwinning te kan stap en leef.

Matt 25:34 Then the King will turn to those on his right and say: "You have a special place in my Father's heart. Come and experience the full inheritance of the Kingdom realm that has been destined for you from before the foundation of the world.

• Dit is ons posisie - 'n posisie naby aan Vader se hart - geliefd, gesalf, eenkant gesit vir Vader se doel in ons lewe.
• Dit is ons posisie waarin ons kan leef - as erfgenaam van die Goddelikke koninkryk...
• Dit is ons posisie - dat ons in die Naam van Jesus die outoriteit het oor enige leuen en plan van die vyand...

En hoe release ons hierdie outoriteit : DEUR GEBED IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN VADER....

Ons kan eenvoudig nie 'n claim insit op ons duurgekoopte oorwinning en dan niks van ons kant af doen nie....
Hoe lyk oorwinning : dis werk - dis tyd in die woord spandeer, soak in Vader se teenwoordigheid, praise and worship en bid. Dit is hier waar jy kan deel as daar by jou kerk gebedsmeetings gehou word ongeag van hoe vroeg in die oggende - om hierdie power tool aan die gang te hou - moet dit 100% van die tyd ingeplug wees - by die plug connected met Vader...

"CONSISTENT PRAYER IS NOT OPTIONAL - IT IS ESSENTIAL"

Ons kan nie in 'n lewende verhouding met God staan sonder gebed nie.

• Vat outoriteit, staan op, stof jou gebedslewe af, kom in die teenwoordigheid van God en aanvaar Sy uitnodiging:

Jer. 29:12-13 " Call upon Me and come and pray to Me and find Me when you search for Me with all your heart...

God nooi ons uit om uit te roep na Hom - om te nader tot Hom!
• As jy herlewing wil sien in jou huwelik - dan moet jy BID
• As jy genesing in jou liggaam wil sien - dan moet jy BID
• As jy sukses en finansiele deurbraak wil hê - dan moet jy BID
• As jy kinders wil sien wat na aan God se hart leef - dan moet jy BID!!!

WAARVOOR WAG ONS - IT'S TIME - RISE UP MARIA'S AND START PRAYING AS IF YOUR LIFE DEPENDS ON IT...

Elkeen het sy prayer partner se nr. gekry vir die maand en ons gaan commit om vir mekaar te bid en dalk as daar kans is te koffie!

Lelani - so baie dankie vir al jou en Nolyn se moeite met die verfbordjies, die ry van Worcester af en julle geduld, liefde en excitement waarmee julle die verf gefasiliteer het. Die Marias het dit regtig baie geniet! Soveel mooi terugvoering gekry. Dit was so 'n voorreg om ons kunswerke te geniet en klaar te maak.

Kontak my vir Lelani se nr. indien jy so 'n geleentheid wil organiseer. Dit is soveel fun - jy sal nie spyt wees nie!

20/06/2026
Hoe lekker is dit nie - 'n aand in Vader se teenwoordigheid, worship, saam bid en dan ook 'n fun aktiwiteit saam!  Moeni...
03/06/2026

Hoe lekker is dit nie - 'n aand in Vader se teenwoordigheid, worship, saam bid en dan ook 'n fun aktiwiteit saam! Moenie hierdie misloop nie - Vader beplan ietsie spesiaals vir elke vrou wat gaan join... Daar is ongelukkig slegs 50 plekke - registreer vandag nog!

LET WEL: Ons gaan ongelukkig 'n ander venue moet kry en sal julle op hoogte hou so gou ons 'n saal beskikbaar het!

Aan al ons amazing Marias!  Junie gaan ons bietjie op 'n journey om ons kreatiwiteit te ontgun!  Bring jou vriendinne sa...
27/05/2026

Aan al ons amazing Marias! Junie gaan ons bietjie op 'n journey om ons kreatiwiteit te ontgun! Bring jou vriendinne saam - Lelani gaan deur haar amazing Godly gift of creativity ons lei deur hierdie aand.

'n Aand van "Praise, prayer and paint" !!!

LET WEL:
1. Jy moet registreer - R150p/p
2. Ons begin 18h00

Die eerste vers in die Woord van God verwys na God se kreatiwiteit:

Gen. 1:1 (AMP) In the beginning God (Elohim) created [by forming from nothing] the heavens and the earth.

Kom raak saam met Vader opgewonde oor die feit dat daar in elkeen van ons kreatiwiteit opgesluit is! Kom ons skuif vrees bietjie eenkant toe en kom vat 'n kans om saam met die Vallei se Marias 'n aand van kreatiwiteit te geniet en verbaas te staan oor dit wat eintlik in ons opgesluit is wanneer ons saam met Jesus beweeg!

Registreer by Karen: 084 5728 639

Address

Paarl
7646

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Maria - Vroue by die voete van Jesus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share