Christ alone ministries South Africa

Christ alone ministries South Africa Email based Christian ministry To encourage believers to be holy and wholly dependant on God.

04/09/2026

“TURN YOUR EYES UPON JESUS” By Johan Terblanche

Like so many others, I found myself looking around when I was supposed to look up. I found myself entangled in this mess we call life, because I was looking at what is going on around me, rather than looking at the Lord Jesus Christ, the author and finisher of our faith; (Hebrews 12:2)

I found myself frustrated, worrying, murmuring, complaining and fighting. I found myself like a drowning person gasping for air, like a thirsty person in a desert crying for water, like a dying man praying to live. I sought answers from others, hoping that they can lead the way, but instead they almost led me astray.

But then I realized that my hope must be in Christ and nowhere else. I cannot trust in princes, in human beings, who cannot save, nor can I can I rely on myself or my own knowledge. (Psalm 146:3 and Proverbs 23:4) In Scripture it is written, "Cursed is the one who trusts in man, who draws strength from mere flesh and whose heart turns away from the Lord." (Jeremiah 17:5)

If not to man, where do we turn to; where do we look for answers? Isaiah 2:22 says, "Stop trusting in mere humans, who have but a breath in their nostrils. Hold them in high esteem—what are they worth?" Psalm 62:8 says, "Trust in him at all times, you people; pour out your hearts to him, for God is our refuge." Psalm 118:8 says, "It is better to take refuge in the Lord than to trust in humans."

I have found the answer to the pressure we are facing daily, to the anxiety and fear that often grabs us by the throat trying to suffocate us. I have found the answer to worries that threaten to drive us insane. Jesus Christ, the only begotten Son of God was, is and will forever remain the answer.

Therefor, instead of looking around, I look up. Instead of searching for answers amongst others, I look unto the Lord. Isaiah once said, "Lift up your eyes on high and see: who created these? (Isaiah 40:26) So, like David, "I lift up my eyes to the hills. From where does my help come? My help comes from the LORD, who made heaven and earth."(Psalm 121:1–2)

I do not know what you are going through, but this one thing I know; When we look up, when we turn our eyes upon Jesus, He will bring us through. He will save, deliver and heal us.

Allow me to conclude with a quote from the songwriter Helen
Howarth Lemmel who said,

Turn your eyes upon Jesus
Look full, in his wonderful face
And the things of earth will grow strangely dim
In the light of his glory and grace

Should you need prayer or guidance, you are welcome to send an email to [email protected] .

Regards and God bless

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

04/09/2026

“RIG JOU Oë OP JESUS” Deur Johan Terblanche

Soos vele ander, het ek om my gekyk in plaas daarvan om op te kyk. Ek was verstrengel in hierdie gemors wat ons die lewe noem, want ek het gekyk na wat rondom my aangaan, eerder as om na die Here Jesus Christus, die Leidsman en Voleinder van ons geloof te kyk. (Hebreërs 12:2)

Ek was frustreerd en bekommerd, daarom het ek ook gemompel, gekla en baklei. Ek was soos 'n drenkeling wat na asem snak, soos 'n dorstige in 'n woestyn wat roep om water, soos 'n sterwende man wat bid om sy lewe. Ek het antwoorde by ander gesoek, in die hoop dat hulle my die pad sal aanwys, maar in plaas daarvan het hulle my op 'n dwaalspoor gelei.

Toe besef ek weereens dat my hoop in Jesus Christus moet wees en nêrens anders nie. Ek kan nie my vertroue plaas op prinse en vorste of mense wat nie kan red nie. (Psalm 146:3) Ek kan ook nie op my eie kennis of vermoë staatmaak nie. (Spreuke 23:4) In die Skrif staan ​​daar geskrywe: "Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk." (Jeremia 17:5)

As ons nie na mense moet kyk nie, waarheen moet ons ons wend; waar soek ons ​​antwoorde? Jesaja 2:22 sê: "Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!" Psalm 62:6 sê: "Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons." Psalm 118:8 sê: "Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou."

Ek het die antwoord gevind op die druk waarmee ons daagliks te kampe het, op die angs en vrees wat ons dikwels aan die keel gryp en ons probeer versmoor. Ek het die antwoord gevind op bekommernisse wat dreig om ons kranksinnig te maak. Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, was, is en sal vir ewig die antwoord bly.

