EG Kerk Mosselbaai

EG Kerk Mosselbaai Jesus Christus, Die Woord, Geloof, Eensgesindheid, Liefde, Lering, Hoop, Gemeenskap, Vrug & Genade

“En hoe sal hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evange...
02/08/2026

“En hoe sal hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!” Rom 10:15

Daar was beplan, gestap, gewerk & uiteindelik is die tyd nou hier!
Rundu Uitreik!
05-17 Augustus 2026.

Bid saam vir ons mense wat eersdaags vertrek vir die Uitreik! Ongeveer 3000 km tot daar & weer 3000 km terug. Maar ons weet dit behaag die Here want mense gaan van Jesus hoor….

Bid saam ons vir ‘n vrugtevolle uitreik tot eer van die Here!

EG Kerk Mosselbaai, Silwer Jeug Aksie se tweede kwartaal-uitstappie, “Liedjie Keuse en Storie Kuier,” was werklik ’n kos...
19/07/2026

EG Kerk Mosselbaai, Silwer Jeug Aksie se tweede kwartaal-uitstappie, “Liedjie Keuse en Storie Kuier,” was werklik ’n kosbare oggend.

Elke liedjie het ’n storie gedra – van vreugde en dankbaarheid, tot verlange en herinneringe. Ons het saam gelag, saam gehuil en weer besef hoe wonderlik dit is wanneer mense hulle harte met mekaar deel.

Een van die besonderste oomblikke was toe ons vir Tannie Eunice kon inbel. Al kon sy nie fisies by ons wees nie, was sy steeds deel van ons kuier. Dit het ons almal opnuut herinner hoe kosbaar gemeenskap is en hoe liefde geen afstand ken nie.

Musiek is soveel meer as net note en woorde. Dit het ’n besondere manier om die hart aan te raak, herinneringe terug te bring en ons weer te herinner aan God se trou deur elke seisoen van ons lewe.

Silwer Jeug Aksie – EG Kerk Mosselbaai
Saam maak ons mooi herinneringe.

Address

C/o Schoeman Street & 11th Avenue
Mossel Bay
6500

Opening Hours

Wednesday 19:00 - 20:30
Sunday 08:45 - 11:30
18:00 - 20:00

Telephone

+27822268407

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Mosselbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share