Bet-el Sending Gemeente VGGK - Vanderbijlpark

Bet-el Sending Gemeente VGGK - Vanderbijlpark Bet-el Sending Gemeente
Want hier is God teenwoordig. We are a small Mission Church that loves teaching other about our wonderful God and how much He loves Us.

Meer as 'n kerk, ons is 'n familie.
'n Plek om te behoort, te groei, God te ontmoet en toegerus te word om jou roeping uit te leef. We do this through Dramas, Dances, Music and much much more.

Sondag oggend 9h00. Moenie mis nie.
19/06/2026

Sondag oggend 9h00. Moenie mis nie.

18/06/2026
16/06/2026

Onvoorwaarlike liefde

More skakel in gaan live op facebook 11h00. Dit het lank gevat om die toue te vat en op te staan om te begin praat wat d...
16/06/2026

More skakel in gaan live op facebook 11h00. Dit het lank gevat om die toue te vat en op te staan om te begin praat wat die Here se onvoorwaarlike liefde vir my gedoen het.

16/06/2026

❤️ PILAAR 1
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE

Hierdie week begin ons ons reis deur Bet-el se 7 Pilare.

Ons eerste pilaar is die fondament waarop alles anders gebou word...

❤️ Onvoorwaardelike Liefde

God het ons eerste liefgehad, nog voordat ons Hom gekies het. Daarom behoort ons liefde nie afhanklik te wees van hoe mense ons behandel nie, maar van Wie in ons leef.

Hierdie week nooi ons jou uit om saam met ons stil te staan by 1 Korintiërs 13.

Vra jouself:

❤️ Is my liefde geduldig?

❤️ Is my liefde vriendelik?

❤️ Dra ek God se liefde na die mense rondom my uit?

Mag hierdie week jou herinner dat die grootste bewys van 'n lewe saam met Christus nie net is wat ons sê nie, maar hoe ons liefhet.

"En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde."
1 Korintiërs 13:13

🕊️ Week 1
Bet-el se 7 Pilare
🏠 Want hier is God teenwoordig.

Address

Plot 95, Mullerstuine, Olga Kirsch Street
Vanderbijlpark
1911

Telephone

+27818556455

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bet-el Sending Gemeente VGGK - Vanderbijlpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Bet-el Sending Gemeente VGGK - Vanderbijlpark:

Share