DieKruis Pretoria

DieKruis Pretoria dieKruis is ʼn nuwe kerkplant vir die stad Pretoria. Bybelsgetroue prediking en lewendige aanbidding gaan jy by ons vind. Skeptiese persone is welkom.

Die Kruis is ʼn nuwe kerkplant (in wording) vir die stad Pretoria. Ons het reeds Kruispunte (kleingroepe) in Silver Lakes, Centurion, Hatfield en die Moot. Mense wat skepties staan teenoor die kerk en geloof is welkom om die Kruis te besoek! Ons is lief vir die stad, ernstig oor gesinne en passievol oor kerkplanting.

“Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem ...
08/09/2026

“Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van God.”

“want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal a...
07/09/2026

“want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.”

04/09/2026

**dieKruis Oosrand: “Loading”

Ons staan nederig stil.

Nie omdat ons iets groot bereik het nie, maar omdat die Here ons weer eens wys: Hy bou Sy kerk. Ons plant nie. Hy laat groei.

Dit is nou amper ’n jaar dat ’n klein groepie weekliks aanlyn bymekaarkom. Ons noem dit eenvoudig "Kruispunte", mense wat nie noodwendig dieselfde dak deel nie, maar dieselfde Here. En tot ons eie verwondering kom ’n groot deel van hierdie groepie uit die Oosrand.

Ons het dit nie so beplan nie. Ons het dit nie verdien nie. Ons is net dankbaar.

As jy in die Oosrand woon, aanlyn inskakel, en op soek is na ’n jong, lewendige, belydende Gereformeerde gemeente wat trots Afrikaans is, kom word gerus deel. Nie omdat ons reeds klaar is nie. Juis omdat ons nog “loading” is. Omdat ons weet ons is afhanklik van die Here vir elke volgende stap.

Jy kan weekliks by ons inskakel hier:
https://www.youtube.com/

As die Here jou hart daarin roer, stuur gerus ’n boodskap. Ons wil jou graag leer ken, sonder druk, sonder groot woorde, net met die evangelie en ’n oop hand.

Soli Deo Gloria.

“Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; geluk...
04/09/2026

“Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!”

“Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat ...
03/09/2026

“Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.”

“Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot v...
02/09/2026

“Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.”

“Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te ...
01/09/2026

“Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.”

“Hoor hoe die Heilig Gees vandag met jou praat. Liewe kind van die Here, hoor: Jy behoort volkome aand God!”
31/08/2026

“Hoor hoe die Heilig Gees vandag met jou praat. Liewe kind van die Here, hoor: Jy behoort volkome aand God!”

“En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees.  En Ek sal seën diege...
31/08/2026

“En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”

Address

4 Daventry Street, Lynnwood Manor
Pretoria
0081

Opening Hours

09:00 - 10:15

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DieKruis Pretoria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to DieKruis Pretoria:

Shortcuts

Share