God Se Genade Is Groot

God Se Genade Is Groot God se liefde maak geen uitsondering, moet dus nooit eensaam voel; ongeag wie en wat jy is, sy liefde is ook vir jou bedoel. Psalm 31:17

OUMENSE in die supermark - met hulle moeilike treë en hulle jammer-ons-is-in-die-pad gesindheid as iemand met 'n vinnige...
14/03/2026

OUMENSE in die supermark - met hulle moeilike treë en hulle jammer-ons-is-in-die-pad gesindheid as iemand met 'n vinnige trollie wil verbykom. En toe kom ek by die betaalpunt, agter hierdie oumense, met ou plastieksakke en baie goedkoop produkte - als om die min geld wat hulle het te probeer spaar!
Saam met elke bejaarde wat sterf, gaan daar 'n biblioteek dood. 'n Biblioteek van kennis, ervaring en wysheid.
Hoe is dit dat TWEE ouers (soms EEN) na 'n klomp kinders kon kyk, maar dat 'n klomp kinders nie na twee ouers kan kyk nie.
Besef ons dat ons met ongeduld en frustrasie ons eie ou dag miskyk? Ons sal ook daar kom. Ons sal dalk ook ons ou, gebruikte plastiesakke saamneem om 'n belangrike geldjie te spaar.
Vandag eer ek die bejaardes wat steeds probeer. Ek besef daar stap 'n storie voor my - 'n mens wat ook maar net afhanklik is. Iemand wat jare lank 'n land help bou het, en dalk nou aan die agterspeen suig met hulle karige pensioen. Mans en vroue wat eens trotse voorlopers was, en nou bakhand moet staan en sien hoe 'n jonger generasie nie altyd respek het nie.
Kan ons, in hierdie spesiale week wat voorlê, Christus se lydingsweek, weer werk aan ons deernis, geduld en sommer net waardering van die oom wat dalk stadig voor ons ry, die bejaarde tannie wat in jou pad staan as jy haastig is?
Kan ons dalk kies om só 'n mens te help?
Kan ons weer besef dat wat ookal ons is, wat ookal ons het - dit alles is net genade.🙏

Die dood is seer. Bitter, onvergeeflike seer.Dit kom soos ‘n dief in die nag, stil, onverwags, en neem iemand van jou af...
16/02/2026

Die dood is seer. Bitter, onvergeeflike seer.

Dit kom soos ‘n dief in die nag, stil, onverwags, en neem iemand van jou af wat jy nooit wou verloor nie.
Jy d**k jy kan jou voorberei, maar niemand kan jou voorberei nie. Jy staan daar en jou wêreld breek in stukkies. Alles wat jy was, alles wat jy gehad het, alles wat jy wou hê, verander in een oomblik.

Die verlies vat jou soos ‘n storm. Dis ‘n oop wond wat nie genees nie. Jy probeer dit saamplak, probeer dit bedek, probeer dit stilmaak – maar elke herinnering, elke foto, elke geur, elke lag laat die wond weer oopbars.

Jy d**k dit sal dalk minder seer word, maar dan gebeur iets onverwags en jy voel die pyn weer, harder as ooit. Dis soos ‘n roofie wat jy probeer hanteer, maar dit val van jou af en jy sien die bloed weer vloei. Jy kan nie ontsnap nie. Jy kan nie vergeet nie. Jy kan nie “vooruit beweeg” soos mense sê nie. Jy probeer, maar die hart wat jy verloor het, dra jy vir altyd in jou ribbes.

Jy mag huil. Jy mag skreeu. Jy mag fotos op sit, herinneringe vasdruk, dinge doen wat mense dalk nie verstaan nie. Jy mag kwaad wees, jy mag voel dat die wêreld oneerlik is, dat dit jou gesteel het. Moet nooit iemand vir jou laat sê “dit raak beter” nie – dis ‘n leuen. Dit raak nie beter nie. Jy leer net om saam met die pyn te leef. Jy leer net om deur te beweeg, stukkie vir stukkie.

Jy mag d**k tyd sal alles genees – maar dit doen nie. Tyd is net ‘n saamsteller van herinneringe wat steeds seer doen. Dis ‘n leegte wat nie vul nie. Jou hart, jou siel, jou oë – alles huil nog steeds vir wat jy verloor het.
Jy dra die verlange soos ‘n ketting om jou nek, swaar, koud, onafwendbaar.

