26/07/2026
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om die waarheid te onderrig, dwaling te bestraf, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die mens wat aan God behoort, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”
2 Timoteus 3:16-17
Die Bybel is nie net bedoel om gelees te word nie, maar om verstaan en uitgeleef te word.
By Woordskool gaan jy leer:
• Hoe om die Bybel reg te lees.
• Hoe om die konteks te verstaan.
• Hoe om moeilike gedeeltes te interpreteer.
• Hoe om God se Woord met vertroue in jou daaglikse lewe toe te pas.
Of jy nuut in die geloof is of al jare saam met Jesus stap, hierdie Bybelstudie sal jou toerus om self die Skrif met groter begrip en selfvertroue te bestudeer.
📅 Woensdae | 19:00
📍 Begin 29 Julie
📖 Ons begin met die boek Handelinge
🙌 Almal is welkom!
⚠️ Waarskuwing: Langdurige blootstelling aan God se Woord kan lei tot ’n lewe wat permanent verander word. Newe-effekte sluit in: liefde vir Jesus, ’n honger vir die Bybel en die onvermoë om verse buite konteks aan te haal. 😉🔥
https://chat.whatsapp.com/C8pVllrt4kz6DsjVi7CkdT?s=cl&p=i&ilr=4