Harties Kuierkerk

Harties Kuierkerk Kuierkerk is 'n onafhanklike kerk waar ons God 3enig aanbid - Vader, Seun en Gees. Dienste: Sondae 09.00 Ons predikant is ds. Hy is ons Saligmaker en Redder.

Ons glo elke mens stap 'n unieke pad met God en ons aanvaar mekaar, kuier saam en leer by mekaar. Kuierkerk is 'n informele kuierplek waar elke persoon se unieke belewenis met God Drie-eenheid belangrik is. Ons glo dat verhoudings met God en mekaar belangrik is - en veral kuier om 'n koppie koffie. Anton van Zyl wat sy Teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi het asook sy Meest

ersgrade in Teologie, Missiologie, Antieke tale en Gesinsberading. Hy kom uit die NG kerk tradisie en is by uitstek 'n kenner op die gebied van kerkvernuwing. Hy is in sy hart 'n hedendaagse kerkhervormer wat glo God het 'n unieke pad met elke mens en daarom moet elkeen sy geloof kan uitleef binne sy eie konteks en in 'n veilige geloofsgemeenskap waar verhoudings en liefde belangriker is as mensgemaakte reels. God is immers liefde in die eerste plek! AS jy nog wil weet - hier is in kort nog ietsie: Anton was aanvanklik 'n NG predikant op Harties. Hy het egter 'n hart vir kerklos en kerkseer mense wat kerke verlaat as gevolg van verskeie redes. Hy het Kuierkerk begin as 'n groot selgroep aanvanklik - informeel - en dit het self gegroei tot 'n onafhanlike kerk. Ons glo aan persoonlike verhouding met God en om elkeen te respekteer met sy eie unieke Christelike belewenis. Ons wil nie dat te veel reels die rigting bepaal nie, maar wel persoonlike verhouding met God drie-eenheid.

●Ons glo in 'n seën wees vir die mensdom soos God vir Abraham al doerityd die opdrag gegee het en dit ook vir ons kom wys het in Jesus se lewe op aarde.
●Ons glo in Christus as God wat mens geword het. Sonder hom is ons niks.
●Ons glo om soos Hy 'n seen te wees vir ander. En die Ou testament is belangrik om die nuwe te verstaan. Anton is ook besig met twee oorsig Bybelskole om die hele Bybel in sy volheid te probeer verduidelik maar in eenvoudige terme.
●Ons glo in die Ou Testament as grondslag vir die Nuwe en die gebooie en als en dat Christus die wet volbring het. Ons het niks snaakse dogma nie.
●En ons glo almal moet hul gawes kan toepas in die kerk en dat almal betrokke moet wees op grondvlak in die wêreld waar hulle vir en namens Christus 'n verskil moet maak. Die woord Kuierkerk is eintlik afgelei van Koinoinia wat mos die gemeenskap van die heiliges beteken. Ons meen dat Kuier die gemaklikste vorm van saamkom is - Kuier as Christene en in die naam van Christus. Ons dienste begin Sondae so van 8:30 af maar amptelik 9 uur. Vooraf drink ons saam koffie en kuier saam en eet beskuit! Dan begin ons met bietjie voorsang - met kitaar en klawerbord. Dan is die preek aan die beurt. Jy is welkom. Daar is n kinderkerk vir voor- en laerskool kinders tydens diens aan die gang. Ons is op Google maps. Skemerberg hartbeespoort. https://goo.gl/maps/LzAktPUArxypxMm27

Lekker wintermark by Skemerberg Venue. Dankie al die Kuierkerkers wat so hard gewerk het.
06/06/2026

Lekker wintermark by Skemerberg Venue. Dankie al die Kuierkerkers wat so hard gewerk het.

❄️ MORÊ IS ONS WINTER KUIERMARK! ❄️Ons sien uit daarna om julle môre by Skemerberg te verwelkom!🗓️ 6 Junie 2026🕙 10:00 –...
05/06/2026

❄️ MORÊ IS ONS WINTER KUIERMARK! ❄️

Ons sien uit daarna om julle môre by Skemerberg te verwelkom!

🗓️ 6 Junie 2026
🕙 10:00 – 16:00
📍 Skemerberg Venue, Hartbeespoort
🎟️ GRATIS TOEGANG

Kom geniet lekker kos, unieke stalletjies, handgemaakte produkte en 'n heerlike dag saam met familie en vriende.

Hierdie mark is 'n fondsinsameling vir Harties Kuierkerk en elke bietjie ondersteuning maak 'n verskil. 💙

Ons sien uit om saam met julle te kuier! ☕🤍

🐑📸   na die Heel Eerste Zakiti!Toe ons jare gelede die eerste Zakiti Fees aangebied het, het niemand geweet presies wat ...
04/06/2026

🐑📸 na die Heel Eerste Zakiti!

Toe ons jare gelede die eerste Zakiti Fees aangebied het, het niemand geweet presies wat om te verwag nie. Wat ons wel geweet het, was dat ons iets wou skep wat mense bymekaar bring.

Vandag, as ons terugkyk na hierdie foto's, sien ons soveel meer as net 'n fees. Ons sien vriendskappe wat gevorm is, herinneringe wat gemaak is, en 'n gemeenskap wat jaar na jaar saam gegroei het. ❤️

Elke stalletjie, elke vrywilliger, elke kunstenaar, elke borg, elke besoeker en elke helper het 'n rol gespeel om Zakiti te maak wat dit vandag is.