Dis die dood se wrede waarheid: jy kom nie oor iemand se dood nie. Jy beweeg aan omdat jy moet, nie omdat jy wil nie. Jy leef vir die wat oorbly, vir die liefde wat nie sterf nie, vir die geheue wat nooit verdwyn nie. Maar die seer bly. Elke dag. Elke nag.

Hemelse Vader....Dankie vir die vreugde wat ek elke dag in U Woord vind. Dankie vir U belofte dat U vir my sal sorg, my ...
16/02/2026

Hemelse Vader....
Dankie vir die vreugde wat ek elke dag in U Woord vind.
Dankie vir U belofte dat U vir my sal sorg, my op my lewenspad sal lei en my suksesvol sal maak.
Amen en Amen🙏

Father, I admit my thoughts are seldom at rest. Even when my body is still, the clamor of to-do lists and “what-ifs” can...
16/02/2026

Father, I admit my thoughts are seldom at rest. Even when my body is still, the clamor of to-do lists and “what-ifs” can feel overwhelming. I’ve been moving so quickly that I’ve forgotten how to simply sit with You.

I’m weary of trying to outrun my own anxiety. Today, I’m choosing a sacred pause. I’m welcoming the silence, even if it feels unfamiliar or uncomfortable at first. I’m realizing that silence isn’t emptiness—it’s space I’m creating so Your voice can become the clearest one I hear.

When panic comes knocking, I want Your peace to be the one that answers. In this stillness, my perspective changes. The giants don’t seem so large when my eyes are fixed on You. Lord, thank You for being my anchor in the midst of the noise. I’m leaning into the quiet, trusting You to realign my heart with Yours.

“Be still, and know that I am God.” (Psalm 46:10)

Goeie nagse Jesus maats. Geniet jul aand verder en lekker slaap en wees veiling asb. Jesus liefde ❤
16/02/2026

Goeie nagse Jesus maats. Geniet jul aand verder en lekker slaap en wees veiling asb. Jesus liefde ❤

Hartroerende verhaalJulle MOET dit lees 😢PA EN DOGTER DAGVol bravade stap die graad 1 dogtertjie vorentoe in die klaskam...
16/02/2026

Hartroerende verhaal
Julle MOET dit lees 😢

PA EN DOGTER DAG

Vol bravade stap die graad 1 dogtertjie vorentoe in die klaskamer wat stampvol gepak is met opgewonde graad 1 gesiggies saam met hulle pappas. Hoe nader sy na voor kom, hoe stiller raak die vertrek. Kindertjies kyk nuuskierig oor die mense en oral skuif mans ongemaklik op klein hout stoeltjies rond. Dis pa en dogter dag maar sy stap dan alleen.

Haar mamma het gesê dat sy vandag by die huis mag bly as sy wil, en dat sy selfs met haar juffrou sal gesels as sy bang is om dit self te doen, maar sy was vasberade om die dag by te woon. Miskien omdat sy baie het om te sê, miskien net omdat sy nie haar nuwe juffrou wil teleurstel nie.

Terwyl sy omdraai om na die gehoor te kyk, vra 'n seuntjie kliphard, "waar is jou pappa dan?" Sy eie pa word bloedrooi in die gesig en fluister hoorbaar, "Sies Francois, nie alle ouers is so geïnteresseerd in hulle kinders se opvoeding soos ek en jou ma nie." Daar is 'n ongemaklike stilte toe sy uiteindelik begin praat.

"My pappa weet van hard werk, en hy is ook baie sterk. Hy is lief vir trekker ry en koffie drink wanneer hy 'n tydjie kry. Hy verstaan van mielies plant en geduldig wag vir reën, net soos wat hy weet van bouwerk, met klippe, sement en ook steen."

Sy sluk 'n oomblik die groot knop in haar keel weg. Sy onthou hoe pappa haar altyd op sy skouers getel het sodat sy die hele plaas kon sien. Sy onthou hoe hy haar oor die grasperk gejaag het totdat hy haar vang en kielie tot haar asem op raak... sy kyk vir 'n oomblik af na die rooi roos wat sy in haar handjie vas knyp, dan gaan sy aan.

"My pappa was 'n boer in murg en been, en na oestyd het sy vragte altyd onder die mielies gekreun. Hy was baie trots op ons mooi plaas, en as hy sy hoed so op sy kop sit dan weet ons almal wie is die baas."