Daarom, in plaas daarvan om rond te kyk, kyk ek op. In plaas daarvan om antwoorde by ander te soek, kyk ek na die Here. Jesaja het eens gesê: "Slaan julle oë op na die hoogte en kyk: wie het hierdie dinge geskep? (Jesaja 40:26) Daarom, soos Dawid, sê ek; "Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." (Psalm 121:1–2)

Ek weet nie waardeur jy gaan nie, maar een ding weet ek; Wanneer ons opkyk of wanneer ons ons oë op Jesus rig, sal Hy ons daardeur lei. Hy sal ons red, verlos en genees.

Ek sluit af met 'n aanhaling uit ‘n lied van Helen Howarth Lemmel:

Turn your eyes upon Jesus
Look full, in his wonderful face
And the things of earth will grow strangely dim
In the light of his glory and grace

Groete,


Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

28/08/2026

“CREATE IN ME A PURE HEART”
By Johan Terblanche

Let this be our prayer today:

“Have mercy on me, O God, according to your unfailing love; according to your great compassion blot out my transgressions. Wash away all my iniquity and cleanse me from my sin. For I know my transgressions, and my sin is always before me. Against you, you only, have I sinned and done what is evil in your sight; so, you are right in your verdict and justified when you judge.

Surely, I was sinful at birth, sinful from the time my mother conceived me. Yet you desired faithfulness even in the womb; you taught me wisdom in that secret place.

Cleanse me with hyssop, and I will be clean; wash me, and I will be whiter than snow. Let me hear joy and gladness; let the bones you have crushed rejoice. Hide your face from my sins and blot out all my iniquity.

Create in me a pure heart, O God, and renew a steadfast spirit within me. Do not cast me from your presence or take your Holy Spirit from me. Restore to me the joy of your salvation and grant me a willing spirit, to sustain me.

Then I will teach transgressors your ways, so that sinners will turn back to you. Deliver me from the guilt of bloodshed, O God, you who are God my Savior, and my tongue will sing of your righteousness. Open my lips, Lord, and my mouth will declare your praise. You do not delight in sacrifice, or I would bring it; you do not take pleasure in burnt offerings. My sacrifice, O God, is a broken spirit; a broken and contrite heart you, God, will not despise.

May it please you to prosper Zion, to build up the walls of Jerusalem. Then you will delight in the sacrifices of the righteous, in burnt offerings offered whole; then bulls will be offered on your altar.” Amen

(Prayer taken from Psalm 51 – NIV)

Should you need prayer or guidance, you are welcome to send an email to [email protected] .

Regards and God bless

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

28/08/2026

“SKEP IN MY ‘n REIN HART. O HEER”
Deur Johan Terblanche

Soos Dawid, Kom ons bid,

“Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; d**g my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en d**g uit al my ongeregtighede.

Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.

Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.

Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.” Amen

(Gebed geneem uit Psalm 51, 1933 vertaling)

Sou u gebed benodig kan u aan ons skryf by [email protected]

Groete,


Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

21/08/2026

“GREATER RESPONSIBILITY”
By Johan Terblanche

In Scripture we find two major lists of sins, the first one being the ten commandments as given to Moses in Exodus 20:2–17, and the second one was the list provided by the Apostle Paul in Galatians 5: 19-21. I do not wish to focus on these sins but spend a bit of time on the sins we do when disobeying God’s commands or instructions.

Let me take one step back. Sin can be defined as disobedience to God. There are two major types of sin. The first is doing the things God instructed us not to do. The second is not doing the things God instructed us to do. I want to touch on the latter; not doing what we are instructed to do.

Here is a very short list of things we are commanded to do by Jesus Christ Himself.

• Love the Lord your God with all your heart, soul, and mind. (Matthew 22:37)
• Love your neighbour as yourself. (Matthew 22:39)
• Love your enemies. (Matthew 5:44)
• Deny yourself and follow the Lord. (Luke 9:23–24)
• Pray always. (Luke 21:36 and Matthew 7:7)
• Take care of the less privileged. (Matthew 25:35-40)
• Do not entertain any sin in your life. (Matthew 5:29–30)
• Forgive one another. (Mark 11:25)
• Do not worry or be afraid. (John 14:27)
• Spread the Gospel of Jesus Christ. (Matthew 28:19-20 and Mark 16:15)

If we say that we are children of God, we have a greater responsibility to obey God’s Word. Therefore, should we not do any or one of the things listed above, we are disobedient to the Word and to the Lord. In other words, “we are sinning!” and in need of repentance. However, "If we confess our sins, he is faithful and just to forgive us our sins, and to cleanse us from all unrighteousness" (1 John 1:9)

But the buck does not stop there. In John 8:11 Jesus said to the woman who was caught in the act of adultery to go and sin no more. Let us therefor not do the things God instructed us not to do and do the things God instructed us to do.

