07/01/2025
Waardering aan Pastoor Plaatjies
Maart 2023
Dankie dat u God se Woord met soveel passie en wysheid verkondig. U gebede, leiding en aanmoediging het al baie lewens aangeraak en verander. U medelye vir die behoeftiges, u ondersteuning in moeilike tye, en u opregte liefde vir elke gemeentelid wys die ware hart van 'n herder.
Ons waardeer ook die offers wat u en u gesin maak om ons te dien. Mag God u altyd versterk en seën met vreugde, gesondheid en oorvloed. Mag u bediening voortgaan om groot vrugte te dra tot eer van Sy Naam.