28/08/2026
Vers vir die dag / Verse of the day
HEBREËRS 4:14-16 “TERWYL ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
Ons kan met vrymoedigheid na God die Vader toe gaan, omdat ons Jesus Christus het wat ons Hoëpriester is. Hy verstaan hoe ek en jy voel. Hy is versoek net soos ek en jy, maar Hy het nooit aan die versoeking toegegee en gesondig nie.
So, gaan vandag met vrymoedigheid na God toe, want Jesus Christus tree vir jou in by die Vader.
___________________________
HRBREWS 4:14-16 “Seeing then that we have a great High Priest who has passed through the heavens, Jesus the Son of God, let us hold fast our confession. For we do not have a High Priest who cannot sympathize with our weaknesses, but was in all points tempted as we are, yet without sin. Let us therefore come boldly to the throne of grace, that we may obtain mercy and find grace to help in time of need.”
We can come boldly before God the Father because we have Jesus Christ as our High Priest. He understands how you and I feel. He was tempted just as you and I are, but He never gave in to temptation and sinned.
So, go to God boldly today, because Jesus Christ intercedes for you before the Father.