Gereformeerde Kerk Alberton-Wes

Gereformeerde Kerk Alberton-Wes Gereformeerde Kerk Alberton-Wes:
Ons het elkeen 'onsestorie', maar het iets besonders in gemeen. On

19/08/2026

Hier is ook n video van die paar lekker oomblikke van die Biltong aand💯

🎉 Wat ’n ongelooflike Biltong & Veiling Aand! 14 Augustus 2026.Ons Biltong & Veiling Aand was ’n reuse sukses, en ons ha...
19/08/2026

🎉 Wat ’n ongelooflike Biltong & Veiling Aand! 14 Augustus 2026.

Ons Biltong & Veiling Aand was ’n reuse sukses, en ons harte is sommer vol! ❤️ Dit was ’n aand van lekker kuier, heerlike biltong proe, goeie musiek, baie lag en natuurlik ’n veiling wat vir groot pret gesorg het.

’n GROOT dankie aan elke persoon wat die aand saam met ons kom geniet het, asook almal wat gehelp, geskenk, geborg en ondersteun het. Sonder julle sou hierdie fondsinsameling nie moontlik gewees het nie.

Ons is ongelooflik dankbaar vir ’n gemeenskap wat so lekker kan saamstaan én saamkuier. Dankie dat julle gehelp het om die aand so besonders en suksesvol te maak! 🙏

Goeie Middag Gemeente✨️Hier is sover n klein lusmaker lys van items wat by die Biltong Aand se veiling sal wees om op te...
14/07/2026

Goeie Middag Gemeente✨️
Hier is sover n klein lusmaker lys van items wat by die Biltong Aand se veiling sal wees om op te bie:

*Eetgerei stel
*2 Parkerings by kerk
*Wortel koek
*Sjokolade koek
*Kaaskoek
*Mid week weg by Dinokeng
*Naweek weg by n wildsplaas
*Skilderye-Groot en klein
*Craft beer hamper
*Ultra Strong Rip stop bag
*Alkoholiese verversing Hampers
*Verskeie ander Hampers
*Biltong droer

Vir Besprekings volg asb die link.

Groete Fondsinsamelings Span

Welkom by ons fondsinsamelings Biltong- en Veilingaand! Datum: Vrydag 14 Augustus 2026 Tyd: 18h30 vir 19h00 Plek: Meyers Plaas, Fore Street, IR 106 Klipreviers Road, Alberante, Alberton, 1449 📞 Navrae en Besprekings: André – 082 090 7137 Maré - 082 785 1404 Linda - 082 821 8533 Voltooi assebl...

Goeie More Gemeente😁Ons nooi graag almal uit om ons fondsinsamelings aand by te woon op 14 Augustus 2026, om 18h30 vir 1...
08/07/2026

Goeie More Gemeente😁

Ons nooi graag almal uit om ons fondsinsamelings aand by te woon op 14 Augustus 2026, om 18h30 vir 19h00 by die Meyers Plaas in Alberton

Nooi asb jou hele gesin, vriende en familie en ook sommer jou buurman of buurvrou

Wat om na uit te sien:😁

*Proe verskillende tipes Biltong.
*Unieke items gaan opgeveil word.
*Professionele afslaer.
*Broodjies en Smere word ook bedien.
*Musiek vermaak ,Pa en Dogter Duo.
*Ingang R150 pp, L/s kinders R80, Kleuters is Verniet.
*Tafels van 10 persone kan bespreek word.
*Droe Wit en Rooiwyn te koop op die aand.
*Kaartfasiliteit is beskikbaar.
*Onkoste sluit in biltong proe, eet happies en eie drankie mandjie.
*Gesellige kuier aand saam vriende en familie.

