04/06/2026
Ons Kinderkerk het die afgelope naweek 'n Potjiekos Kompetisie gehou en die event was GROOT! Baie dankie aan Claudine Kaalsen en haar team wat 'n groot sukses behaal het. Baie dankie aan almal betrokke om ons Kinderkerk se dag so goed te ondersteun. Baie dankie aan Klerksdorp Record wat 'n verskriklike spoggerige artikel oor ons spesiale dag gedoen het.
Ons Kinderkerk gebeur elke Sondagm么re 9uur terwyl die hoofdiens aan die gang is. By ons Kinderkerk gebeur dinge vir ons kleinspan en Jesus maak hulle 'n wenspan. Elke kind is 'n individu, en hier is hulle nie net 'n nommer nie. Jy moet een Sondag bietjie kom inloer by ons groot Kinderkerk!馃槏馃コ