Should you need prayer or guidance, you are welcome to send an email to [email protected] .

Regards and God bless

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

21/08/2026

GROTER VERANTWOORDELIKHEID”
Deur Johan Terblanche

In die Skrif vind ons twee sondelyste, die eerste een is die tien gebooie soos aan Moses gegee in Eksodus 20:2–17, en die tweede een is die lys wat deur die apostel Paulus in Galasiërs 5:19-21aan ons gegee is. Ek wil egter nie op hierdie sondes fokus nie, maar wil 'n bietjie tyd spandeer aan die sondes wat ons doen wanneer ons nie aan God se opdragte gehoor gee nie.

Laat ek een stap terug gee. Sonde kan gedefinieer word as ongehoorsaamheid aan God. Sonde kan in twee hoofgroepe verdeel word. Die eerste is om die dinge te doen wat God ons beveel het om nie te doen nie. Die tweede is om nie die dinge te doen wat God ons beveel het om te doen nie. Ek wil laasgenoemde aanspreek - om nie te doen wat ons beveel word om te doen nie.

Hier is 'n baie kort lys van opdragte wat Jesus Christus self aan ons gegee het.


• Wees lief vir die Here jou God met jou hele hart, siel en verstand. (Matteus 22:37)
• Wees lief vir jou naaste soos jouself. (Matteus 22:39)
• Wees lief vir jou vyande. (Matteus 5:44)
• Verloën jouself en volg die Here. (Lukas 9:23–24)
• Bid gedurig. (Lukas 21:36 en Matteus 7:7)
• Sorg vir die minderbevoorregtes. (Matteus 25:35-40)
• Moenie enige sonde in jou lewe verdra nie. (Matteus 5:29–30)
• Vergewe mekaar. (Markus 11:25)
• Moenie bekommerd of bang wees nie. (Johannes 14:27)
• Verkondig die Evangelie van Jesus Christus. (Matteus 28:19-20 en Markus 16:15)


As ons sê dat ons kinders van God is, het ons 'n groter verantwoordelikheid om God se Woord te gehoorsaam. Indien ons dus een van die bogenoemde dinge nie doen nie, is ons ongehoorsaam aan die Woord en aan die Here. Met ander woorde, “ons sondig!” en het bekering nodig. En “As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:9).

Maar dis nie waar dit stop nie. In Johannes 8:11 het Jesus vir die owerspellige vrou gesê: Gaan heen en sondig nie meer nie. Net so moet ons ophou om die sondes te doen wat God ons beveel het om nie te doen nie, en die dinge doen wat God ons beveel het om te doen.

Sou u gebed benodig kan u aan ons skryf by [email protected]

Groete,


Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

14/08/2026

"LORD HELP ME!” By Johan Terblanche

This morning, I want to share a bit about myself. Often, I have made decisions or choices based on what I believe I can do or I can achieve. Some of these decisions was to pray more, to read my Bible more, to be more considerate to others or to give a bit more. Sadly, as can be seen in the examples below, many of the discissions I made amounted to nothing in the end.

At one stage I wanted to supplement my income. Since my father-in-law had some empty chicken coops, I decided to buy some chicklets and grow them. I bought a hundred and fed them for months, but they did not grow. Eventually I sold them at a loss. We used to assist many families. When we could not do this any longer, I used my credit card and ended up in debt which took years to repay. A friend of mine introduced me to a church denomination where I was later ordained as a pastor. I saw this as a wonderful opportunity, but after a while, I realized that things were not what I thought it would be like. Since church doctrine and the constitution of the church took preference over the Word, I had to man up to the mistake I made and leave the church.

Then, the Lord taught me to interpret the Word a little bit better. He taught me that the person who puts his trust in himself or his own heart is a fool. (Proverbs 28:26) He taught me that the one who trust and whose confidence is in Him will be blessed. (Jeremiah 17:7) He taught me that I can do nothing without Him. (John 15:5) He taught me that I cannot rely on my own abilities but must put my trust in Him. (2 Corinthians 1:9) He taught me not to lean on my own understanding, but to submit unto Him. (Proverbs 3:5-6) He taught me not to move unless His presence moves with me. (Exodus 33:15)

Unfortunately, we are now living in an “I can” environment where many of us still think we can make it on you own. We even quote verses like Philippians 4:13 and say we can do all things, without taking into consideration the remainder of the text which clearly states that it is only through Christ who strengthens us.

