07/09/2026
Goeie môre🌱🪷🌱🪷Soms is hoop net ’n stil “môre weer” 🌿
Ons hoef nie al die antwoorde te hê om aan te hou stap nie. Soms is hoop nie ’n groot, harde gejuig nie — dis net daardie stil stemmetjie binne-in jou wat weier om te glo dat wanneer die son ondergaan, dit die einde van die wêreld is.
Ons hoop want ons het al gesien hoe die donkerste nagte stilletjies plek maak vir oggendlig. Ons het al gesien hoe 'n hart wat ged**k het hy sal nooit weer heel wees nie, skielik weer van vooraf kan lag. Hoop vra nie dat jy die hele pad voor jou moet kan uitlê nie; dit vra maar net dat jy vertrou dat die Storieskrywer nog nie Sy pen neergesit het nie. Daar is nog 'n pad.
“Want Ék weet watter gedagtes Ek oor julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.”
Jeremia 29:11
Here, dankie dat U my pad ken selfs wanneer ek dit nie kan sien nie. Wanneer die dae swaar voel en die uitsig grys is, plant asseblief 'n vars saadjie van hoop in my hart. Herinner my daaraan dat U oggendlig altyd op pad is, en gee my die rus om net een tree op 'n slag saam met U te gee. Amen.
Mag dit vir jou 'n geseënde, mooi week wees! 🪷🌱🪷🌱