NG Kerk De Aar-Noord

NG Kerk De Aar-Noord 'n Lewende omgeegemeente wat Jesusliefde voorop stel!

Want waar is dit lekker...By NG Noord is dit lekker...Sien julle more!!
28/08/2026

Want waar is dit lekker...
By NG Noord is dit lekker...

Sien julle more!!

18/08/2026
God laat alles ten goede meewerk!!Daar was ń groot peukaneet boom, ń gehuurde wankelrige leer, ń kettingsaag en ń hardek...
15/08/2026

God laat alles ten goede meewerk!!
Daar was ń groot peukaneet boom, ń gehuurde wankelrige leer, ń kettingsaag en ń hardekop ds wat die toets van geduld gedop het. Die val van die boom was ongelukkig erger as die gekeusde ego - dis erg. Met kompressiefraktuur van L1 rugwerwel vir amper ń week in die hospitaal.
DIT WAS NIE GOD SE SKULD DAT HY DAAR BELAND HET NIE -EIE HARDKOPPIGHEID EN VERONTAGSAMING VAN FYNSTEMMETJIE OP DIE REGTER SKOUER WAS DIE OORSAAK.
Maar nou lê ek daar, in ń saal sam met 3 ander wat onskuldig daar lê (behalwe miskien die nuwe vriend wat 80 per dag gerook het - hy was dalk nie so onskuldig nie). Ander twee was erg siek en toe ek daar lê en oor die ergste selfbejammering kon kom, het ek besef ek is hier en ek is gestuur. Saam met my het daar "IETS (IEMAND)" in die kamer gekom wat ń verskil gemaak het.
My daarwees was as gevolg van my eie keuses maar God het my stupid besluite gebruik om ander en myself mee te bemoedig.
Een van my vorige lidmate en vriendin was al geruime tyd in intensief en die laaste twee kere wat ek by haar was kon sy, met masjiene war vir haar asemhaal, nie eers reageer nie.
wat ń voorreg om met ń drup in die hand, harnas om die bors en Bybel in die hand by haar te kon gaan kuier, nie net om te gaan bid nie maar ook om gebedsverhoring te kon ervaar. Die Here het haar nie in die steek gelaat of verlaat nie. Die Here het ons gebede verhoor en is besig om aan haar ń nuwe kans op die lewe te gee.
Was so amazing om met haar en Wynand te kon praat en God se werk te kon aanskou.
Hiers my belydenis: God is goed regverdig en getrou, selfs waar mense nie is nie. God eer gehoorsaamheid en God kan nie in skaakmat geskuif word nie - nie eers deur my eie hardkoppigheid of stupid besluite nie!!
Wat ń voorreg om hierdie God te mag dien en ek sien uit om al meer van Hom te leer en al nader aan Hom wat vir ons lief is te leef!

Daar is ń Boom!!!!!Baie dankie vir julle gebede. Ek kan werklik getuig dat dit ’n groot impak op my het en dat my herste...
15/08/2026

Daar is ń Boom!!!!!

Baie dankie vir julle gebede. Ek kan werklik getuig dat dit ’n groot impak op my het en dat my herstelproses uitstekend vorder.

Ongelukkig mag ek nog nie bestuur nie en sal ek dus nie Sondag persoonlik in De Aar kan wees nie. Tegnologie maak dit egter vir my moontlik om die erediens vanuit my kantoor in Bloemfontein waar te neem!

Dit gaan ’n lewendige, interaktiewe diens wees: julle sal my op die grootskerm sien, terwyl ek julle op my rekenaarskerm kan beskou. Ek glo ons gaan die eerste plattelandse gemeente wees wat so iets laat werk! Dalk bied dit selfs in die toekoms nuwe moontlikhede vir ons, die ring en ander gemeentes. Dankie vir die manne en dames agter die gordyne wat die toutjies trek en dinge laat gebeur. Ons gemeente is gebless met getroue, lojale en bevoegde span agter die tegnologie.