I want to encourage you to allow the Lord to instruct you and teach you in the way you should go according to Psalm 32:8. But I also want to caution you. There is a way that seems right to a man, but its end is death. (Proverbs 14:12)

Let us not rely on our own strength or our own capabilities but let us trust the Lord to renew our trust in Him, to go with us, and to guide us. When we are in deep, and we realize that we cannot do it by ourselves, let us call, “LORD, HELP ME!”

Should you need prayer or guidance, you are welcome to send an email to [email protected] .

Regards and God bless

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

14/08/2026

“HERE HELP MY!” Deur Johan Terblanche

Vanoggend wil ek so bietjie van myself met u deel. Ek het dikwels besluite of keuses geneem gebaseer op wat ek glo ek kan doen of bereik. Sommige van hierdie besluite was om meer te bid, om meer Bybel te lees, om meer bedagsaam teenoor ander te wees of om 'n bietjie meer te gee. Ongelukkig, soos in die voorbeelde hieronder gesien kan word, het baie van die besluite wat ek geneem het uiteindelik op niks uitgeloop nie.

Op 'n stadium wou ek my inkomste aanvul. Aangesien my skoonpa 'n paar leë hoenderhokke gehad het, het ek besluit om 'n paar kuikens te koop en groot te maak. Ek het honderd gekoop en hulle maande lank gevoer, maar hulle het nie gegroei nie. Uiteindelik het ek hulle teen 'n verlies verkoop. Ons het baie gesinne gehelp. Toe ons dit nie meer kon doen nie, het ek my kredietkaart begin gebruik en in skuld beland wat jare geneem het om terug te betaal. 'n Vriend van my het my aan 'n kerkdenominasie voorgestel waar ek as 'n pastoor georden is. Ek het dit as 'n wonderlike geleentheid gesien, maar na 'n rukkie het ek besef dat dinge nie was soos ek ged**k het dit sou wees nie. Aangesien die kerk se leerstellings en hul konstitusie voorkeur bo die Woord geniet het, moes ek aanvaar dat dit ‘n verkeerde besluit was en die kerk verlaat.

Toe het die Here my geleer om die Woord reg te interpreteer. Hy het my geleer dat die persoon wat sy vertroue in homself of sy eie hart plaas, 'n dwaas is. (Spreuke 28:26) Hy het my geleer dat die een wie se vertroue in Hom is, geseënd sal wees. (Jeremia 17:7) Hy het my geleer dat ek niks sonder Hom kan doen nie. (Johannes 15:5) Hy het my geleer dat ek nie op my eie vermoëns kan staatmaak nie, maar my vertroue in Hom moet plaas. (2 Korintiërs 1:9) Hy het my geleer om nie op my eie begrip te steun nie, maar om my aan Hom te onderwerp. (Spreuke 3:5-6) Hy het my geleer om nie te beweeg tensy Sy teenwoordigheid saam met my beweeg nie. (Eksodus 33:15)

Ongelukkig leef ons nou in 'n "Ek kan" omgewing waar baie van ons steeds d**k dat ons alles op ons eie kan doen of regkry. Ons haal selfs verse soos Filippense 4:13 aan en sê ons kan alles doen, sonder om die res van die teks in ag te neem wat dit duidelik stel dat dit slegs deur Christus is wat ons die krag gee.

Ek wil jou aanmoedig om die Here toe te laat om jou te onderrig en te leer in die pad wat jy moet gaan volgens Psalm 32:8. Maar ek wil jou ook waarsku. Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is die dood. (Spreuke 14:12)

Laat ons nie op ons eie krag of ons eie vermoëns staatmaak nie, maar laat ons die Here vertrou om ons vertroue in Hom te hernu, om saam met ons te gaan en ons te lei. Wanneer ons diep in die moeilikheid is en ons besef dat ons dit nie op ons eie kan doen nie, laat ons roep: "HERE, HELP MY!"

Sou u gebed benodig kan u aan ons skryf by [email protected]

Groete,


Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

07/08/2026

“TO SERVE THE LORD OUR GOD?”
By Johan Terblanche

In 1 Samuel 12: 20, Samuel says, “turn not aside from following the LORD, but serve the LORD with all your heart.” Today I want to briefly elude on the phrase, “serve the LORD with all your heart.”

