AGS Helderberg

AGS Helderberg Ons gemeente verwelkom u hele familie, ouma en oupa tot boetie of sussie klein. Kom geniet ons gemaklike kuier manier van kerk hou en maak vriende.

Die AGS Helderberg Gemeente geboue is langs die N2 op die ruim Pinksterparkgronde met die bekende Mondeor Eco Skool en Monkeytown as bure. Die gemeente se hoofaanbiddingsplek lê tussen die Somerset-Wes, Strand, Rusthof, Lwandle, Nomzamo en Gordonsbaai stadsgebiede. Dit is dit ideaal geleë om die hele Helderberg kom te bedien. Die ruim ouditorium met aangrensende saal word omring deur hoë bloekombo

me en stilte wat herhinner aan 'n plaas. Die atmosfeer tydens dienste kan beskryf word as vriendelik, verwelkomend en warm teenoor alle mense. Daar word gepoog om God met eerbied en in waarheid te aanbid en om Sy wil en teenwoordigheid te soek.

08/09/2026

I PETRUS 1:15-16 AFR53
[15] Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, [16] omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

06/09/2026

HEBREËRS 11:1
[1] DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

04/09/2026

II KORINTHIËRS 13:13
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Nagmaal Sondag : Leef die evangelie - Diensleierskap. Ons sien uit na kragtige woord. Sien Almal Daar ! ✝️🙏
04/09/2026

Nagmaal Sondag : Leef die evangelie - Diensleierskap. Ons sien uit na kragtige woord. Sien Almal Daar ! ✝️🙏

03/09/2026

JESAJA 54:14
Geregtigheid sal in jou heers.Jy hoef nie bang te wees vir verdrukking nie,ook nie vir verskrikking nie,want dit sal nie naby jou kom nie.

02/09/2026

MATTHÉÜS 16:25-26 AFR53
[25] Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. [26] Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

01/09/2026

JOHANNES 3:16 AFR53
[16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

31/08/2026

JESAJA 9:2 AFR53
[2] U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.

31/08/2026
30/08/2026

HEBREËRS 3:6-8 AFR53
[6] maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. [7] Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, [8] verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

Address

Cnr N2 & Mondeor . On Pinksterpark
Somerset West
7150

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 08:30 - 12:00

Telephone

+27833535679

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Helderberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS Helderberg:

Share