07/09/2026
HANDELINGE 2:38-41 AFR53
[38] En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. [39] Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. [40] En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. [41] Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.
https://bible.com/bible/5/act.2.38-41.AFR53
Môre mooi kind van God. Neem hierdie Woord aan en laat jou doop. HANDELINGE 16:31 Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Mooi dag.
Past Zack
Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.