NGVishoek

NGVishoek Vir almal wat belangstel om deel te wees van die Gemeente van Christus in Vishoek.

Saggeüs van wie ons in Lukas 19 lees, se naam is afgelei van die Hebreeuse naam "Zakkai", wat rein, onskuldig, skoon en ...
03/09/2026

Saggeüs van wie ons in Lukas 19 lees, se naam is afgelei van die Hebreeuse naam "Zakkai", wat rein, onskuldig, skoon en regverdig beteken. Hy beoefen egter 'n beroep wat deur sy eie volk as onrein, korrup en vervloek beskou is.

In ons reeks oor verskillende Bybelkarakters se ontmoetings met Jesus, gesels ons eerskomende Sondag om 9:00 oor sy radikale besluit om Jesus te volg.

Jy is welkom om te deel in ons aanbidding en groei uit die Woord.

Seën van die Here vir jou.

Eerskomende Sondag om 09:00 kom ons weer met dankbare harte saam om die Nagmaal te vier – ’n besondere geleentheid om st...
26/08/2026

Eerskomende Sondag om 09:00 kom ons weer met dankbare harte saam om die Nagmaal te vier – ’n besondere geleentheid om stil te word, ons geloof te hernu en die liefde en genade van Christus saam te beleef.

Ons sien uit daarna om jou hartlik te verwelkom, hetsy jy persoonlik saam met ons is of van die huis af aanlyn inskakel by www.ngvishoek.co.za.

Kom vier saam met ons aan die tafel van die Here. Ons sien uit om jou daar te ontmoet.

Baie geluk met die ongelooflike mylpaal van 27 jaar se diens by NG Vishoek.  Jy is 'n ware steunpilaar in ons gemeente. ...
21/08/2026

Baie geluk met die ongelooflike mylpaal van 27 jaar se diens by NG Vishoek. Jy is 'n ware steunpilaar in ons gemeente. Ons is dankbaar vir jou deurlopende leiding en toewyding. Ons wens vir jou en Estelle nog baie geseënde jare in ons gemeente toe!

Het jy al ooit gewonder hoe jy tussen al die stemme in die wêreld kan weet watter een om te volg? Jesus sê: “My skape lu...
20/08/2026

Het jy al ooit gewonder hoe jy tussen al die stemme in die wêreld kan weet watter een om te volg?

Jesus sê: “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle en hulle volg My.”

Hierdie Sondag ontdek ons wat dit beteken om Jesus se stem te leer ken, om te weet dat Hy jou werklik ken en om Hom te vertrou wanneer jy nie altyd weet waarheen die pad lei nie.

Kom ontdek saam hoe die Goeie Herder jou ken, jou roep, jou lei en jou veilig in Sy hand hou.

Jy vind ons eerskomende Sondag om 9:00 in-persoon of aanlyn by www.ngvishoek.co.za.

Seën vir jou dag.

Nikodemus was 'n vooraanstaande Joodse leier in Jerusalem. Hy begin in Joh. 3 as 'n geheime bewonderaar wat in die nag n...
13/08/2026

Nikodemus was 'n vooraanstaande Joodse leier in Jerusalem. Hy begin in Joh. 3 as 'n geheime bewonderaar wat in die nag na Jesus toe kom. In Joh. 6 verdedig hy Jesus teen die Fariseërs.

Teen Joh. 19 staan hy openlik op vir Jesus en bring 'n groot hoeveelheid mirre en aalwyn vir sy begrafnis.

Kom dink Sondag saam oor die tema - "Van geheime bewonderaar tot toegewyde volgeling van Jesus."

Ons ontmoet jou Sondag 16 Augustus in-persoon of aanlyn by www.ngvishoek.co.za oftewel ons toepassing.
Seën vir jou dag.

Address

Kommetjieweg 1
Vishoek
7975

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27878221527

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGVishoek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NGVishoek:

Shortcuts

Share