04/09/2026
As daar vandag ’n lag deur Hoogland trek wat jy van drie vertrekke af kan hoor, weet jy sommer: die birthday girl is hier.
Hierdie girl het ’n lag wat jy van ver af kan hoor. Sy sing ongelooflik mooi. Sy spring in. Sy probeer. Sy sê bitter min nee vir ’n uitdaging, selfs wanneer ons nog nie heeltemal seker is hoe op aarde ons dit gaan regkry nie.
Eintlik is dit een van my gunsteling dinge van haar.
Want daar is mense saam met wie jy werk. En dan is daar mense saam met wie jy ’n stuk lewe "wing".
Hendrien en ek het al baie dinge saam gewing. Ons het saam gepreek en beplan, vergader en kopgekrap, planne gemaak en planne verander, moeilike goed gedra en ongelooflik baie gelag. Soms weet ons presies wat ons doen. Ander kere kyk ons vir mekaar en besluit bloot: ons sal dit uitfigure.
En iewers tussen al daardie dinge het ’n kollega ’n vriendin en ’n medereisiger geword.
Hendrien, jy is iemand wat opdaag. Vir mense. Vir hierdie gemeente. Vir die vreemde idees waarmee ons soms vorendag kom. Vir die dinge wat maklik is, maar veral ook vir dié wat nie is nie.
Jy bring jou hele self saam: jou groot lag, jou mooi stem, jou sagtheid, jou bereidheid om te probeer, en daardie besondere vermoë om kop eerste in iets te spring en eers later uit te figure hoe ons gaan land.
Ek d**k mens besef nie altyd hoe skaars dit is om iemand langs jou te hê met wie jy die ernstige goed kan dra én oor die belaglike goed kan lag nie. Iemand met wie jy kan droom, d**k, probeer en bou.
Vandag wens ons vir jou ’n nuwe lewensjaar toe met baie van dit wat jy so maklik vir ander gee: vreugde, genade, ruimte, avontuur, mense wat saam met jou lag, en genoeg nuwe dinge om nog ’n paar keer te kan sê:
“Ons wing hom.”
Gelukkige verjaarsdag, vriendin. ❤️
Hoogland is ryker omdat jy hier is.
En ek ook.