Often, we reduce serving the Lord to going to church, to do well to others and not to sin. However, serving the Lord also entails but are not limited to the following:

• Follow the example of Jesus Christ. According to Mark 10:45, Jesus Christ did not come to be served, but to serve.
• To serve the Lord we must become less so that He can become more. (See John 3:30) Also, according to James 4:10 and 1 Peter 5:6, we must humble ourselves under God’s mighty hand.
• Worship is an essential element of serving the Lord. But worship is more than a song and a prayer. According to Romans 12:1 true and proper worship is to offer our bodies as a living sacrifice, holy and pleasing unto the Lord our God.
• Serving the Lord is not limited to worshipping Him occasionally, but we must serve the Lord in everything we do. In Colossians 3:23 it is written, “Whatever you do, do it unto the Lord.” Serving the Lord is a lifestyle and not an event.
• Communication with the Lord is essential to serving the Lord. This is why we are called upon to "pray without ceasing" and to search the scriptures daily. (See 1 Thessalonians 5:17 and Acts 17:11)
• If we desire to serve the Lord, we must be prepared to lay down the old sinful nature and be determined to live a holy life set apart for the Lord. (See Ephesians 4:22-24 and 1 Peter 1:15-16)
• Serving the Lord means reaching out to the less fortunate. According to Proverbs 19:7, "he who gives to the poor lends to God." Also, according to James 1:27, serving God entails taking care of the widows and the orphans.
• Testifying of God’s goodness and spreading the message of salvation through Jesus Christ is a Biblical requirement for those desiring to serve the Lord. (See Mark 5 :19 and Mark 16:15)

Serving the Lord is not an occasional act or a series of deeds, but a lifestyle brought about by submitting to the Lord and having His Holy Spirit empowering us to serve. Let us therefor be determined to seek and serve the Lord.

Should you need prayer or guidance, you are welcome to send an email to [email protected] .

Regards and God bless

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

07/08/2026

“OM DIE HERE ONSE GOD TE DIEN?”
Deur Johan Terblanche

In 1 Samuel 12:20 sê Samuel: “Wyk nie van die HERE af nie, en dien die HERE met julle hele hart.” Vandag wil ek kortliks uitbrei op die frase “dien die HERE met julle hele hart.”

Dikwels reduseer ons die dien van die Here tot kerk toe gaan, om goed te doen en nie te sondig nie. Om die Here te dien behels egter meer as dit. Om die Here te dien, sluit die volgende in maar is nie beperk tot dit nie.

• Volg die voorbeeld van Jesus Christus. Volgens Markus 10:45 het Jesus Christus nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.
• Om die Here te dien, moet ons minder word sodat Hy meer kan word. (Sien Johannes 3:30) Ook, volgens Jakobus 4:10 en 1 Petrus 5:6 moet ons onsself verootmoedig of verneder onder God se magtige hand.
• Aanbidding is 'n noodsaaklike om die Here te dien. Maar aanbidding is meer as 'n lied en 'n gebed. Volgens Romeine 12:1 is ware en gepaste aanbidding om ons liggame as 'n lewende offer, heilig en aanneemlik vir God te gee.
• Ons kan die Here nie af-en-toe of by geleentheid dien nie, maar ons moet die Here dien in alles wat ons doen. In Kolossense 3:23 staan daar geskryf: " En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie." Om die Here te dien is 'n leefstyl en nie 'n gebeurtenis nie.
• Kommunikasie met die Here is noodsaaklik om die Here te dien. Daarom word ons opgeroep om te bid sonder ophou en die Skrif daagliks te ondersoek. (Sien 1 Tessalonisense 5:17 en Handelinge 17:11)
• As ons die Here wil dien, moet ons bereid wees om die ou sondige natuur af te lê en vasbeslote wees om 'n heilige lewe te lei wat vir die Here afgesonder is. (Sien Efesiërs 4:22-24 en 1 Petrus 1:15-16)
• Om die Here te dien beteken om uit te reik na die minderbevoorregtes. Spreuke 19:7 sê; "hy wat aan die armes gee, leen aan God." Ook, volgens Jakobus 1:27, is die versorging van die weduwees en die weeskinders ons reine en onbesmette godsdiens.
• Om van God se goedheid te getuig en die boodskap van verlossing deur Jesus Christus te versprei, is 'n Bybelse vereiste om God te dien. (Sien Markus 5:19 en Markus 16:15)

Om die Here te dien is nie 'n af-en-toe daad of 'n reeks dade nie, maar 'n lewenstyl wat teweeggebring word deur onderwerping aan die Here en ondersteun word deur Sy Heilige Gees wat ons bemagtig om te dien. Laat ons daarom vasbeslote wees om die Here te soek en te dien.

Indien u gebed of leiding nodig het, is u welkom om 'n e-pos te stuur na [email protected].

Seënwense

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

Address

PO Box 9807
Elsburg
1408

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christ alone ministries South Africa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Christ alone ministries South Africa:

Shortcuts

Share