NG Kerk Kimberley

NG Kerk Kimberley ´n Warme Welkom by ons familie waar jy tuis sal voel want vir God en vir ons is jy waardevol, en met jou lewe het hy ´n doel. J.W. Sy opvolger was ds. B.B. P.J.

Die NG gemeente Kimberley is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in wat later die stad Kimberley sou word. Die opspraakwekkende ontdekking van diamante in 1870 by die Colesbergkoppie, die latere Kimberley-myn, het gou duisende mense uit alle uithoeke van Suid-Afrika en die buiteland gelok. Predikante van die Kaapse en Vrystaatse NG Kerk is sporadies daarheen gestuur m

et die oog op die geestelike bearbeiding van die delwerbevolking en so het spoedig twee gemeentes kort na mekaar ontstaan, Dutoitspan en Vooruitzicht by New Rush, die uiteindelike Kimberley-gemeente. Albei gemeentes het in 1872 ontstaan, wat omdat die diamantveld buite die jurisdiksie van sowel die Kaapse en Vrystaatse Kerk geval het, kon die gemeentes nie, soos gewoonlik die geval is, afgestig word nie. Kimberley het eerste 'n eie leraar beroep en vestig toe prop. Louw op 17 Augustus 1872 hier georden is. Op dieselfde dag is die eerste kerkgebou ook plegtig in gebruik geneem. Keet, vader van die latere prof. Keet van die Kweekskool op Stellenbosch. Hy is in 1874 georden tydens 'n tydperk van groot ekonomiese welvaart, maar terselfdertyd was daar 'n ongekende toestroming van mense uit alle dele van die wêreld, wat veroorsaak het dat 'n kosmopolitiese bevolking op die diamantveld saamgehoop is, wat na die mening van die Kerk glad nie 'n heilsame uitwerking op die geestelike lewe van die Afrikaners gehad het nie. Die derde predikant was die welbekende en alombeminde ds. (later dr.) John Daniel Kestell, wat in Februarie 1882 deur sy vriend Abraham Kriel in die gemeente bevestig is. Tydens sy bediening is die oudste deel van die huidige kerk gebou. Die gebou is in suiwer Romaanse styl en ds. Kestell het self die plafon beplan en ontwerp. Die Newtown-weeshuis (later Kestell-kinderhuis) is tydens sy bediening gestig en opgerig. Hy is in 1894 opgevolg deur prop. de Vaal. Tydens 32-jarige bediening is die kerkgebou vergroot, 'n toring aangehou en 'n baie bruikbare kerksaal opgerig. Daarna volg ds. J.R. Albertyn, later Armesorgsekretaris van die Transvaalse Kerk. Hy het nie alleen 'n vrugbare bediening gehad nie, maar het ook groot bydraes gelewer van breër kerklike en volksbelang. Omdat ds. Albertyn besig was met die Carnegie-verslag oor die Armblankevraagstuk en lang tye aaneen uit die gemeente weg was, het vier hulpleraars tydens sy bediening in die gemeente gearbei. Die sesde leraar van die gemeente was ds. P.H.G. Jordaan van 1936 tot 1942. Op 4 Mei 1950 stig twee dogtergemeentes gelyktydig van die moedergemeente af: Kimberley-Wes en Kimberley-Noord. Enkele leraars

Johannes Wynand Louw, 1872 - 1874
Barend Bartholomeus Keet, 1874 - 1879
John Daniel Kestell, Februarie 1882 - 1894
Pieter Jacobus de Vaal, 1894 - 1926 (emeriteer; oorlede op 2 Mei 1946)
Johannes Rudolf Albertyn, 1926 - 1936
Carl Petrus van der Merwe, 1929 - 1930
Petrus Hendrik Grobler Jordaan, 1936 - 1942 (geskors)
Josua Joubert de Villiers, 1938 - 1942
Stephanus Bernardus Buys, 1943 - 1948
Johann Rudolph Lückhoff, 1943 - 1948
Stefanus Bruwer Meyer, 1949 - 1950 (eerste leraar van dogtergemeente Kimberley-Wes)
William Fullard, 1950 - 11 April 1976 (emeriteer)
Willem Phillips Doman, 1977 - 1980
Jacobus Marthinus Petrus Cornelius, 1981 - 1987
Zacharias Blömerus, 1981 - Desember 1997 (emeritus)

02/06/2026
Dankie aan elkeen wat ons hiermee help. Ons vra asb nie bederfbare blikkies kos, maggie noodles, pasta, rys, long life m...
09/05/2026

Dankie aan elkeen wat ons hiermee help. Ons vra asb nie bederfbare blikkies kos, maggie noodles, pasta, rys, long life melk, suiker, koffie.
Alle skenkings kan by die deure by die kerk op n Sondag of by die kerkkantoor deur die week ingehandig word.

McGregor Museum - Kimberley ANNIVERSARIES IN MARCH - TOWER of NG KERK (Dutch Reformed Church), NEWTON (18 March 1922) an...
22/03/2026

McGregor Museum - Kimberley

ANNIVERSARIES IN MARCH - TOWER of NG KERK (Dutch Reformed Church), NEWTON (18 March 1922) and 50th annivesary of the establishment of the DRC on the Diamond Fields (19 March 2022).

The present building of the Dutch Reformed Church (NGK) in Newton, Kimberley, was begun in 1885 under the guidance of the Reverend John Daniel Kestell, who laid the foundation stone on 21 February that year. This building was dedicated on 29 May 1886.

In 1921-1922 the entrance porch was modified, a TOWER built above it, and the building enlarged with two bays being added to the far end. The building contractor was Arthur Hodgetts. The ‘enlarged and commodious’ church was re-opened on 18 March 1922 at a ceremony presided over by the Revd Kestell.

Kestell, who had been the serving minister in Kimberley from 1882-1894, and later moderator of the DRC in the Orange Free State, was assisted at the re-opening by the Revds J de Vaal and Kromberg (Kimberley), De Villers (Beaconsfield), Weich (Jacobsdal) and Hugo (Barkly West). In a brief concluding speech Revd de Vaal thanked all those who had contributed to the building fund, singling out De Beers Consolidated Mines Ltd for their ‘generous donation and keen sympathy’.

Some 1200 people were gathered on the square in front of the church. In the evening musical performances took place in the church, and the next day (a Sunday) the 50th anniversary of the establishment of the DRC on the Diamond Fields was celebrated at both the morning and evening services.

By Robert Hart

Address

Blackstraat, New Park
Kimberley
8301

Telephone

+27 53 832 2511

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Kimberley posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share