19/10/2026
Gister het ons ’n nuwe rekord opgestel met die meeste bokse wat ons nog aan Operation Christmas Child geskenk het... 😱 Ons het altesaam 190 bokse gepak! 🥳
Ons pakdag gaan altyd gepaard met ’n dag wat gefokus is op die kindertjies in die gemeente, insluitend ’n tee met ’n kinderpartytjie-tema! Jonk en jonk van gees kon dit almal saam geniet en lekker saamkuier terwyl ons die bokse pak.
Baie, baie dankie aan elkeen wat goedjies geskenk het, ’n boks gepak het en agter die skerms gehelp het om hierdie aksie ’n groot sukses te maak! 🤩