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdIrIjMhxFgYbht_plVIKXoSwL8FFlH0N9HCKj3aV_c43VlUQ/viewform

Goeie Middag. Die Diakonie vra asb vir die volgende skenkings vir die Manna Projek vir Julie maand. Alle donasies kan in...
29/06/2026

Goeie Middag. Die Diakonie vra asb vir die volgende skenkings vir die Manna Projek vir Julie maand. Alle donasies kan in die kos en klere boks geplaas word in die saal. Ons waardeer elke skenking opreg en dit maak ons harte ongelooflik vol om te weet ons kos kas dien sy doel🙏🏻💫Liefde die Diakonie

Kom kuier saam by ons heerlike Biltong- en Veilingaand! Geniet 'n aand vol smaaklike biltong, lekker geselskap en 'n opw...
26/06/2026

Kom kuier saam by ons heerlike Biltong- en Veilingaand! Geniet 'n aand vol smaaklike biltong, lekker geselskap en 'n opwindende veiling – alles ten bate van GK Alberton-Wes se fondsinsameling. Bring jou familie en vriende en kom ondersteun ons gemeente terwyl julle 'n gesellige aand saam geniet. Besprekings kan gedoen word by Mare of Linda, of maak gerus gebruik van die Google-vorm om jou plek te bespreek. Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom! 💛https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdIrIjMhxFgYbht_plVIKXoSwL8FFlH0N9HCKj3aV_c43VlUQ/viewform?usp=publish-editor

Ons “Proe Jou Paspoort” gemeente-aksie op 20 Junie 2026 was ’n groot sukses! Gemeentelede het heerlik saam gekuier terwy...
22/06/2026

Ons “Proe Jou Paspoort” gemeente-aksie op 20 Junie 2026 was ’n groot sukses! Gemeentelede het heerlik saam gekuier terwyl hulle die wêreld deur verskillende lande se smaaklike happies ontdek het. Daar was baie lag, gesels en genietery, en die gees van saamwees was duidelik sigbaar. Baie geluk aan Duitsland, wat as wenner van die stalletjies aangewys is! Dankie aan elkeen wat deelgeneem, voorberei en bygedra het om hierdie besondere aksie so onvergeetlik te maak. 🌍✈️🥨

10/06/2026

Proe jou Paspoort, wat om te verwag: Hoe gaan dit werk? *Stap 1:* Koop jou Paspoort. R60 per persoon. Dit sluit jou Instapkaart/ “boarding pass” in. (eetkaartjies per persoon, elke kos item kos R10) koffie en Koeldrank is R20 elk
*Stap 2:* Kies ‘n stalletjie en koop (Besoek). *Uitdaging:* Maak jou paspoort vol “stamps” (by elke stalletjie) Hoe? Besoek elke stalletjie (Land)
en antwoord hul vraag! Hoekom? Jy kan beloon word! *Stem vir:* Jou gunsteling stalletjie. Gooi jou paspoort vol "stamps" in die boks. Met ‘n vol paspoort, kan jy iets wen! Kom kuier saam, eet lekker en leer mekaar ken! Betaal op die dag *(KONTANT OF KAART)* . Saterdag, 20 Junie 2026 *(In die saal)* Bespreek jou plek nou! In die saal op die lys of kontak vir Franciska (0825167653)

Ons is dankbaar vir ons gemeente met die skenkings van warm sjokolade en koekies tot kouse. Ons Susters het op Woensdag ...
10/06/2026

Ons is dankbaar vir ons gemeente met die skenkings van warm sjokolade en koekies tot kouse.
Ons Susters het op Woensdag 3 Junie by die Hamlet Foundation gaan kuier om die skenkings af te lewer. Ons is ontvang met warm harte en ook bederf met ‘n lekker middagete saam met hulle.
Dit was ‘n besonderse ervaring en dit is met dankbaarheid wat ons as gemeente hierdie klein gebaar kon toon.✨️🙏🏼🌿

Nagmaalete-Bring en Braai 31 Mei 2026🙏🏼
02/06/2026

Nagmaalete-Bring en Braai 31 Mei 2026🙏🏼

Address

Cnr Phantom & Kipling Street
Alberton
1449

Opening Hours

09:00 - 10:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Alberton-Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gereformeerde Kerk Alberton-Wes:

Share