Ons nooi jou hartlik uit om hierdie unieke geleentheid saam met ons te kom beleef.

Sondag se teks sluit besonders mooi aan by die uitdagende tye waarin ons leef. Ons gaan ontdek hoe ons hierdie tye saam met God kan beleef—hoe Hy vir ons uitkoms bied, rigting wys en moed gee. Hy is die God wat nooit die werk waarmee Hy begin het, laat vaar nie.

📖 Teks: Romeine 11:1–36, met besondere fokus op verse 29–36🌳 Tema: Daar is ’n boom!

As jy werklik nie persoonlik daar kan wees nie, nooi ons jou om via die skakel saam met ons die teenwoordigheid van God te beleef:

https://www.youtube.com//live

Ek kan nie wag vir Sondag nie!

Ds. Frans

Share your videos with friends, family, and the world

06/08/2026
🕊️ (GE-)bou om te hou 🕊️Na ’n geseënde Pinkster waarin ons saam geleer het om die bouvalle in ons lewens, ons gemeente e...
10/06/2026

🕊️ (GE-)bou om te hou 🕊️

Na ’n geseënde Pinkster waarin ons saam geleer het om die bouvalle in ons lewens, ons gemeente en ons dorp raak te sien – nie as die einde van die storie nie, maar as geleenthede waaruit God iets nuuts kan laat voortkom – het die Here dit deur Sy Gees op Wynand se hart gelê om hierdie boodskap simbolies uit te beeld deur 26 duiwe los te laat.

Mag 2026 vir jou en vir ons as geloofsgemeenskap die begin wees van iets nuuts. Mag dit die jaar wees waarin God nuwe lewe, nuwe hoop en nuwe moontlikhede uit die bouvalle van die verlede laat groei.

Mag die Here ons inspireer om doelbewus te bou, nuwe moontlikhede te ondersoek, maar ook om die ou seer en wonde wat ons dalk al lank saamdra, aan Hom oor te gee sodat genesing kan kom. Dan kan ons met nuwe ywer bou en herbou in God se liefde.

Sefanja 3:16-17 herinner ons:

“Moenie bang wees nie, Sion,
moenie jou hande moedeloos laat hang nie!
Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou.”

Moenie jou hande moedeloos langs jou sye laat hang nie. Tel dit op. Gebruik dit wat die Here reeds in jou hand geplaas het. Gebruik die gawes, geleenthede en seëninge waarmee Hy jou vertrou het. Kom ons bou – deur die Gees van liefde.

Hier is ’n paar foto's van die duiwe wat losgelaat is om hierdie boodskap en hierdie nuwe seisoen in ons harte te anker. 🕊️❤️

11/04/2026

Baie gelowiges het hulle passie vir die kerk verloor en dikwels met goeie rede. Party het seergekry en is teleurgesteld in ander gelowiges, die dominee, dienste ens. Soms het selfs hulle hoop in die Here verloor oor gebede wat nie verhoor is nie en seer wat ons voel God kon mee gehelp het en toe help God nie.
Ek glo met my hele wese dat ons as mense die Kerk (in ons gebrokenheid) nodig het om aan Hom gehoorsaam te kan wees en om Hom meer in ons lewens te kan evaar. En JA, die kerk het jou ook nodig om te kan word wat God wil ons moet word.
Ons nooi jou om Sondag moeite te doen om kerk toe te kom en ons en die Here by ons te kom ervaar. As jy dalk lank laas hier was, kom probeer – gee die kerk weer ʼn kans en kom ons maak Sondag spesiaal.
Vra die Heilige Gees wat in jou is om vir jou te wys as daar dalk iemand anders is wat jy kan saam nooi en saambring. Bring jou vreugde, seer, kommer en geliefdes na die Here en Sy mense!
De Aar gaan Kerk toe!!!
Sondag se teks: 1Petr. 1:3-9 Tema: Bêre jou badge!
Sien Sondag – dit gaan fun wees!!! ds. Frans

