EG Kerk Tygerberg

EG Kerk Tygerberg Dat elke mens op Aarde Jesus se weg kan ken, onder al die nasies Sy Verlossing

Live Streaming:
http://www.egk-tygerberg.co.za/live/

Wat ñ groot seën dat die Here ons toerus en instaat stel om die Goeie Nuus te versprei! U wil nie hierdie kosbare kursus...
11/02/2026

Wat ñ groot seën dat die Here ons toerus en instaat stel om die Goeie Nuus te versprei! U wil nie hierdie kosbare kursus misloop nie! 🙏

Hierdie Sondag begin ons verootmoedigingsreeks.’n Tyd om saam te kom, te luister en onsself voor die Here te verootmoedi...
02/02/2026

Hierdie Sondag begin ons verootmoedigingsreeks.
’n Tyd om saam te kom, te luister en onsself voor die Here te verootmoedig. Enigeen is welkom.
Ons vra dat jy saam met ons sal bid dat die Here hierdie geleentheid ryklik sal seën.

Heerlike staptog by Pipe Track 🙏 Wat ’n voorreg om saam te kon stap en tyd in God se skepping deur te bring 🌄 Elke tree ...
31/01/2026

Heerlike staptog by Pipe Track 🙏 Wat ’n voorreg om saam te kon stap en tyd in God se skepping deur te bring 🌄 Elke tree was ’n herinnering aan Sy grootheid, Sy sorg en die seën van gemeenskap. Dankbaar vir hierdie spesiale saamwees 🙏

Ons sien uit om jou daar te sien 🤩🥳
22/01/2026

Ons sien uit om jou daar te sien 🤩🥳

Geseënde nuwe jaar aan elkeen! 🥳🙏 Ons nooi julle graag om saam met ons deel te word van vanjaar se Bybelleesprogram. Die...
01/01/2026

Geseënde nuwe jaar aan elkeen! 🥳🙏 Ons nooi julle graag om saam met ons deel te word van vanjaar se Bybelleesprogram. Die Spreek Here-app is opgedateer, en dit gee ons weer die geleentheid om elke dag op ’n besondere manier saam in God se Woord te wandel.

Elke dag van die week fokus ons op ’n ander tipe Bybelboek:
Sondag – Die Wet
Maandag – Geskiedenis
Dinsdag – Psalms
Woensdag – Poësie
Donderdag – Profete
Vrydag – Evangelies
Saterdag – Sendbriewe

Mag hierdie daaglikse lees ’n stil plek wees waar julle bemoedig word en die Here se stem opnuut hoor.

Laai gerus die Spreek Here-app op die Play Store af deur die volgende skakel te gebruik, en stap saam met ons hierdie geloofspad. 🙏

https://egk-tygerberg.co.za/spreek-here/

Kom sluit 2025 saam met ons af en verwelkom 2026 met ’n vol maag, warm kole en heerlike geselskap.Ons Oujaarsdiens begin...
29/12/2025

Kom sluit 2025 saam met ons af en verwelkom 2026 met ’n vol maag, warm kole en heerlike geselskap.
Ons Oujaarsdiens begin om 18:45, gevolg deur ’n gesellige oujaarsbraai. 🔥🥩 Sien jou daar!

U word hartlik uitgenooi na ons Christusfeesdiens hierdie Donderdagoggend om 08:45 🙏
23/12/2025

U word hartlik uitgenooi na ons Christusfeesdiens hierdie Donderdagoggend om 08:45 🙏

Almal is welkom! Ons sien uit om dié betekenisvolle dag saam met julle te herdenk 🙏
10/12/2025

Almal is welkom! Ons sien uit om dié betekenisvolle dag saam met julle te herdenk 🙏

Die feestyd is uiteindelik hier! 🎄✨ Min dinge is so kosbaar soos ’n aand gevul met pragtige kersliedere. Kom sing saam w...
27/11/2025

Die feestyd is uiteindelik hier! 🎄✨ Min dinge is so kosbaar soos ’n aand gevul met pragtige kersliedere. Kom sing saam waar ds. Jurgens Prinsloo ons gaan lei, en laat ons harte en stemme saam opklink tot eer van die Here. Ons kan nie wag om dit saam met julle te beleef nie. Sien julle daar! 🎶🙏✨

’n Jaar vol genade lê agter ons, en ons kan nie wag om dit saam met julle af te sluit nie. 💫 Daar wag goeie geselskap, l...
12/11/2025

’n Jaar vol genade lê agter ons, en ons kan nie wag om dit saam met julle af te sluit nie. 💫 Daar wag goeie geselskap, lekker kos en mooi herinneringe. 💛
Moenie dit misloop nie! 🎉

Wil jy regtig meer tyd in die Woord spandeer? 🙏Hier’s jou kans! Hierdie app gee vir jou ’n maklike Bybellees-plan - jy v...
06/10/2025

Wil jy regtig meer tyd in die Woord spandeer? 🙏
Hier’s jou kans! Hierdie app gee vir jou ’n maklike Bybellees-plan - jy volg net die pad.
Bly op koers. Bou dissipline. Groei in geloof. 🌱
Laai nou af en begin vandag!

https://egk-tygerberg.co.za/spreek-here/

Goeiemiddag vriende, kom geniet hierdie geleentheid DV Vrydag om 18:30 in die kerksaal🥳Toegang is gratis en elkeen bring...
22/09/2025

Goeiemiddag vriende, kom geniet hierdie geleentheid DV Vrydag om 18:30 in die kerksaal🥳
Toegang is gratis en elkeen bring sy eie piekniekmandjie 🙏🏼
Daar sal ń vrywillige offergawe opgeneem word vir Barneace aan die einde van die aand🙌🏼

Address

1 Deodar Street, Loevenstein
Bellville
7530

Opening Hours

Monday 19:00 - 20:30
Wednesday 10:00 - 11:00
Sunday 09:45 - 11:00
17:45 - 20:00

Telephone

021 913 1032

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Tygerberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to EG Kerk Tygerberg:

Share