08/06/2026
Goeie Nag Soete Drome bly warm 💤✨💤✨TROOS VAN DIE HERE....
Voel ons almal nie maar soms weer soos 'n klein, bang, hartseer kind wat op ons VADER se skoot wil klim... net styf vas gehou wil word en sommer al ons ongelukkigheid en hartseer teen Sy bors uitsnik nie... ek voel vanaand so... my hart is seer oor al die onregverdigheid daarbuite... al die gesukkel en swaarkry van mense... mense wat so hard probeer, maar heeltyd teen 'n muur vasloop... mense wat moeg en moedeloos raak en opgee op die lewe... mense wat hunker na uitkoms... hulp... Liefde... verdraagsaamheid en verstaan... daar is soveel gebroke en stukkende mense daarbuite... my gebedslysie word net al langer en langer... vir almal wat vanaand soos ek voel... gee die Here die volgende vertroosting uit Sy Woord... Jeremia 31:16-17... “So sê die Here: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is 'n loon vir jou arbeid, spreek die Here; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here”. Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat ons God lewe nie? Dat Hy omgee, liefhet, uithelp wanneer dit nodig is nie? Dat HY ons nooit in wanhoop sal laat vergaan nie? Dat as ons op Hom vertrou, Hy op die regte tyd, die regte uitkoms sal gee?
As jy dus soos ek voel vanaand, kom sit saam met my by Sy Voete... stort jou hart en onsekerheid teenoor Hom uit... en laat toe dat Hy jou versterk en bemoedig... jou trane afdroog en jou vul met die sekerheid dat Hy in Beheer van elke situasie is!!
Dankie my Heer dat ons by U Voete kan sit... dat U so getrou is aan U beloftes... dat ons nooit alleen hoef te staan nie... U sal ons vashou teen U bors, vertroos en sorg... Amen💤✨💤✨