PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad

PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad Jesus is altyd in beheer!

13/07/2026

📜Beklee met Jesus
(Clothed with Jesus)

🖊️Galasiërs 3 : 21-29
(Galatians 3 : 21-29)

🎤Pastoor : Heinrich Fourie

📌Nettie street 5, Flamwood, Klerksdorp
PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad

09/03/2026

1 Maart, 2026
PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad
📌Address : 5 Nettie street, Flamwood, Klerksdorp.

Die boodskap se tema :
📜Wil jy vry wees ?

🖊️GALASIËRS 5:1-12
[AFR83]
[1] Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie.
[2] Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie.
[3] Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou.
[4] Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.
[5] Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word.
[6] In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan
[7] Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam?
[8] Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid.
[9] 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg.
[10] Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal d**k soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf.
[11] Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim.
[12] Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!

🎤Junior Pastoor : Juan-Pierre Putter

01/03/2026

1 Maart, 2026
PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad
📌Address : 5 Nettie street, Flamwood, Klerksdorp.

Die boodskap se tema :
📜Here leer my om lief te hê soos U!

🖊️MATTEUS 26:69-75
[AFR83]
Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” Maar hy het dit voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: “Ek ken die man nie!” 'n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: “Dit is waar, jy is ook een van hulle. 'n Mens kan dit aan jou spraak hoor.” Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!” En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

🖊️MARKUS 16:1-7
[AFR83]
Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?” Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”

🖊️MATTEUS 4

🎤 Pastoor : Heinrich Fourie

22/01/2026

18 Januarie, 2026
PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad
📌Address : 5 Nettie street, Flamwood, Klerksdorp.

Die boodskap se tema :
📜Is jy gereed vir ń wonderwerk ?

🖊️1 Konings 17:1-24
(Elia kondig 'n droogte aan)

[1] Elia die Tisbiet was 'n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”
[2] Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê:
[3] “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan.
[4] Jy kan water uit die spruit drink, en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te sorg.”
[5] Hy het gedoen soos die Here aan hom opgedra het. Hy het daar in Kritspruit gaan bly, anderkant die Jordaan.
[6] Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.
[7] Uiteindelik het die spruit opgedroog omdat die land nie reën gekry het nie.
[8] Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: [9] “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
[10] Hy gaan toe na Sarfat toe, en toe hy by die poort van die stad kom, was daar 'n weduwee net besig om houtjies op te tel. Hy vra haar toe: “Gee my asseblief 'n bekertjie water om te drink.”
[11] Terwyl sy dit gaan haal, roep hy agter haar aan: “Bring vir my asseblief 'n stukkie brood saam.”
[12] Toe sê sy: “So seker as die Here u God leef, ek het nie meer brood nie, net 'n handvol meel in die kruik en 'n bietjie olie in die erdekan. Ek maak nou maar 'n paar houtjies bymekaar en dan gaan ek vir my en my seuntjie iets klaarmaak om te eet. Daarna moet ons maar doodgaan.”
[13] Elia sê toe vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Gaan maak dit klaar net soos jy gesê het, maar maak eers vir my 'n roosterkoek en bring dit hier, daarna kan jy vir jou en jou seuntjie sorg.
[14] So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land.”
[15] Sy gaan maak toe soos Elia gevra het. Van toe af het hulle genoeg gehad om te eet, hy en sy en haar gesin.
[16] Die meel in die kruik het nie opgeraak nie, en die olie in die kan het nie minder geword nie, soos die Here deur Elia beloof het.
[17] In dié tyd het die vrou, die eienares van die huis, se seuntjie siek geword. Hy het al hoe sieker geword totdat hy die laaste asem uitgeblaas het.
[18] Toe sê sy vir Elia: “Kyk wat het u my aangedoen, man van God! Het u na my toe gekom om my sonde aan die lig te bring en my seuntjie daarom te laat doodgaan?”
[19] Hy sê vir haar: “Gee jou kind hier,” en hy tel hom van haar skoot af op. Toe dra hy hom na die bokamer toe waar hy tuis gegaan het en lê hom op die bed neer
[20] en bid tot die Here: “Here my God, wil U nou oor hierdie weduwee by wie ek bly, 'n ramp bring deur haar kind te laat sterf?”
[21] Toe gaan lê hy drie maal bo-oor die kind en smeek die Here: “Here my God, laat die lewe tog terugkom in die kind.”
[22] Die Here het Elia se gebed verhoor: die lewe het teruggekom, die kind het gelewe.
[23] Toe bring Elia die kind van die bokamer af ondertoe en gee hom vir sy ma en sê: “Kyk! Jou seuntjie leef!”
[24] Die vrou sê toe vir Elia: “Nou weet ek dat u 'n man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is.”

🎤 Pastoor : Heinrich Fourie

14/01/2026

11 Januarie, 2026
PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad
📌Address : 5 Nettie street, Flamwood, Klerksdorp.

Die boodskap se tema :
📜Die Kerk

🖊️1 Korintiërs 3:10-23
(Die gelowiges as die gebou van God)

Julle is ook die gebou van God.
[10] Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos 'n goeie bouer die fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou,
[11] want niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus.
[12] Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou,
[13] elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets.
[14] As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word;
[15] as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
[16] Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?
[17] As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.
[18] Niemand moet homself mislei nie. As een van julle d**k dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word,
[19] want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe:
“Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,”
[20] en op 'n ander plek:
“Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.”
[21] Daarom moet niemand op mense roem nie. Alles behoort aan julle:
[22] of dit Paulus of Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle,
]23] maar julle behoort aan Christus en Christus aan God.

🎤 Pastoor : Heinrich Fourie

Iets spesiaal het gebeur by PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad op 11 Januarie, 2026 - die nuwe Pastoorspaar, Heinri...
11/01/2026

Iets spesiaal het gebeur by PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad op 11 Januarie, 2026 - die nuwe Pastoorspaar, Heinrich Fourie & Mejandra Fourie, is bekend gestel!

Dankie aan Pastoor Arnaud Heunis & Erina Heunis, die voorbeeld wat hulle stel deur Jesus se Wil en krag, is hulle hulp, raad en leiding so ń groot seëning.

Alle Eer aan Ons Vader! 💛

Jeremia 29:11
[Afrikaans 1983]
[11] Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Address

5 Nettie Street
Klerksdorp
2571

Opening Hours

10:00 - 11:00

Telephone

+27826512255

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share