NHK Middelburg Noord

NHK Middelburg Noord Jesus Christus is die lewende en teenwoordige Here. Ons droom is dat elkeen in ons gemeente en die wêreld in ‘n lewende verhouding met Hom sal staan.

Jesus Christus is ons werklikheid

01/09/2026
Kyk net hoe lekker het die jong volwassenes gisteraand gekuier!
27/08/2026

Kyk net hoe lekker het die jong volwassenes gisteraand gekuier!

🌸 Goue Kandelare kuier saam 🌸Op Dinsdag 28 Julie 2026 het die Goue Kandelare weer heerlik saamgekuier!  Wat ’n besondere...
11/08/2026

🌸 Goue Kandelare kuier saam 🌸

Op Dinsdag 28 Julie 2026 het die Goue Kandelare weer heerlik saamgekuier! Wat ’n besondere tyd van samesyn, lekker gesels en natuurlik heerlike verversings.

Baie dankie aan al die dames wat so mooi gehelp het om die kuier spesiaal te maak. Elize, Celmarie, Jackie, Chrisna en Mari – julle is ware staatmakers! 🌷 Julle liefde, moeite en bereidwilligheid word opreg waardeer.

Dankie vir elkeen wat deel was van hierdie mooi geleentheid. Mag ons nog baie sulke kosbare kuiers saam geniet! ❤️

Kyk 'n bietjie hoe lekker het die Kekkelkokke gisteraand gekuier. Daar word soveel vriendskappe in ons gemeente se belan...
05/08/2026

Kyk 'n bietjie hoe lekker het die Kekkelkokke gisteraand gekuier. Daar word soveel vriendskappe in ons gemeente se belange- en kleingroepe gevorm! Dit is wonderlik, want saam-saam dra ons mekaar en groei ons geloof deur die Here se genade.

Iemand wat verlede Sondag nie in die erediens kon wees nie sê deur die week: “Ek het my familie gemis.” Dit is so mooi g...
23/07/2026

Iemand wat verlede Sondag nie in die erediens kon wees nie sê deur die week: “Ek het my familie gemis.” Dit is so mooi gesê en so waar. Gelowiges word deur Jesus, die hoof van die kerk, tot familie saamgebind. Maar, ongelukkig is daar soms net so baie familielede dat ons mekaar nie goed ken nie. Die bedoeling met ons gemeentetoere is onder meer om mense te help om tuis te kom tussen hulle medegelowiges. Mense wat weet dat hulle deel is van hulle geloofsfamilie ondersteun mekaar, dra mekaar en getuig teenoor mekaar. Presies dit het op ons toer gebeur, maar daardie kameraadskap word ook teruggeneem Middelburg toe en bestaan daar voort. Die laaste oorstaanplek op ons toer was by Limpopo River Lodge in Botswana. Dit was heerlik. Ons het saam aandgodsdiens gehou, tussen die olifante kampeer, roosterkoek gebak en rugby gekyk. Dankie aan elkeen vir ‘n heerlike toer. Ons sien alreeds uit na ons 2027 toer na Zimbabwe.

Ons toergroep se drie dae besoek aan Mapungupwe Nasionale Park was vir baie die hoogtepunt van ons gemeentetoer. Nie net...
22/07/2026

Ons toergroep se drie dae besoek aan Mapungupwe Nasionale Park was vir baie die hoogtepunt van ons gemeentetoer. Nie net is dit ‘n pragtige park nie, maar ook was vreemdelinge teen hierdie tyd al goeie vriende en het ons heerlik saam gekuier. Ons het selfs 'n "bosdinee" onder die bome gehou. Die kinders het die tafels gedek en ons het heerlike skaapvleis potjies geëet. Die foto’s vertel die storie...

Ons is op ons gemeentetoer van die Groot Kremetart af na Haenertsburg en het 11 en 12 Julie daar deurgebring. Ons het by...
21/07/2026

Ons is op ons gemeentetoer van die Groot Kremetart af na Haenertsburg en het 11 en 12 Julie daar deurgebring. Ons het by Silver Mist naby Haenertsburg kampeer. Haenertsburg is ‘n pragtige dorpie in die Magoebaskloof. Alhoewel dit snags ysig koud was, was die dae baie mooi sonnig en warm. Die groep het op hulle eie tyd al die besienswaardighede besoek en snags om warm vure gesit en kuier. Saterdagaand het ons die wedstryd tussen die Springbokke en Skotland op ‘n grootskerm gekyk en Sondag het ons, soos ons dit tradisioneel doen, ‘n erediens tussen die tente gehad. Die foto’s spreek vanself van die vrienskappe wat gevorm is.

Ons jaarlikse gemeentetoer het gister tot 'n einde gekom.  Altesaam 54 mense, oud en jonk, het vir net minder as twee we...
20/07/2026

Ons jaarlikse gemeentetoer het gister tot 'n einde gekom. Altesaam 54 mense, oud en jonk, het vir net minder as twee weke deur dele van Limpopo en Botswana getoer. Een van die oogmerke met ons toere is om lidmate te help om mekaar beter te leer ken en sterker bande te bou. Dit gebeur vanself wanneer mense mekaar help om tentpenne in te slaan, motors uit die modder te sleep, stukkende voertuie te herstel, of wanneer hulle saam aandgodsdiens hou en om die vuur kuier. Die 54 mense, van wie party eers vreemdelinge vir mekaar was, is nou hegte vriende! Hieronder is 'n paar foto's van ons eerste staanplek: die Groot Kremetartboom naby Leydsdorp. Ons het op pad daarheen oor die Orrie Baragwanathpas gery. 'n Wonderlike ervaring!

🕊️ Innige MeegevoelOns innige meegevoel aan Rudi Steenekamp en familie met die afsterwe van Christine.  Mag julle in hie...
09/07/2026

🕊️ Innige Meegevoel

Ons innige meegevoel aan Rudi Steenekamp en familie met die afsterwe van Christine.

Mag julle in hierdie moeilike tyd die troos, vrede en krag van ons Hemelse Vader ervaar. Ons bid dat hy julle sal dra, vertroos en omvou met sy liefde terwyl julle hierdie groot verlies verwerk.

Weet dat julle in ons gedagtes en gebede is.

Geniet die Onder Ons vir die week...
05/07/2026

Geniet die Onder Ons vir die week...

Address

5 Vygie Street, Kanonkop, 1055
Middelburg
1050

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NHK Middelburg Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category