Ons sê “Here, hoekom?”… maar het ons ooit gevra?Nie lank gelede nie sit daar ’n vrou in my spreekkamer. Sy is in haar de...
07/04/2026

Ons sê “Here, hoekom?”… maar het ons ooit gevra?
Nie lank gelede nie sit daar ’n vrou in my spreekkamer. Sy is in haar derde huwelik. Haar man sukkel met drank en maak haar seer—fisies én emosioneel.
Sy kyk my reguit in die oë en vra: “Hoekom gee die Here weer vir my ’n man wat my verniel?”
Ek vra haar: “Hoe het jy by die Here gehoor dat hierdie die man is wat Hy vir jou bedoel het?”
Daar is ’n stilte. Toe sê sy sag: “Ek het nie gevra nie… ek was bang Hy sou nee sê.”
Daardie oomblik sê meer as ’n duisend preke.
Hoe baie van ons doen nie dieselfde nie? Ons neem besluite—sonder om werklik stil te word by God. En wanneer dinge skeefloop, vra ons: “Hoekom Here?”
Die Bybel leer dat God deur Sy Gees in ons woon. Hy wil jou lei en waarsku. Maar Hy skree nie oor ons geraas nie. Soos 1 Konings 19 wys, praat Hy in die “sagte fluistering van die windstilte”.
Maar… ons moet daar wees om te hoor.
Ek het dit self beleef
Op universiteit moes ek twee keer my Grieks 2-vraestelle op ’n Maandag skryf.
Ek is nie goed in tale nie—en Grieks was rêrig vir my Grieks.
Albei kere moes ek kies:
Gaan ek Sondag kerk toe… of bly ek by die huis en leer?
Ek het gekies om kerk toe te gaan.
Die predikant—wat niks van my eksamen geweet het nie—het albei Sondae uit gedeeltes gepreek wat ek die volgende dag moes skryf… gedeeltes wat ek nie geleer het nie.
En albei kere was dit in die eksamen.
As ek eerder tuis gebly het om te leer, sou ek waarskynlik daardie gedeeltes gemis het—en moontlik her moes skryf.
Dit laat my vandag wonder:
Hoeveel keer wil God vir jou iets wys… maar jy is nie daar om dit te hoor nie?
En dalk wys dit in iets eenvoudigs… soos kerk
Daar is baie gelowiges in De Aar wat nog glo… maar nie meer kerk toe gaan nie.
Die redes is eg: seer, oordeel, konflik, skaamte, of net dat jy weggeraak het.
Maar hier is die eerlike vraag:
Het jy vir God gevra wat Hy daaroor sê?
Hebreërs 10:25 sê:
“Ons moenie wegbly van die samekomste van die gemeente nie…”
Nie omdat die kerk perfek is nie— maar omdat God ons daar ontmoet.
Ons gaan omdat ons God nodig het.
Omdat ons mekaar nodig het.
Omdat ons wil leer, dien en groei.
En omdat ons glo: God wil ons daar hê.
’n Uitnodiging aan De Aar
👉 Op die 12de—gaan kerk toe. Na Jou eie gemeente toe!
Nooi iemand saam.
Hoe baie keer sit jy in die kerk en hoor iets en dink:
“Hierdie moes iemand anders gehoor het…”
Dalk is dit hierdie keer húlle beurt.
Dalk is dit juis die Sondag wat hulle nodig het.
Kom ons wys dat De Aar se mense aan God behoort.
Nie omdat alles perfek is nie— maar omdat ons bereid is om weer te luister.
Gee die kerk weer ’n kans.
Ds. Frans Oosthuizen NG De Aar Noord

Address

Vermeulenstraat
De Aar
7000

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00

Telephone

+27536312668

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk De Aar-Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk De Aar-Noord:

Shortcuts

Share