Derde Kruis Gemeente

Derde Kruis Gemeente Derde Kruis Gemeente is 'n beweging van mense wat sonder om te oordeel, saam kom om God se hulp vir elke dag te soek. Community

Kom kuier saam - online of in persoon. Whatsapp my as jy meer wil weet. Andre. 082 442 2054
27/07/2026

Kom kuier saam - online of in persoon. Whatsapp my as jy meer wil weet. Andre. 082 442 2054

Gister het Ds André se outistiese seun ingestem om Goliat te wees om die kleiner jeug te leer dat selfs wanneer ons moei...
27/07/2026

Gister het Ds André se outistiese seun ingestem om Goliat te wees om die kleiner jeug te leer dat selfs wanneer ons moeilike en scary goed moet doen, God altyd by ons is en ons op Hom kan vertrou.

Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat wanneer ons saam in gebed na God toe gaan, Hy saam met ons daar is... Veral wann...
22/07/2026

Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat wanneer ons saam in gebed na God toe gaan, Hy saam met ons daar is... Veral wanneer ons die wat téén ons gesondig het by Sy voete kan neerlê.

Dit is hoe Jesus ons in Matteus 18 wys om konflik te hanteer - uit 'n plek van liefde uit, in Sy voorbeeld.

IGNITE — Bybelstudie by Derde KruisJy word hartlik uitgenooi om saam met ons dieper in God se Woord te delf deur Johanne...
21/07/2026

IGNITE — Bybelstudie by Derde Kruis

Jy word hartlik uitgenooi om saam met ons dieper in God se Woord te delf deur Johannes 15:1-8 te bestudeer.

📖 Tema: IGNITE/Bybelstudie
📍 Johannes 15:1-8
🗓 Dinsdag 21 Julie
🕡 18:30 – 19:15
📍 Fisies by die kerk of aanlyn via Google Meet

Google Meet-skakel:
https://meet.google.com/cyj-xwhq-cuy

Kom ervaar hoe God jou geloof kan aansteek, versterk en laat groei. Ons sien uit daarna om saam met jou te leer, te bid en geestelik te groei.

Hallo! Geseënde week vir almal. Ek d**k aan gister se boodskap en hoe Jesus na konflik in Mattheus 18 verwys as ’n sendi...
20/07/2026

Hallo! Geseënde week vir almal. Ek d**k aan gister se boodskap en hoe Jesus na konflik in Mattheus 18 verwys as ’n sendingsveld eerder as ’n HR-proses. As jy vandag in ’n moeilike situasie instap, d**k daaraan dat jy tussen die heidene en tollenaars inbeweeg – en onthou wat Jesus met heidene en tollenaars gedoen het.

Ek het vir AI gevra om 'n prentjie te maak oor Matteus 18:15-20. Vanaand gaan ons saam kyk of dit daai stukkie reg verst...
14/07/2026

Ek het vir AI gevra om 'n prentjie te maak oor Matteus 18:15-20. Vanaand gaan ons saam kyk of dit daai stukkie reg verstaan het. Jy is welkom om saam te kom Bybelstudie doen, 18:30-19:15. By die kerk en op Google Meet. Click net op die link om deel te wees. https://meet.google.com/cyj-xwhq-cuy

Nie elke foto is perfek nie.Van hierdie foto's is effens uit fokus. Hulle is met selfone geneem, nie deur professionele ...
13/07/2026

Nie elke foto is perfek nie.
Van hierdie foto's is effens uit fokus. Hulle is met selfone geneem, nie deur professionele fotograwe nie. Ons het nie 'n groot begroting of 'n bemarkingspan wat alles perfek laat lyk nie.
Maar miskien is dit presies wat ons gemeente besonders maak.

Voor die diens het ons saam gebid – vir die Woord, vir elke persoon wat sou instap, vir mekaar en vir dit wat God gaan doen. Ons het mekaar bemoedig, saam gelag en saam gedra.

Wat jy op 'n Sondag sien, is ook wie ons deur die week is. Daar is nie 'n mooi "voorvertoning" vir die publiek en iets anders agter die skerms nie. Ons is nie perfek nie. Ons maak foute. Ons drop die bal. Ons stel teleur. Ons help mekaar op. Ons leer. Ons groei. Ons is 'n gemeente wat mense liefhet, mekaar ondersteun en saam vir God wil dien.
As jy op soek is na 'n plek waar jy nie hoef voor te gee nie, waar jy aanvaar word soos jy is en waar mense saam met jou die pad van geloof stap, dan is daar vir jou ook plek hier.

Ons is dalk nie 'n "flashy" gemeente nie.
Maar ons hoop jy sal iets vind wat baie kosbaarder is: 'n Familie wat saam kom om te bid, "Here d**k aan my".

13/07/2026

Goeie môre! D**k vandag oor gister se boodskap uit Galasiërs 4: Ons leef party weke asof ons God se goedkeuring moet verdien deur ons prestasies. Maar die evangelie sê die prys is reeds betaal. Ons is nie 'n slawe wat moet produseer nie. Jy is 'n erfgenaam. Ek wonder, wat beteken dit vandag vir my en jou, vir ons werke en huisgesinne om uit hierdie identiteit te leef in plaas vanuit angs?
Lekker week, André

Handskoene doen nie die werk nie. Dit kort hande. So brand ons baie keer uit deur te probeer werk, sonder om te besef da...
26/05/2026

Handskoene doen nie die werk nie. Dit kort hande. So brand ons baie keer uit deur te probeer werk, sonder om te besef dat dit eintlik die Gees is wat deur ons moet werk.

Hallo! Vanaand vat ons Psalm 139. By die kerk, 3 Prinsloo Str, Se2, Vanderbijlpark. Of jy kan oor Teams inskakel: Ignite...
05/05/2026

Hallo! Vanaand vat ons Psalm 139. By die kerk, 3 Prinsloo Str, Se2, Vanderbijlpark. Of jy kan oor Teams inskakel:

Ignite
Tuesday, 5 May · 18:30 – 19:30
Time zone: Africa/Johannesburg
Google Meet joining info
Video call link: https://meet.google.com/cyj-xwhq-cuy

Address

Orange Farm

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Derde Kruis Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Derde Kruis Gemeente:

Shortcuts

Share

Category