NG Gemeente Stellastraat

NG Gemeente Stellastraat Ons is 'n NG gemeente in die ooste van Pretoria wat graag waarde wil toevoeg tot ons gemeenskap.

07/09/2026
BLIKKIE- EN KOEKIE Sondag❤Harmonie OordIn oorleg met Harmonie Oord, stel ons moontlike skenkings voor:👉konfyt | grondboo...
06/09/2026

BLIKKIE- EN KOEKIE Sondag

❤Harmonie Oord
In oorleg met Harmonie Oord, stel ons moontlike skenkings voor:
👉konfyt | grondboontjiebotter | mayonnaise | langlewe-melk | suiker | koffie | gewone tee | rys | koekmeel | macaroni | kookolie | kitspappe | hawermoutpap | vleis, groente- en vrugteblikkies | vla

❤ Betsie Dreyer Kombuis
👉Koekies en beskuit verkope

Sondag 6 September se eredienste⏰Fay lei die 08:30 diens uit Markus 4:35-41 en die tema is “In die storms.” 'n Pappa en ...
05/09/2026

Sondag 6 September se eredienste

⏰Fay lei die 08:30 diens uit Markus 4:35-41 en die tema is “In die storms.” 'n Pappa en sy dogtertjie word saam gedoop.

⏰Die 10:00 diens word deur Wouter gelei met die tema “Nogtans”. Die teks gedeelte kom uit Habakuk 3:17-19.

⏰Tydens die 18:00 lees ons ook uit Habakuk 3:17-19. André lei die diens en sy tema is “My kind, jou punte is uitstekend, maar...”

⏰By die 18:00 Stilworddiens in die Kapel is die tema "Om dit buite die beheertoring van sekerheid te waag” aan die hand van Psalm 77 en dié diens word ook deur Fay gelei.

Al was ek nie daar nie▶️Wouter van WykTydens Adventstyd sing ons almal graag die pragtige lied “Al was ek nie daar nie, ...
04/09/2026

Al was ek nie daar nie
▶️Wouter van Wyk

Tydens Adventstyd sing ons almal graag die pragtige lied “Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar.”

In hierdie kort en eenvoudige belydenis gee ons te kenne dat ons die Messias se koms as waarheid omhels; al was ons nie self daar nie. Dit is eintlik ’n onbegryplike diep stelling om te maak - al sing ons dit op ’n eenvoudige kindermelodie. Ons aanvaar ander se getuienis oor die koms van die Messias, selfs al was ons nie daar nie. Ons doen dit omdat ons self iets van hierdie waarheid beleef, al is ons byna 2,000 jaar van die gebeurtenis verwyder.

Die afgelope week, by ’n nasionale NG Kerk-geleentheid bekend as die SAAMkoms, het dominees van reg oor die land vrywillig bymekaargekom. Ekke Wouter was ook daar. Ons het saam aanbid, saam gelag en saam nuwe energie vir elkeen se bediening gekry. Ons ongeveer 650 predikante, diensleraars, tentmakers en bedienaars het weereens erken; Die Here Jesus Christus regeer. Ook in ons kerk.

Ek kon:
👉Inspirasie kry by ’n buurman van Estoire-gemeente in Bloemfontein terwyl hy sy opgewondenheid deel oor ’n sessie wat hy bygewoon het oor kategese.
👉Uit my maag uit lag saam met ’n nuwe vriend, ’n predikant van George, nadat hy homself vermom het as ’n oud-lidmaat wat nou skielik dringend my hulp nodig het.
👉Opgewondenheid sien in ’n dominee uit Jeffreysbaai terwyl hy oor sy gemeente en hulle groei praat. Hy sê: “Die gemeente is verandering-fiks.” (Ek het baie van sy oorspronklike-beskrywende-sê-ding gehou.)

Hierdie is maar net ’n paar voorbeelde van hoe vreemdelinge binne vier dae vir my familie geword het. En dit dek nog nie eens die gesamentlike aanbidding, gesprekke en opbouende sessies wat ek bygewoon het nie.

Ek is deeglik bewus daarvan dat nie almal positief oor die kerk is nie. En ook dat daar op Facebook en Netwerk24 ’n paar negatiewe stemme oor hierdie byeenkoms is. Tog het hierdie stemme een ding in gemeen - hulle was nie daar nie! Ek was! Daarom kan ék getuig wat ék beleef het. Ék weet dit is waar. Jy kán dit maar glo!

