AGS Pharos Gemeenskapskerk

AGS Pharos Gemeenskapskerk Ons verkondig, ‘n nuwe Dag en ‘n Nuwe Lewe, wat deur die kragtige werking van God die Heilige Gees gewerk word. Dienstye

Dienste : Sondag Oggend - 08:30

Kom Pharos ‼️Kom beleef Pinkster Sondag saam met die familie en vriende.
24/05/2026

Kom Pharos ‼️
Kom beleef Pinkster Sondag saam met die familie en vriende.

🌹✨ Moedersdag 2026 by AGS Pharos Gemeenskap Kerk ✨🌹Jy word hartlik uitgenooi na ’n besonderse geleentheid vol liefde, in...
09/05/2026

🌹✨ Moedersdag 2026 by AGS Pharos Gemeenskap Kerk ✨🌹

Jy word hartlik uitgenooi na ’n besonderse geleentheid vol liefde, inspirasie en geloof. Kom beleef saam met ons ’n oggend waar harte aangeraak, verhoudings versterk en God se teenwoordigheid gevier word. ❤️👑

Hierdie diens is nie nét vir moeders nie — dit is vir almal. Of jy nou ’n ma, pa, seun, dogter, vriend of familielid is, daar is ’n plek vir jou. Kom luister hoe ’n ma en seun saam bedien en ’n boodskap deel wat elke hart sal bemoedig en inspireer.

Bring jou familie, nooi jou vriende en kom deel in ’n atmosfeer van warmte, vreugde en hoop. Hierdie is ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie! 🌸

“’n Hart vol liefde laat lig skyn waar mense dit die nodigste het.” 💖

26/03/2026
Vandag was die Vroue van AGS Pharos Gemeenskapskerk in Kempton Park deel van die Wêreld Biddag vir Vroue.Pastoor Sonja S...
06/03/2026

Vandag was die Vroue van AGS Pharos Gemeenskapskerk in Kempton Park deel van die Wêreld Biddag vir Vroue.
Pastoor Sonja Smuts was die sprekster.
Wat 'n voorreg‼️

Die Wêrelddag van Gebed is 'n internasionale, beweging wat deur vroue gelei word om in die hoop, bekommernisse en gebede van vroue van regoor die wêreld te deel.

Vir 2026 het die vroue van Nigerië 'n diens geskep wat spreek tot ons behoefte aan vrede en vertroosting, deur te put uit hul geloof en ervarings in hul wêreld vol stryd en angs. Deur hul verkenning van verskillende soorte laste - skaamte, sistemiese onderdrukking, godsdienstige vervolging, armoede en wanhoop - kry ons 'n blik om die gewig van menslike lyding en die dieptes van goddelike rus te verstaan. Hul werk wys ons dat ware rus nie net oor fisiese verligting gaan nie, maar oor transformasie deur God se genade en gemeenskapsondersteuning.

"I Will Give You Rest: Come" is die jaar se tema, vanuit Mattheus 11:28.

Saam kon 'n klompie vroue hul gebede en geloof voeg by vroue regoor die wêreld! Dis 'n gevoel van betekenis om deel te vorm van iets groter en wyer as net ons eie wêreld!

AGS Pharos Gemeenskapskerk in Kempton Park vier die geboorte van Jesus met ʼn Kerssangdiens op 14 Desember 2025.
14/12/2025

AGS Pharos Gemeenskapskerk in Kempton Park vier die geboorte van Jesus met ʼn Kerssangdiens op 14 Desember 2025.

AGS Pharos Gemeenskapskerk kerk in Kempton Park hou Dankofferdiens op 30 November 2025. Ons is nederig opreg dankbaar te...
07/12/2025

AGS Pharos Gemeenskapskerk kerk in Kempton Park hou Dankofferdiens op 30 November 2025. Ons is nederig opreg dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir Sy voorsiening. Ons gemeentelede het almal saam gespan en ons kon meer as genoeg bymekaar maak om gesinne se koskas vol te maak tot na die feestyd. Al die eer aan ons Koning 🙌

God het jou geroep, uitverkies, toegerus, gesalf en gelei om vir ons n herder te wees na God se hart❤️Vir alles wat Past...
25/10/2025

God het jou geroep, uitverkies, toegerus, gesalf en gelei om vir ons n herder te wees na God se hart❤️Vir alles wat Pastoor vir ons doen en is- sê ons Dankie!🙏

Kom maak gerus Saterdag ʼn draai. Jy sal aangenaam verras wees om die kwaliteit van die klere te sien‼️
01/09/2025

Kom maak gerus Saterdag ʼn draai.
Jy sal aangenaam verras wees om die kwaliteit van die klere te sien‼️

Address

Kempton Park

Telephone

+27119721231

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Pharos Gemeenskapskerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share