12/07/2026
So het ons aan die einde gekom van ‘n era, maar is ook opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat voorlê
NG Kerk Zwaanswyk & NG Kerk Constantia ontbind en smelt saam van die 1ste Augustus 2026 om een nuwe Geloofsgemeenskap te vorm. Ons dank ons Hemelse Vader vir Sy leiding in hierdie tyd en bid saam oor die nuwe pad waarop Hy ons gaan lei.
Dienste sal voortgaan by Constantia se gebou, maar die Kerk kantoor sal steeds oop bly vir tyd en wyl by NG Zwaanswyk se gebou.
Bid saam met ons vir die proses vorentoe🙏