Ek het nie mense daar hoor praat asof die kerk klaar is nie. Ek het dankbaarheid gehoor. Ek het optimisme gehoor. Ek het positiwiteit en hoop beleef. En, die getal 650 is nie onbeduidend nie; veral as jy in gedagte hou dat daar tans ongeveer 700 voltydse predikante in die kerk is.

Ek wil jou dus vra: Help my om híérdie waarheid óók oor te dra.

Wanneer mense vir jou vertel dat daar geen hoop vir die kerk is nie, vertel wat jy gesien en gehoor het. Glo die getuienis van dié wat dit beleef het.

🗣️Sing dié liedjie saam met my.
Al was ek nie daar nie,
ek weet dit is waar.
Dis asof die engel
die boodskap nog bring,
van Jesus, sy vrede,
wat harte laat sing.

Groete,
Ds. Wouter

Die duiwel in die drukfout - Gerrie BodensteinDie afgelope week het daar ’n snaakse blaps op ons Facebook advertensie vi...
01/09/2026

Die duiwel in die drukfout - Gerrie Bodenstein

Die afgelope week het daar ’n snaakse blaps op ons Facebook advertensie vir die Bottel en Bordaand ingeglip. Iewers langs die pad het die Bottel en Bord toe skielik ’n “Botter en Bord” geleentheid geword.

As ’n mens d**k aan die derduisende kerkblaadjies wat oor baie jare, week na week, in gemeentes reg oor die land uitgedeel is, is dit seker onvermydelik dat daar nou en dan ’n blaps sou inglip. En party van hulle moes mense behoorlik in die kerkbanke laat giggel. Hier is ’n paar wat ek al teëgekom het:

Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en kom deel in die pret.

Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18:00 daar wees.

Ten tye van die predikant se siekte: Die Here is goed, ons predikant is beter.

Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.

Ons het vanaand ’n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.

Alle vroue lidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir ’n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 19:00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.

Eerskomende Sondag sal daar ’n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.

’n Nuwe luidsprekerstelsel is in die kerk geïnstalleer. Dit is geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou.

Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens.

Dis heerlike lente.....die winter's verby!🌸Op Sondag 30 Augustus vier ons Omgewingsondag tydens die 08:30 en 10:00-diens...
29/08/2026

Dis heerlike lente.....die winter's verby!

🌸Op Sondag 30 Augustus vier ons Omgewingsondag tydens die 08:30 en 10:00-dienste. Na die 10:00-diens is daar roomys vir ons Junior Jeuggroep maats.

🌼Die 18:00-aanddiens is 'n Lentediens in die Lushof, in die buitelug, saam met ons plaaslike Nagapies! Na híérdie diens geniet ons ook ’n bakkie roomys. Tydens elke diens (met die uitsondering van die Stilworddiens) word nagmaal bedien.

Stellastraat se Wegbreeknaweek 😎
23/08/2026

Stellastraat se Wegbreeknaweek 😎

Sondag 23 Augustus se eredienste⏰Gerrie lei die 08:30 diens uit Psalm 124 en die tema is “Ruimte vir lewe.”⏰Die 10:00 di...
22/08/2026

Sondag 23 Augustus se eredienste

⏰Gerrie lei die 08:30 diens uit Psalm 124 en die tema is “Ruimte vir lewe.”

⏰Die 10:00 diens word deur Fay gelei met die tema “Stilte in die hof!” Die teks gedeelte kom uit Miga 6:1-8. Drie seuntjies word ook deur Fay gedoop.

⏰Tydens die 18:00 diens lees ons ook uit Miga 6:1-8. Fay lei ook dié diens en haar tema is “Die beslissing is in.”

⏰By die 18:00 Stilworddiens in die Kapel is die tema "Doen aan ander” aan die hand van Eksodus 1:8 -22 en dié diens word deur Jakkie gelei.

Address

Stellastraat 158
Waterkloof
0081

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00
Sunday 08:00 - 11:00
18:00 - 20:00

Telephone

+27124608570

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Stellastraat posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Stellastraat:

Shortcuts

Share