Perth Afrikaanse Kerk van Outreach WA

Perth Afrikaanse Kerk van Outreach WA Gereformerde Afrikaanse Eredienste in Clarkson. Elke Sondag om 9:30 v.m. by die Clarkson SDA gebou.

Baie geluk aan Jean-mari en Joshua Arundell met hul troue die afgelope naweek op Geraldton! Mag jul vele gelukkige en ge...
23/07/2026

Baie geluk aan Jean-mari en Joshua Arundell met hul troue die afgelope naweek op Geraldton! Mag jul vele gelukkige en gesëende jare saam hê.

Baie geluk ook aan ouers Jan en Ronel en ouma Joey met die byvoeg van ‘n nuwe seun and kleinseun by jul familie.

Amptelik nou oor halfpad deur 2026! Hierso is waar ons hierdie maand dienste gaan hou op die platteland van Wes Australi...
02/07/2026

Amptelik nou oor halfpad deur 2026! Hierso is waar ons hierdie maand dienste gaan hou op die platteland van Wes Australië.

As jy jouself vind op enige van hierdie dorpe of iemand ken in die area, nooi ons jou graag uit om die dienste by te woon!

Ons het verlede Sondag die heel eerste diens gehou op ons nuutste bedieningspunt, Dalwallinu! 🎉 Ds Gawie en Ds Marius he...
30/06/2026

Ons het verlede Sondag die heel eerste diens gehou op ons nuutste bedieningspunt, Dalwallinu! 🎉 Ds Gawie en Ds Marius het die diens waargeneem terwyl Tannie Wilna en Marli ’n lessie aangebied het vir die kinderjies. Na afloop van die diens het almal lekker saam gekuier en mekaar geleer ken.

Ons dank die Here vir hierdie nuwe bedieningspunt en die mense wat Hy byvoeg aan ons geloofsfamilie.

Ons volgende erediens op Dalwallinu gaan die 9de Augustus wees en ons nooi graag almal in die area uit op die diens by te woon!

Baie geluk aan Wynand van Staden, ⁠Riaan Koekemoer en Tertia van den Berg wat gister as kerkraadslede bevestig is tydens...
08/06/2026

Baie geluk aan Wynand van Staden, ⁠Riaan Koekemoer en Tertia van den Berg wat gister as kerkraadslede bevestig is tydens die erediens.

Baie geluk met julle bevestiging! Ons bid dat die Here julle en julle werk op die kerkraad sal seën.

Met Junie wat so pas afgeskop het en die koue van die winter al begin afsak, deel ons graag met jou ons plattelandse pre...
05/06/2026

Met Junie wat so pas afgeskop het en die koue van die winter al begin afsak, deel ons graag met jou ons plattelandse preekrooster vir hierdie maand. Ons is ook baie opgewonde dat Junie ook die begin bring van ons nuutste bedieningspunt, Dalwallinu! 🎉 Ds Gawie gaan die heel eerste diens daar lei aan die einde van die maand.

As jy in die omgewing van enige van hierdie dorpe bly, jou daar bevind, of dalk iemand ken, dan nooi ons jou graag uit om die dienste by te woon.

Vir meer inligting oor enige van die dienste, stuur vir ons 'n e-pos na [email protected] of 'n private boodskap via Messenger.

Ons uitreik na Bali is goed aan die gang waar die res van die span veilig by Ds Gawie en Wilna aangesluit het Saterdagog...
28/05/2026

Ons uitreik na Bali is goed aan die gang waar die res van die span veilig by Ds Gawie en Wilna aangesluit het Saterdagoggend. Hul uitreik het Sondag afgeskop met die viering van Pastoor Nala se gemeente se 21ste verjaarsdag. Daar het hulle saam met sy gemeentelede aanbid, saam geeët en ‘n kinderbeidning aan gebied.

Maandag is gefokus op barmhartigheidswerk en getuienis lewer, waar die groep ’n tronk, ’n sorgsentrum vir 60 spesiale-behoeftes kinders en ’n ouetehuis besoek het.

Dinsdag is 170 kinders by ’n Christelike skool in Tabanan met geestelike aktiwiteite bereik, waarna die span Pastoor Nala se dissipelskap-studente ontmoet het en die aand afgesluit het met ’n vroueseminaar.

Woensdag het die span na Bedugul gereis, waar Pastoor Markus onder die Hindoe-gemeenskap werk. Hier het die span ‘n kinderbediening aangebied en kospakkies uitgedeel aan die gemeenskap.

Ons uitreik span getuig van die verhoudinge wat hulle bou en die teenwordigheid van die Here wat hulle beleef deur te werk onder die gemeentes in Bali. Die span het nog ‘n paar dae oor van hul tyd in Indonesië en sal DV Sondag weer terug vlieg Perth toe. Bly steeds bid vir hul werk daar en dat dit tot seën en uitbreiding van God se koninkryk sal wees.

Ds Gawie en Wilna van der Merwe het verlede Maandag vertrek na Bali as deel van ons jaarlikse uitreik. Daar het hulle aa...
26/05/2026

Ds Gawie en Wilna van der Merwe het verlede Maandag vertrek na Bali as deel van ons jaarlikse uitreik. Daar het hulle aangesluit by Pastoor Nala en Pastoor Natangsa in Karangasem om onder die gelowiges en die plaaslikke gemeenskappe te begin werk. Karangasem is ongeveer 3 ure se ry oos van Denpasar, die meer toeristegebied van Bali. Hier het die GKKI onlangs ‘n nuwe bedieningspunt begin en het Ds Gawie en Wilna die week gespandeer om:

✝️‘n Kinder byeenkoms aan te bied vir ongeveer 50 Hindoe kinders waarvan die meeste nog nooit ‘n Bybel gesien het nie

✝️‘n “Fellowship” geleentheid aan te bied waar getuienisse gedeel was en die Woord verkondig is. In die groep was daar ‘n groot aantal Hindoe volwassenese wat vir die eerste keer die verlossings boodskap gehoor het

✝️Kos pakkies uit te deel vir die armes in die gebied

Die res van die uitreik span het Saterdag aangesluit aan by Ds Gawie. Van daar af gaan die groep ‘n verdere 9 dae onder die gemeenskappe en kerke van Bali spandeer.

21/05/2026

In ’n wêreld waar hoop maklik gesteel word, herinner die Heilige Gees ons dat ons nooit alleen is nie—Hy tel ons op wanneer ons val, dra ons in swaarkry en bring ons naby aan die Vader se hart. Ware hoop lê nie in omstandighede nie, maar in God se teenwoordigheid deur Sy Gees wat in ons woon.

Kom luister na hierdie bemoedigende boodskap en ontdek hoe die Heilige Gees jou met nuwe hoop, troos en krag wil vul!

Skriflesing: Johannes 16:5-11 en Romeine 8:18-30

Address

7 Ainsbury Parade
Perth, WA
6030

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Perth Afrikaanse Kerk van Outreach WA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Perth Afrikaanse Kerk van Outreach WA:

Shortcuts

Share

Category