Jesus Strong Project

Jesus Strong Project Boxes filled with small practical items, each one personal, each one different, each one an expression of Jesus's love and kindness.

Changing lives one box at a time, leading people to Jesus, one box at a time.

🌧️❤️ Worcester het ons hulp nodig ❤️🌧️Baie families het alles verloor in die vloede. Ons vra asseblief vir donasies van ...
13/05/2026

🌧️❤️ Worcester het ons hulp nodig ❤️🌧️

Baie families het alles verloor in die vloede. Ons vra asseblief vir donasies van klere vir mans, vroue, kinders en babas.

👕 Mansklere
👗 Vroueklere
🧒 Kinderklere
🍼 Babaklere en benodigdhede

Enige ander donasies soos komberse, kos, toiletware en skoene sal ook baie waardeer word. 🙏

Elke klein bydrae maak ’n groot verskil. Kom ons staan saam vir Worcester in hierdie moeilike tyd. ❤️

Dankie vir elke oop hart en helpende hand. 🤝

Dringend opsoek na warm Dogtertjie klere?
28/04/2026

Dringend opsoek na warm Dogtertjie klere?

Ondersteun ons asb met die volgende projek wat ons saam The Good Samaritan Street Evangelism aanpak. Ons wil 'n verskil ...
24/04/2026

Ondersteun ons asb met die volgende projek wat ons saam The Good Samaritan Street Evangelism aanpak. Ons wil 'n verskil maak, 'n impak in hierdie mense se lewens.

KLEIN GEBAAR....GROOT VERSKIL

Wanneer die son sak en die koue stilletjies insluip, lê daar mense op harde sypaadjies met niks om hulle voete warm te h...
23/04/2026

Wanneer die son sak en die koue stilletjies insluip, lê daar mense op harde sypaadjies met niks om hulle voete warm te hou nie. Waar ons saans onder komberse inkruip, trek hulle hul voete nader aan hul lyf in ’n poging om net ’n bietjie hitte te hou.

Koue voete is nie net ongemak nie — dit is pyn, dit is slapelose nagte, dit is ’n herinnering dat iemand vanaand alleen en kwesbaar is. Elke tree wat hulle deur die dag gee, is op voete wat reeds seer en moeg is.

Maar ’n eenvoudige paar sokkies kan ’n groot verskil maak.

Dit sê: “Jy is raakgesien.”
Dit sê: “Jy is nie alleen nie.”

Dit bring nie net warmte vir die liggaam nie, maar ook hoop vir die hart.

Kom ons wees die hande en voete van Jesus.

Kom ons bring warmte waar daar koue is. ❤️

💛👶 HELP ’N PASGEBORE BABA WARM BLY 👶💛Elke dag word daar babas gebore…maar nie elke mamma het klere vir haar klein bondel...
16/04/2026

💛👶 HELP ’N PASGEBORE BABA WARM BLY 👶💛
Elke dag word daar babas gebore…
maar nie elke mamma het klere vir haar klein bondeltjie vreugde nie.

ONS HET JOU HULP NODIG!

Skenk asseblief:
👶 Newborn klere (0–3 maande)
🧦 Sokkies
🧣 Kombersies

Jou skenking kan ’n mamma se hart aanraak
en ’n baba warm en veilig hou.

Kom ons maak saam ’n verskil.

📞 Kontak:
Leandri Pedersen – 064 505 2372

✨ Gee liefde. Gee hoop. Gee om. ✨

Jesus Strong Diaper Drive is aan die gang.Laat maak jou kar binne skoon, terwyl jy wag kan die kids lekker springkasteel...
31/01/2026

Jesus Strong Diaper Drive is aan die gang.

Laat maak jou kar binne skoon, terwyl jy wag kan die kids lekker springkasteel spring en jy kan 'n worsbroodjie en koeldrank geniet. Bring jou pak doeke, POP 'n ballon en staan 'n kans om lekker pryse te wen. Die Air Fryer is steeds daar. Maak seker jy wen hom vandag nog. Sien julle daar.

AGS Nuwe Lewe Parkeer area.

Kom ondersteun die Diaper drive. Dit is vir "n goeie doel.Bestel jou Boerieroll vandag nog:Leandri Pedersen  064 505 237...
15/01/2026

Kom ondersteun die Diaper drive. Dit is vir "n goeie doel.

Bestel jou Boerieroll vandag nog:

Leandri Pedersen 064 505 2372

10/01/2026

...DIAPER DRIVE... 31 Januarie om 9uur, by AGS Nuwe Lewe.

Bring jou pak doeke, kom "POP" 'n ballon ( wen 'n prys) geniet jou worsbroodjie terwyl jou kar skoongemaak word.

Bestel jou worsbroodjies vandag nog by

Malinda Ferreira +27 84 824 9617
Leandri Pedersen +27 64 505 2372

09/01/2026

Diaper Drive ten bate van NID Bejaarde sorg word gehou die 31ste Januarie.

Bestel jou worsbroodjie, kom tel dit op by AGS Nuwe Lewe terwyl jou kar gewas word.

Onthou jou pak grootmens doeke.

Ons sien uit daarna om julle daar te sien

08/12/2025

Address

Worcester
6850

Telephone

+27645052372

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jesus Strong Project posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Jesus Strong Project:

Share

Category