Nederduitsch Hervormde Kerk Mafikeng

Nederduitsch Hervormde Kerk Mafikeng Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Nederduitsch Hervormde Kerk Mafikeng, Religious organisation, C/O and, Nelson Mandela Drive & Hatchard St, Mahikeng, Mafikeng.

31/05/2026
Ons laaste groet. Ek sal dit baie waardeer as julle almal dit met ons kom deel. Ek bedank elkeen van julle vir die onein...
19/05/2026

Ons laaste groet. Ek sal dit baie waardeer as julle almal dit met ons kom deel. Ek bedank elkeen van julle vir die oneindige liefde en omgee wat julle aan my en my kinders bewys het. Liefde Rudie.🩷🩷

21/04/2026

Goeiemiddag liewe gemeente 🌿
Die NHKA Mafikeng Kerk sal vanjaar die Ringsvergadering aanbied op Saterdag, 9 Mei 2026. Ongeveer 60 gaste sal die dag bywoon.
Die vergadering vind plaas in die NHKA Kerk, en die verversings en middagete sal bedien word in die NG Kerk se saal.
Ons doen hiermee ’n vriendelike beroep op gemeentelede om te help – hetsy deur iets te maak/skink of om op die dag self behulpsaam te wees.
Program en benodigdhede:
☕ Ontbyt – 08:00 (Gaste arriveer van 08:00 af)
Tee, koffie, sap en iets lig om te eet, bv:
• Mini broodjies met spek of ham en kaas
• Muffins
• Vrugtestokkies, ens.
(Gaste beweeg daarna na die kerk.)
🍰 Tee – 10:00
Ons het behoefte aan iets soets en iets sout, bv:
• Tertjies
• Koeksisters
• Provitas met kouevleis
• Yskastert
• Sausage rolls, ens.
🍽 Middagete
Beplan word:
• Skaap aan die spit
• Butter chicken
• Boontjies (Tannie Mariki maak die boontjies)
• Soetpatats met pynappel
• Uitpakslaai
• Klein aartappeltjies
• Nog ’n slaai
• Rys en sous
🍮 Nagereg
Tannie Dries van Niekerk maak malvapoeding, wat saam met vla bedien sal word.
📞 Kontakbesonderhede:
Enigiemand wat iets wil maak, skenk of op die dag wil help, kan gerus kontak maak met:
• Karen – 076 864 5746
• Ragel – 082 575 9161
Gemeentelede wat graag iets wil maak maar finansiële hulp benodig, kan enige een van die Diakens kontak.
🙏 Kom ons help saam om van hierdie dag ’n groot sukses te maak en ons liefdevolle, ongelooflike gemeente mooi te weerspieël.
Baie dankie 🌷

02/04/2026

Goeie dag broers en susters, u is hartlik welkom om saam met ons die Here te aanbid in ’n gesamentlike erediens op Goeie Vrydag, 3 April. Dit is môre in die Gereformeerde kerkgebou om 09:00. Skriflesing: Jesaja 52:13 – 53:12; Luk 18:15 – 30; 23:26 – 49. Teks: Luk 23:43. Jy het Jesus Christus as Paaslam nodig om salig te lewe en te sterwe in gemeenskap met God. Groete

Address

C/O And, Nelson Mandela Drive & Hatchard St, Mahikeng
Mafikeng
2745

Opening Hours

08:30 - 09:30

Telephone

+27833798287

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nederduitsch Hervormde Kerk Mafikeng posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Nederduitsch Hervormde Kerk Mafikeng:

Share