AGS Kathu - El Shammah

AGS Kathu - El Shammah Welkom by ons blad, ons nooi jou om ons te kom besoek op sondae vir ons eredienste of sluit by ons aanlyn platforms aan vanaf 09:00. Ons hoor graag van jou.

El Shammah Gemeente op sosiale media:
Instagram | YouTube Kathu-El Shammah

Sondag se boodskap: ONTSAGWEKKEND!πŸ™Psalm 47:3 "Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat he...
05/09/2026

Sondag se boodskap: ONTSAGWEKKEND!πŸ™
Psalm 47:3 "Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde."

Deel 3 van ons preekreeks: Die Vrees van die Here.πŸ”₯

Wanneer ons waarlik met God te doen het kan ons nie anders as om in verwondering gelaat te word nie! 'n Boodskap oor eerbied, verwondering en ontsag wat kom van die werklike kennis van wie God is.

Kom verwag om ongedaan gemaak te word (op 'n goeie manier). Sien jou Sondag! πŸ’›πŸ€©

πŸ—“οΈ Sondag, 6 September
⏰ 9:00
πŸ“ El Shammah AGS Kathu

As jy Sondag se diens gemis het gaan kyk hom gerus πŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌ
01/09/2026

As jy Sondag se diens gemis het gaan kyk hom gerus πŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌ

Die Vrees van God deel 2: Vrees God, nie mens.

Goeie middag geliefde El Shammah Familie! MΓ΄re bou ons voort met deel 2 van ons preekreeks rondom: β€œDie vrees van die He...
29/08/2026

Goeie middag geliefde El Shammah Familie!

MΓ΄re bou ons voort met deel 2 van ons preekreeks rondom: β€œDie vrees van die Here”.

Ons lees in Spreuke 29:25: β€œJy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.”

Hierdie Sondag gaan ons praat oor iets waarmee ons almal op een of ander manier worstel: Vrees God, nie mens.

Want wanneer die vrees vir mense groter word as ons eerbied vir God, begin ons keuses maak om mense te behaag eerder as om God te gehoorsaam.

Maar wat gebeur wanneer ons ophou om te leef vir mense se goedkeuring en begin leef vanuit ’n heilige ontsag vir God?

Kom ontdek saam hoe die Vrees van die Here jou kan bevry van die vrees vir mense - en jou die moed kan gee om God eerste te stel, selfs wanneer dit jou iets kos.

πŸ—“οΈ Sondag, 30 Augustus
⏰ 09:00
πŸ“ El Shammah AGS Kathu

SIEN JULLE MΓ”RE β›ͺ️

As jy Sondag se diens gemis het gaan kyk hom gerusπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌ
24/08/2026

As jy Sondag se diens gemis het gaan kyk hom gerusπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌπŸ‘‡πŸΌ

Vrees van die Here deel 1: Bewys, Behou, Begewe

Vir die volgende paar Sondae gaan ons besig wees met n NUWE PREEKREEKS:πŸ”₯πŸ”₯ DIE VREES VAN DIE HERE πŸ”₯πŸ”₯Wat as ware wysheid n...
21/08/2026

Vir die volgende paar Sondae gaan ons besig wees met n NUWE PREEKREEKS:

πŸ”₯πŸ”₯ DIE VREES VAN DIE HERE πŸ”₯πŸ”₯

Wat as ware wysheid nie met vertroue begin nie… maar eerder met eerbied?

Die Bybel sΓͺ: πŸ“– " Die vrees van die Here is die begin van wysheid" β€” Spreuke 9:10

Sluit by ons aan terwyl ons in 'n waarheid delf wat die moderne kerk amper vergeet het 😳 β€” die Vrees van die Here. Nie 'n vrees wat jou wegstoot nie, maar een wat jou nader bring, jou hart nederig maak en transformeer.

Kom ons herontdek saam wat heilige ontsag vir God behels β€” en ware wysheid.

πŸ—“οΈ Sondag, 23 Augustus
⏰ 9:00
πŸ“ El Shammah AGS Kathu

πŸ™πŸ» Bid oor wie jy kan saam nooi en sien jou Sondag πŸ˜ƒ

Vroue konferensie 2026 🌷 Was baie geseΓ«nd gewees πŸ™ŒπŸΌ Ons is dankbaar teenoor die Here vir al die vroue se harte wat Hy aa...
17/08/2026

Vroue konferensie 2026 🌷 Was baie geseΓ«nd gewees πŸ™ŒπŸΌ Ons is dankbaar teenoor die Here vir al die vroue se harte wat Hy aangeraak het tydens hierdie spesiale naweek.

Aan God al die eer!

Geliefde El Shammah Familie! 🀩πŸ₯°πŸ©·πŸ«† Ons VROUE KONFERENSIE is elke jaar een van die hoogtepunte. Hierdie jaar beloof om wee...
13/08/2026

Geliefde El Shammah Familie! 🀩πŸ₯°

πŸ©·πŸ«† Ons VROUE KONFERENSIE is elke jaar een van die hoogtepunte. Hierdie jaar beloof om weer 'een vir die boeke' te wees. Heletia Burger het 'n besondere getuienis en kom praat met ons vroue oor ' IDENTITEIT: Jou lewe
maak saak '. πŸͺͺ

Ons wil elke vrou bemoedig om die tyd uit te koop en hierdie naweek te kom hoor wat God oor jou te sΓͺ het. Ons wil jou ook bemoedig om iemand saam te nooi. Wie is daar wat jy vandag persoonlik kan nooi? Doen dit sommer nou.

πŸ™ŒπŸ» Toegang is gratis en ALMAL is welkom!
Vrydag: 18:00
Saterdag: 8:00 - 12:30
Sondag erediens met Dr. Isak Burger: 9:00

Nooi iemand en sien jou daar! 🀩🌿

12/08/2026

Hierdie naweek die 14-15 Augustus saam met Heletia Burger by El Shammah - AGS Kathu

12/08/2026

Address

Kathu

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 09:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Kathu - El Shammah posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS Kathu - El Shammah:

Shortcuts

Share