08/09/2026
Goeiemôre!
God se liefde wat jou soos sonskyn omvou .'n Mooi beeld. Ja, dagbreek met sy sonskyn wat koesterend 'n nuwe dag inlui ná die duisternis van die nag. Dagbreek en sonskyn is sulke mooi goddelike gawes. Ongelukkig is dit so dat ons met verloop van tyd al daaraan gewoond begin raak het... (Mynwerkers wat in ondergrondse skagte dae lank toegeval was, skat egter hierdie liggawes weer na behore!)
Kom ons begin hierdie Dinsdag met 'n herwaardering van ons Vader se mooi gawes van dagbreek en sonskyn. Slegs Hý kan dit skenk. Hy is immers die God van die lig....
' n Mooi helder dag, vol lig en sonskyn, word jou graag toegewens!