Haar oë skiet vol trane as sy onthou hoe pappa vir haar Bybelstories gelees het in die aande voor slapenstyd, en hoe hulle elke Sondag baie ver gery het na die dorp se kerk toe. Sy knyp in gedagte die roos stywer vas.

"My pappa het my op sy skoot laat sit wanneer hy trekker ry, en as ek saam met hom hard gewerk het kon ek altyd 'n hand vol lekkergoed kry. Pappa het my gewys hoe lyk sade en wanneer moet mens hulle plant, en ek d**k hy was die slimste boer in ons hele land."

"As pappa kon, sou hy vandag hier langs my staan, maar ongelukkig moes my pappa so bietjie te vroeg na Liewe Jesus toe gaan. My pappa is my held en ek wens hy kon my vandag hoor, maar pappa is nou in die hemel, want my pappa is vermoor."

Snikke kom van oral uit die klaskamer uit, maar dis haar Juffrou agter haar wat haar aandag eerste trek. "Nicka, hoekom het jy 'n roos gebring skat?" vra sy terwyl sy self haar oë met 'n sneusie afvee. "Juffrou, mamma het gesê, as skool verby is, kan ons pa en dogter dag gaan herdenk deur 'n blommetjie op my pappa se graf te gaan sit."🛐

DienspligEendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenk...
16/02/2026

Diensplig

Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante.

Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sę saggies: "Goeiemore my seun."

"Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.

"Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy.

Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het."

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee?
Die oggend- of die aanddiens?"

16/02/2026

Gereedskap Te Koop

Daar was geadverteer dat die duiwel sy gereedskap op ‘n veiling gaan aanbied vir voornemende kopers.
Op die dag van die verkope was die gereedskap uitgestal vir algemene inspeksie deur voornemende kopers, elke gereedskapstuk was gemerk met die reserwe prys wat die duiwel daarvoor soek.

Dis was ‘n verraderlike versameling gereedskapstukke – Haat, Jaloesie, Leuens, Hoogmoed, Verleiding en nog baie meer.

Maar eenkant op ‘n afsonderlike tafel het ‘n gereedskapstuk gelê wat op die oog af baie onskuldig gelyk het, maar mens kon sien die stuk is al baie gebruik en die reserwe prys was uitsonderlik hoog vir die stuk gereedskap.

“Wat is die naam van die gereedskap stuk?” vra een van die voornemende kopers terwyl hy na die stuk wys. “Dit is Moedeloosheid,” antwoord die duiwel.

“Hoekom is die reserwe prys so hoog?”

“Want dit is een van my mees waardevolste gereedskap stukke, meer waardevol as al die ander saam. Ek kan mense se harte oop dwing en ingaan met die gereedskap wanneer al die ander glad nie wil werk nie. Wanneer ek eers in hul harte is kan ek maak net wat ek wil met hulle. Ek weet die slytasie op die stuk is al baie maar ek gebruik die stuk die meeste van almal omdat die meeste mense nie besef dat dit aan my behoort nie.

(Luk 18:1) En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

Gehoor Probleme’n Man was bekommerd dat sy vrou nie meer so goed kon hoor soos voorheen nie en hy het ged**k dat sy dalk...
16/02/2026

Gehoor Probleme

’n Man was bekommerd dat sy vrou nie meer so goed kon hoor soos voorheen nie en hy het ged**k dat sy dalk miskien ’n gehoor apparaat mag benodig. Nie seker hoe om sy vrou te benader oor die netelige kwessie nie, skakel hy die huisdokter om die probleem te bespreek.

Die dokter deel hom mee dat daar ’n maklike informele toets is wat die man kan doen sodat die dokter ’n beter idee kan kry van die omvang van die gehoor probleem van sy vrou.

“Hier is wat jy doen,” sê die dokter, “staan so 15 meter weg van haar en in ’n normale gesels stem praat met haar en kyk of sy jou kan hoor. Indien nie, gaan nader tot jy so 10 meter van haar af is, daarna 5 meter en so aan totdat jy ’n reaksie van haar af kry.

Die aand is sy vrou in die kombuis besig om aandete voor te berei en hy het in die sitkamer gesit. Hy sê toe vir homself, “Ek is nou omtrent 15 meter weg van haar, laat ek kyk wat gebeur.” Toe in ’n normale gesprek toon vra hy, “Liefie, wat is vir aandete?”

Geen reaksie nie.