En dit is die mooiste deel van alles: die herinneringe wat ons vandag koester, is gebou deur gewone mense wat besluit het om betrokke te raak.

Wil jy deel wees van Zakiti 2026?

Ons soek:
🙋 Vrywilligers en helpers
🎶 Vermaak en aktiwiteite
🤝 Borge en adverteerders
🛍️ Uitstallers en stalletjies
💡 Enigiemand wat wil help om iets besonders vir die gemeenskap te bou

Elke hand maak 'n verskil. Elke bydrae help om herinneringe te skep wat nog jare later onthou sal word.

Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival
📅 1 Augustus 2026
⏱ 10:00-17:00
📍 Skemerberg Venue, Hartbeespoort

Kontak ons gerus by:
📧 [email protected]
📱 076 940 2707

🐑❤️

04/06/2026

Is jy lus vir ’n lekker familie fees? 👀🔥

Zakiti Fees is HIER en jy wil nie hierdie een mis nie!

🎶 Musiek
🍔 Kos & drank
👨‍👩‍👧‍👦 Kinderpret
🐂 Mechanical bull
🚜 Vintage engines
🎉 Kompetisies & nog baie meer

Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival
📍 Skemerberg Venue, Hartbeespoort
📅 1 Augustus 2026
🕙 10:00 – 17:00
🚗 Slegs R50 per motor

Bring jou mense en kom maak ’n draai in Harties!

👉 Tag iemand wat saam moet kom
👉 Deel hierdie met jou vriende

🍷 ZAKITI WYN IS HIER! 🍷Ons begin solank fonds insamel vir die groot Zakiti Fees op 1 Augustus 2026 — en nou kan jy dit d...
04/06/2026

🍷 ZAKITI WYN IS HIER! 🍷

Ons begin solank fonds insamel vir die groot Zakiti Fees op 1 Augustus 2026 — en nou kan jy dit doen met ’n glasie goeie wyn in die hand. 😉

✨ Zakiti Wyn Special:
🍷 R100 per bottel
(Dry White / Dry Red / Rosé)

📦 6 Bottels = R80 elk
➡️ R480 per six pack

🔥 Meer as 6 bottels?
Slegs R70 per bottel!

Perfek vir:
✔️ Kuier saam met vriende
✔️ Geskenke
✔️ Braais
✔️ Wynliefhebbers
✔️ Ondersteun ’n goeie saak

📍 Bestel vandag nog by Rose +27 82 258 0970 en laai op by Skemerberg Venue, Harties
⚠️ Beperkte hoeveelhede beskikbaar — first come, first served!

Ondersteun Zakiti 2026 en geniet sommer die feesgees vroeg! 🍷🐑

Zakiti is meer as net ’n fees. 🐑❤️Dis waar families kampstoele uit die bakkie trek en die hele dag saam kuier.Dis waar o...
04/06/2026

Zakiti is meer as net ’n fees. 🐑❤️

Dis waar families kampstoele uit die bakkie trek en die hele dag saam kuier.

Dis waar ou vriende mekaar onverwags tussen die stalletjies raakloop en gesels asof geen tyd verby gegaan het nie.

Dis waar kinders vol stof, moeg en gelukkig by die huis aankom… en klaar vra wanneer die volgende Zakiti is.

Dis waar plaaslike besighede, kerke, boere, musikante, makers en gemeenskappe saamkom om iets groter as hulleself te bou.

Elke jaar herinner Zakiti ons hoe egte gemeenskap voel:
warm, verwelkomend, bietjie chaotic, vol lag… en gevul met mense wat eenvoudig net die lewe saam geniet.

Dis hoekom Zakiti vir ons belangrik is.
Nie net omdat dit ’n fees is nie —
maar omdat dit mense bymekaar bring. ✨

Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival
📆 1 Augustus 2026
⏱️ 10:00 - 17:00
📍 Skemerberg Venue, Hartbeespoort

🐑💨 PIPE CAR RIDES WANTED AT ZAKITI 2026!Do you offer pipe car rides, buggy experiences or family-friendly adventure acti...
04/06/2026

🐑💨 PIPE CAR RIDES WANTED AT ZAKITI 2026!

Do you offer pipe car rides, buggy experiences or family-friendly adventure activities? We’d love to have you join us at Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival! 🔥

We’re specifically looking for a vendor to offer pipe car / buggy rides as part of this year’s activities lineup.

Interested? Send us a message or email:
📧 [email protected]

Tag someone who should be part of Zakiti this year! 👇

25/01/2026

Welkom by vandag se diens.

Sien julle 9:00 vir Kuier, Kerk en Koffie.

Send a message to learn more

Hallo al die Kuierkerkers - more gaan Spike en Lulu kom kuier by die kinderkerk - sien almal daar - lekker poppekas en s...
17/01/2026

Hallo al die Kuierkerkers - more gaan Spike en Lulu kom kuier by die kinderkerk - sien almal daar - lekker poppekas en sing en pret!

Address

Skemerberg Plot 291 Rietfontein
Hartbeespoort

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 08:30 - 10:00

Telephone

+27822580970

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Harties Kuierkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Harties Kuierkerk:

Share