14/06/2026
Vader God, baie dankie dat U, U goedheid aan ons wil demonstreer deur situasies waarin ons onsself bevind. Help my asseblief om U vanaand raak te sien.
Vader God, ek kom vanaand na U toe in die Naam van Jesus Christus. Ek besef dat ek op my eie 'n sondaar is wat nooit in U oë kan doen wat reg is nie. Ek kies daarom vanaand om Jesus Christus die Redder van my lewe te maak.
Vul my met U Heilige Gees en lei my daagliks om 'n sterker verhouding met U te bou. Dankie dat ek dit kan bid in die Naam van Jesus Christus. Vader God, baie dankie dat ek vir U belangrik is. Help my asseblief om nie mismoedig of gefrustreerd te raak met die struikelblokke in my lewe nie, maar dit eerder te sien as geleenthede om U beter te leer ken. Vader God, baie dankie dat ek my lewe voor U kan neerlê. Lei my asseblief te midde van die storms wat om ons woed om ons oë gevestig op U te hou met die wete dat U die storms binne 'n sekonde kan stilmaak. Vader God baie dankie dat U in die Woord beloof om ons met wysheid te lei wanneer ons dit kortkom en ook om ons paaie gelyk te maak. Ek vra dat U asseblief daagliks ons deur U Heilige Gees sal lei. Ek wil hê dat U deel van ons lewe en toekoms moet wees. Amen.🌟💤🌟