Beleef Gemeente

Beleef Gemeente Ons is 'n Afrikaanse gemeente wat passievol brand vir Jesus Christus.

Ons het 'n doelgedrewe fokus op Christosentriese prediking, lewendige aanbiddig en aktiewe kinderkerk. Beleef Gemeente
First National Bank
Rek: 63097543087
Tak: 210835
Swift code: FIRNZAJJ

Kontak ons by [email protected]

Ons kan baie mooi oor liefde praat. Johannes vra iets eenvoudiger: Wat gebeur wanneer die behoefte reg voor my staan? Ge...
12/09/2026

Ons kan baie mooi oor liefde praat. Johannes vra iets eenvoudiger: Wat gebeur wanneer die behoefte reg voor my staan? Geloof wat nie wegkyk nie, gee liefde hande en voete.



Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

“Ek glo in God… maar maak my geloof rêrig ’n verskil?”Ek gaan kerk toe. Ek bid. Ek ken die regte antwoorde maar partykee...
11/09/2026

“Ek glo in God… maar maak my geloof rêrig ’n verskil?”

Ek gaan kerk toe. Ek bid. Ek ken die regte antwoorde maar partykeer sien ek iemand wat hulp nodig het en dink:
“Ek het net nie nou tyd hiervoor nie.”
“Iemand anders sal seker help.”
“Ek kan tog nie almal se probleme dra nie.”

Diep binne jou wonder jy dalk: Hoe lyk geloof wat nie net iets is wat ek sê nie, maar iets wat mense rondom my kan voel?

Hierdie Sondag praat ons oor geloof wat ’n verskil maak. Nie net daar buite nie. Reg langs jou.

📍 Sondag | 09:00
📍 Hoërskool Alberton

Kom sit saam. Hierdie een kan dalk verander hoe jy Maandag na die mense rondom jou kyk.

Ons dink maklik aan gee as iets wat ons beplan. Maar soms kom die geleentheid om lief te hê as ’n onderbreking. Wat as G...
11/09/2026

Ons dink maklik aan gee as iets wat ons beplan. Maar soms kom die geleentheid om lief te hê as ’n onderbreking. Wat as God vandag in iets onverwags op jou agenda verskyn?



Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

B E L E E F  G O L F D A GJOU VIERBAL KAN MEER DOEN AS NET ’N GOEIE DAG OP DIE BAAN.Beleef Gemeente bied ’n Gholfdag ten...
10/09/2026

B E L E E F G O L F D A G

JOU VIERBAL KAN MEER DOEN AS NET ’N GOEIE DAG OP DIE BAAN.

Beleef Gemeente bied ’n Gholfdag ten bate van sending aan, en ons soek spelers, borge en pryse!

🏌️ R2 500 per vierbal, met 2 gholfkarretjies ingesluit
⛳ R2 000 om ’n putjie te borg
🏆 Besighede kan ook pryse of produkte borg

📍 Reading Country Club, Alberton
📅 Vrydag, 23 Oktober 2026
⏰ 09:30 Sh***un Start

Kry jou vierbal bymekaar. Kry jou besigheid betrokke. Kom speel vir iets groter as net ’n telling op die scorecard.

👉 SKRYF HIER IN:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScOrYtEO7XSwgLh0yCcJO8HR_0jc5mtUpu_o5HGhu335_f8tA/viewform

’n Terugblik na verlede SondagOns het gepraat oor iets wat ons almal raak. Hoe hanteer ons mense wat anders dink as ons?...
10/09/2026

’n Terugblik na verlede Sondag

Ons het gepraat oor iets wat ons almal raak. Hoe hanteer ons mense wat anders dink as ons? Eenheid beteken nie ons moet oor alles saamstem nie. Dit gaan oor hoe ons mekaar hanteer wanneer ons nié saamstem nie. Jesus is groter as dit waaroor ons verskil.

Ons hoef nie mense af te skryf net omdat hulle anders dink nie. Ons kan luister, liefhê en steeds familie bly.

🎥 Het jy die boodskap gemis of wil jy die Ruimte Ritmes-reeks inhaal?

https://youtu.be/ZXAMH9kpluU?si=M5BV_sBcTRFq8QZf

Ons kyk maklik na wat ander mense het en dink: “Ek het nie veel om te bied nie.” Maar God vra nie eerste wat jy nié het ...
10/09/2026

Ons kyk maklik na wat ander mense het en dink: “Ek het nie veel om te bied nie.” Maar God vra nie eerste wat jy nié het nie. Hy begin dikwels met dit wat Hy reeds in jou hand geplaas het. Wat het jy ontvang wat iemand anders kan dien?



Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

Selfs die vroeë kerk het mense misgekyk. Maar toe iemand dit uitwys, het hulle nie verdedig, verskonings gemaak of wegge...
09/09/2026

Selfs die vroeë kerk het mense misgekyk. Maar toe iemand dit uitwys, het hulle nie verdedig, verskonings gemaak of weggekyk nie — hulle het geluister en iets daaraan gedoen. Geloof wat nie wegkyk nie, is bereid om sy blindekolle raak te sien.



https://youtu.be/uikc4mvsj2Q https://youtu.be/BSJHLRNiHfM

Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

Vir die skare was Bartimeus ’n steurnis. Vir Jesus was hy ’n mens. Vandag kyk ons na twee eenvoudige woorde wat iets bes...
08/09/2026

Vir die skare was Bartimeus ’n steurnis. Vir Jesus was hy ’n mens. Vandag kyk ons na twee eenvoudige woorde wat iets besonders van Jesus se hart wys: Jesus gaan staan.



Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

Wat beteken dit om ’n geloof te hê wat nie wegkyk nie? Hierdie week ontdek ons hoe geloof in Jesus sigbaar word wanneer ...
07/09/2026

Wat beteken dit om ’n geloof te hê wat nie wegkyk nie? Hierdie week ontdek ons hoe geloof in Jesus sigbaar word wanneer dit begin raakvat aan die gewone mense en behoeftes rondom ons. Vandag begin ons by ’n eenvoudige maar ongemaklike vraag: Kan mense sien wat ek glo?



Dankie dat jy saam kyk en saam BELEEF! Asseblief los vir ons n "co...

S O N D A G“Hoekom moet ék altyd die groter persoon wees?”“Ek stem net nie met hulle saam nie.”“Hoekom moet alles ’n arg...
06/09/2026

S O N D A G

“Hoekom moet ék altyd die groter persoon wees?”

“Ek stem net nie met hulle saam nie.”
“Hoekom moet alles ’n argument word?”
“Kan ons nie verskil sonder dat iemand kwaad raak, skinder of jou afskryf nie?”

Dalk is jy moeg daarvoor dat elke verskil ’n geveg moet word. Dalk wil jy net weet hoe om by jou oortuiging te staan, sonder om mense in die proses te verloor.

Wat as ons kan verskil… en steeds aan dieselfde tafel kan sit?

Hierdie gesprek is dalk presies wat jy nodig het.

🎥 Kyk aanlyn:
https://youtu.be/ZXAMH9kpluU?si=M5BV_sBcTRFq8QZf

PREEK NOTA - https://bit.ly/4h9H27QBaie welkom by ons aanlyn bood...

Address

35 Phantom Road
Alberton
1449

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Beleef Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share