Lede in Christus Kerk Hartenbos

Lede in Christus Kerk Hartenbos Lede in Christus Kerk
Pinkster Bediening

04/09/2026
Ons het die voorreg gehad om KICK Kinderbediening Opleiding te ontvang deur Pastoor Johan en Sus Madri Wilken saterdag.S...
01/09/2026

Ons het die voorreg gehad om KICK Kinderbediening Opleiding te ontvang deur Pastoor Johan en Sus Madri Wilken saterdag.

Sondagskool- en kinderbedieningopleiding is so belangrik, want wanneer ons toegerus word, kan ons weer met groter varsheid, kreatiwiteit en passie na ons kinders teruggaan. Hulle het ons nuwe dinge geleer, nuwe perspektiewe gegee en ons uitgedaag om op kreatiewe maniere oor ons Sondagskoollesse te d**k.

Daar was lekker gelag, saam geleer en selfs kans om kreatief te raak en nuwe maniere te ontdek om God se Woord op ’n vars en betekenisvolle manier met kinders te deel. 🎨📖

Baie dankie, Pastoor Johan en Sus Madri, vir julle tyd, liefde en bereidwilligheid om in ons te belê en ons op te lei vir hierdie kosbare bediening. Pastoor, dankie dat jy selfs jou verjaarsdag saam met ons gedeel het 🎂

Ons glo dat die saad wat hierdie dag gesaai is, op goeie grond geval het. Mag dit groei en vrug dra tot uitbreiding van Sy Koninkryk 🌱👑

Ons harte is vol dankbaarheid na ’n besondere en geseënde konferensie die afgelope naweek. 🙌🏻Met hierdie jaar se tema, “...
31/08/2026

Ons harte is vol dankbaarheid na ’n besondere en geseënde konferensie die afgelope naweek. 🙌🏻

Met hierdie jaar se tema, “Lig vir die Nasies”, het die Here van die eerste boodskap tot die laaste op ’n besondere manier met ons kom praat. Elke bediening, elke woord en elke oomblik in Sy teenwoordigheid het ons weer herinner aan ons roeping: om die lig van Jesus na ’n wêreld te dra wat Hom so nodig het. 💡🌍

Ons sê ’n opregte dankie aan elke pastoor wat gekom het om te bedien en gehoorsaam die Woord van die Here met ons gedeel het. Dit was ook ’n groot voorreg om Moderator Corné en Sus Michelle du Plessis by ons te kon hê. Dankie vir julle kosbare bediening en vir dit wat julle in ons lewens kom saai het.

Aan elke persoon wat die konferensie bygewoon het, elke handjie wat gehelp het, dankie. Ons glo dat niemand dieselfde huis toe gegaan het nie. Mag die krag, hoop en aanraking wat ons hierdie naweek van God ontvang het, nie by die konferensie eindig nie, maar voortleef in ons harte en ons weer uitstuur om ’n verskil te maak.

Address

H. V. Katjiepiering & Jakaranda Laan
Hartenbos
6520

Opening Hours

Wednesday 19:00 - 20:00
Sunday 09:30 - 11:00
18:00 - 19:30

Telephone

0825075051

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lede in Christus Kerk Hartenbos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category