Dus beweeg hy maar bietjie nader aan die kombuis, omtrent 10 meter van sy vrou en herhaal die vraag, “Liefie, wat is vir aandete?”

Steeds geen reaksie nie.

Volgende beweeg hy na die eetkamer waar hy so 5 meter van sy vrou af is en vra, “Liefie, wat is vir aandete?”

Weereens geen reaksie nie.

Hy stap nader en gaan staan in die kombuis deur, omtrent 3 meter weg. “Liefie, wat is vir aandete?”

Weereens is daar geen reaksie van sy vrou nie.

Hy stap tot reg agter sy vrou en vra, “Liefie, wat is vir aandete?”

“Jakobus, vir die VYFDE keer, ek het gesê, HOENDER!”

Die probleem is dalk nie by die ander persoon soos ons soms geneig is om te d**k nie. Dit kan baie kere binne onsself wees waar die probleem is.

By die verkeerslig staan Hy. Sy klere soms so vuil. As ek so na hom staar. Wat kan daaragter skuil?     Ek wonder of ek ...
01/11/2025

By die verkeerslig staan Hy.
Sy klere soms so vuil.
As ek so na hom staar.
Wat kan daaragter skuil?
Ek wonder of ek somtyds vir hom ietsie moet gee.
Dan sus ek my gewete, wat gaan hy maak daarmee?
Gaan dit dalk vir sy kinders, of gaan dit vir ‘n dop.
Ons sal dit nooit kan peil nie.
Weet ok nie wat aangaan in sy kop.
Soms is dit baie nat en koud, maar rustig staan hy daar.
Sy oë staar al smekend, wie blameer hy vir die fout.
Ek sal altyd wonder, of sy familie van hom weet.
Het hy dalk iewers vriende, en het hulle hom vergeet?
Kom mensgemaakte dae en ook die Kersfees tyd.
Wat ‘n Vaderhart moet bly maak, leef hy met selfverwyt?
Gee iemand hom ooit liefde, of luister na sy stem.
Het iemand hom al ooit vertel, die Here is gebore in stille Bethlehem.
Hoe kan ons vir die Kersmaal aansit, terwyl ons almal eet.
Kan ons regtig so hard wees, en die Boemelaar vergeet.
Die Koning van die aarde het vir ons die weg gebaan, sodat ons ook in Sy Vrede op die lewenspad kan gaan.
Dankie Heer vir U genade.
Gee dat ons sal verstaan.
Dat ek ook soos die boemelaar voor U behoort te staan.
Dit is net U genade wat my van sonde red.
As ek die Boemelaar so gadeslaan, dank God vir wat ek het.
Dit kon ook ek gewees het wat by die verkeerslig staan.

Die les hieruit is;
Tel jou seeninge, waardeer jou familie/vriende, waardeer en sê dankie vir goeie gesondheid, moenie neersien op ander, wys jou liefde en sê dankie aan ons Vader vir alles wat jy het.
Al die eer kom Hom toe.
*Jesusliefde*

28/10/2025

HOE IS JOU TAALGEBRUIK

Toilettaal pas nie by Jesus se mense nie

Toilettaal noem ek dit - daardie kru, platvloerse taal wat deesdae uit party mense se monde stroom. En dan praat ek nie net van vloekwoorde nie. Afbrekende opmerkings en beledigende woorde is omtrent die in-ding. Baar taal wemel op sosiale media, maar ook op pawiljoene, langs braaivleisvure en by die werk. Party mense put blykbaar een of ander vreemde behae daaruit om so platvloers en grof as moontlik te wees. Of om elke tweede sin met ’n vloekwoord in te lei. Ons as navolgers van die Here word altyd tot ’n hoër standaard as dit opgeroep. Die Here wil hê ons taal moet boumateriaal wees, nie aanvalswapens nie. Terwyl ander mekaar verrinneweer met hulle taal, is ons woorde genesend. Terwyl mense harde woorde op mekaar loslaat, laai ons genesende taal op ons lippe wat herstel bring (Spreuke 12:18). Ons sagte woorde laat woede bedaar (Spreuke 15:1). Ons skinder-vrye monde laat ander mense veilig voel in ons omgewing. Die Here se genade, waarvan ons harte vol is, loop gedurig oor op ons lippe. Ons laat graag hart-taal los in ’n hartelose wêreld. Ons praat God se genade gedurig in ’n genadelose wêreld in.

Address

Springs

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when God Se Genade Is Groot posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to God Se Genade Is Groot:

Share