NG Oberholzer

NG Oberholzer NG Gemeente Oberholzer Kerk

Leraar:
Ds Andreas van Rooyen 082 553 9081

Die naweek is lekker bedrywig by die gemeente. Vrydagoggend was daar wegneemetes waar 2200 pannekoeke gebak is, 640 hamb...
30/05/2026

Die naweek is lekker bedrywig by die gemeente.

Vrydagoggend was daar wegneemetes waar 2200 pannekoeke gebak is, 640 hamburgers en 340 boereworsrolle gebraai en gebou is.

Saterdagoggend was daar 'n uitreik na die DBV en 'n skenking van +- R5500 se kos en kombersies vir die koel winter gegee is.

Baie dankie aan almal wat geskenk het, gewerk het en gehelp het.

24/05/2026
Watter gevare vernietig ons van binne?Kolossense 3:5-11; Markus 3:24-25, 1 Korinthiërs 5:6-7, 1 Petrus 4:17Vanaand kyk o...
19/05/2026

Watter gevare vernietig ons van binne?
Kolossense 3:5-11; Markus 3:24-25, 1 Korinthiërs 5:6-7, 1 Petrus 4:17

Vanaand kyk ons na iets wat amper altyd ongemaklik is. Dit is die vraag waarom goed nie werk nie. Daar is baie redes waarom goed nie werk nie, waarom die lewe moeilik kan wees. Ek kan laat wees omdat my kar se battery pap was, omdat daar verkeer was of verskeie ander goed. As ek wel elf uur die aand in die bed sit en wonder waarom ek so erg sooibrand het, is dit moeilik om te sê dat dit albany of sasko se skuld is dat hulle brood maak, terwyl die realiteit is dat dalk nie soveel toast broodjies moes eet nie, want een sou okay wees, maar meer gaan ek voor betaal. In ons lewens en geestelike lewens is dit 'n realiteit dat die lewe gebeur en dit 'n impak op ons kan hê, die duiwel is ook maar lekker aktief. Die beste manier wat die duiwel al gekry het om te werk is om ons te oortuig dat sonde nie gevolge het nie, dat ek net kan doen wat ek wil en dan gaan alles in elke geval uitwerk. Kyk maar net na die eerste leuen wat in Genesis vertel is, as julle dit doen gaan julle nie doodgaan nie, julle gaan soos God wees. Dit was waar genoeg, van daar af is die mens soos God bewus van die verskil tussen goed en sleg, anders as God is die mens wel van daar geneig om te sondig, om verkeer te doen, om te hoop dat hierdie keer se sonde nie so erg gaan wees nie.

Dit is soos die storie van die Trojaanse oorlog. Vir 10 jaar het die mure teen elke aanval staande gebly, die vyand kon nie 'n manier vind om hulle te breek nie. Toe maak hulle 'n mooi hout perd en kruip daar binne in weg en die stad het die perd ingebring en hulle eie vernietiging ingenooi, want dis mooi en nie gevaarlik nie. Sonde lyk nie altyd sleg nie, dit voel nie altyd sleg nie, maar mens weet nie altyd wat die gevolg daarvan gaan wees nie. Ons is baie kere baie erg oor die gevare van buite, die dinge wat groot en sigbaar is en dit is belangrik, maar vir meeste van ons is dit nie 'n probleem nie. Dit is baie keer die klein jakkalsies wat nader aan die huis is wat mens vang. Jesus vertel in Markus 3 dat 'n huis of 'n koninkryk wat verdeeld is nie staande sal bly nie, want dit gaan ditself vernietig. 'n Simpel praktiese voorbeeld is dat ek Desmeber weer 'n driekamp wil doen, dit beteken as my wekker rondom 05:00 lui om te oefen, kan ek nie d**k dis koud en donker so ek kan maar rus nie, luiheid gaan my dalk vandag niks doen nie, maar dit raak dalk net 'n gewoonte en dan is ek nie gereed Desember nie. Sonde word gekeer deur getrou te wees, soos fiksheid kom deur getrou te wees.
In Kolossense vra Paulus van die gemeente daar, maar ook ons vandag om na ons lewens te kyk sodat ons kan sien wat ons eie lewe saboteer. Dit begin altyd by mens self, want die enigste een wat 'n vyand in my lewe kan inlaat is ek self. Soos 'n huis nie verdeeld kan wees en staande bly, kan ek nie verdeeld wees en staande bly nie. As ek heeltyd ruimte maak vir sonde, gaan daar nie plek wees vir die Heilige Gees nie. Dit beteken ek moet bid dat die Heilige Gees my moet wys wat daar in my lewe is wat nie net nou gevaarlik is nie, maar wat dit makliker kan maak vir my om te sondig, dit wat ruimte kan laat dat die duiwel vatplek in my lewe kan kry. Daarna begin mens kyk na mens se huishouding, wat daar is wat dit makliker maak om te sondig en laat die Heilige Gees mens lei om die vyande van binne uit te dryf. So kan mens deur elke deel van mens se lewe gaan en oral waar mens betrokke is en die Heilige Gees vra om mens te help om te kyk wat mens inlaat en mens te help om dit te filter, sodat ons nie in sonde verval, of ons eie vernietiging inbring nie.

Kom ons vra die Here om ons te help om bereid te wees om te luister na die stem van die Heilige Gees, want dis nie altyd baie lekker om te hoor wat ons nie in ons lewe moet toelaat nie. Kom ons vra die Heilige Gees om ons te help om ons lewe te filter. Kom ons bid dat die Heilige Gees in ons gemeente sal werk sodat ons s8al fokus op wat saak maak en ons naby die Here hou. Kom ons bid dat ons land weer een sal wees waar reg geskied deur die werking van die Heilige Gees

Pinkster aanddienste vanaf Sondag 17 Mei tot en met 20 Mei elke aand om 18:30. Almal welkom.
07/05/2026

Pinkster aanddienste vanaf Sondag 17 Mei tot en met 20 Mei elke aand om 18:30. Almal welkom.

05/05/2026

Gedenkdiens - Pieter Jamneck

Address

25 Vleistraat
Carletonville
2499

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00

Telephone

+27187886495

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Oberholzer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Oberholzer:

Share