NG Kerk Goodwoodpark

NG Kerk Goodwoodpark Die gemeente van die NG Kerk Goodwoodpark bedien hoofsaaklik die Goodwoodpark area.

Ons is egter 'n familie-gerigte gemeente waar oud en jonk in 'n wye spektrum van bedieninge hulself kan tuis vind.

Ons 60 plussers het weer lekker saam gekuier. Die jonges van dae se breine word aktief gehou met woordspeletjies! Tee/ko...
03/09/2026

Ons 60 plussers het weer lekker saam gekuier.

Die jonges van dae se breine word aktief gehou met woordspeletjies!

Tee/koffie en natuurlik eetgoed bly nooit agter nie.

Dankie Jo-ann Gericke vir neem van fotos.

Iets besonders en Heilig gebeur as gelowiges saam die Here aanbid met lofprysing en egte gewone mense kom vertel waar hu...
27/08/2026

Iets besonders en Heilig gebeur as gelowiges saam die Here aanbid met lofprysing en egte gewone mense kom vertel waar hul die Here ervaar.

Almal welkom!!
Deure maak 17:45 oop en ons begin 18:00.
Mammas klein besige handjies is ook welkom!

21/08/2026

Almal welkom!!!
28 Augustus 2026
Deure maak 17:45 sodat ons lekker saam koffie kan drink en 18:00 begin ons tot 20:00
Kom luister na gewone mense soos ek en jy waar hulle die Here ervaar het.

216 Townsendstraat, Goodwood (skuins oorkant Glenwood Spar)

21/08/2026
Leierskap Netwerk-samekoms Vanaand het ons dievoorreg gehad om ’n besonderse leierskap-netwerksamekoms by NGK Parow Welg...
19/08/2026

Leierskap Netwerk-samekoms

Vanaand het ons die
voorreg gehad om ’n besonderse leierskap-netwerksamekoms by NGK Parow Welgelegen by te woon, saam met ander gemeentes en lede van ons gemeenskap.

Dit was ’n heerlike aand van saamkuier met 'n koffie in die hand, nuwe mense ontmoet en waardevolle gesprekke gedeel terwyl ons ons netwerke uitgebrei het.

Die aand is verder verryk deur ’n tyd van "praise & worship" met die mooiste lofprysing liedere en natuurlik die "band" se prag-sang van NGK Parow Welgelegen, waarna ons saam na ’n video-aanbieding van Global Leadership geluister het oor leierskap en die rol wat elkeen van ons kan speel.

Een van die gedagtes wat veral by ons gebly het, was dat ons nie noodwendig ’n legende hoef te wees nie.

Miskien is die belangriker vraag:
“Vir wie wil jy ’n legende wees?”

’n Herinnering dat leierskap nie altyd oor groot titels, posisies of prestasies gaan nie, maar oor die verskil wat ons in ander mense se lewens kan maak — daar waar ons is, met dit wat ons het.

Dankie aan NG Kerk Parow-Welgelegen vir die gasvryheid en vir ’n aand vol inspirasie en geloof.

Ons sien uit na die pad vorentoe en die geleenthede om saam ’n verskil te maak!

Kerk en bewaarskool vat hande.’n Groot groep gemeentelede het op Donderdag 6 Augustus 2026 ons bewaarskool besoek. Die s...
06/08/2026

Kerk en bewaarskool vat hande.

’n Groot groep gemeentelede het op Donderdag 6 Augustus 2026 ons bewaarskool besoek. Die skoolhoof het vertel waarmee die skool besig is en hoe belangrik die verhouding tussen die kerk en die skool vir ons buurt is.

Ons het heerlik geluister hoe die kinders sing, waarna Kreatiewe Hande 180 wolballetjies aan hulle oorhandig het.

Die bewaarskool is ’n belangrike bedieningsveld. Ons wil as kerk en skool al hoe meer hande vat om God se koninkryk in ons buurt sigbaar te maak.

Address

216 Townsend Street
Cape Town
7460

Opening Hours

Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Sunday 09:30 - 10:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Goodwoodpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Goodwoodpark:

Shortcuts

Share