Fakkel Gemeente

Fakkel Gemeente Fakkel Gemeente
Gestig 1968. Leraar: Willem Burger. 0713555570

YouTube video
11/09/2026

YouTube video

Fakkel Gemeente Sasolburg se Willem Burger bevestig weereens dat on...

11/09/2026
11/09/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag Philna Volschenk

11/09/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag Attie Reynders

10/09/2026

Bly asb bid vir my kleinseun Christopher, word nou in hospitaal opgeneem, vasgestel gewas op rug is nie kwaadaardig, maar aneurism-sist wat rondom bly bloei, hul moet nou CT-angiogram neem, en dan gaan hul met inspuitings die sist laat verhard sodat hul dit kan verwyder. Hendrik Sharp

10/09/2026

Bly asb bid vir my kleindogter Sumé, drs weet nog nie wat veroorsaak het dat Sumé in teater nie voldoende suurstof gekry het nie.
Sumé het tans weer ’n infeksie opgedoen. Volgens die dokters is dit waarskynlik as gevolg van die lang tyd wat sy reeds in die ICU-omgewing deurbring. Sy is tans op ’n 7-dae kursus antibiotika, wat komende Vrydag voltooi sal word.
As haar infeksietelling teen daardie tyd genoeg gedaal het, het die dokters ingestem dat sy na Nurture Rehabilitation Centre in Vereeniging verskuif kan word — waarskynlik reeds Maandag. 🙌
Op hierdie stadium is Sumé se kondisie van so ’n aard dat sy, buiten dat sy self kan asemhaal en haar hart self aan die klop hou, nog nie haar basiese liggaamsfunksies onafhanklik kan beheer nie.
Sy kan tans nie haar hande funksioneel gebruik nie, sy kan nie praat nie, en sy kan ook nie self sit of staan nie. Sy sukkel selfs om haar eie speeksel te sluk.
Ons glo egter dat Rehab vir haar ’n baie beter geleentheid kan bied om te werk aan hierdie funksies. Daar sal meer individuele aandag, intensiewe terapie en gespesialiseerde sorg beskikbaar wees as wat sy tans in die ICU kan ontvang.
Daar is nog baie onsekerheid oor wat die toekoms vir Sumé inhou. Bly asb vir haar bid. Marieta Grobbelaar

10/09/2026

GEMEENTE-ETE

Ons het Sondag 13 September na die nagmaal 'n baie spesiale gemeente -ete om ons eenheid in Christus te vier.

Ons sê dankie vir hulle wat alles skenk en die werk doen.

Kom woon die nagmaal en die ete in groot getalle by! Dis gratis!

Ons gaan nà die diens eers koffie sodat die kinderbediening kan klaarmaak, en daarna eet.

Ondersteun dit ASB

Address

7 Schalk Burger Straat
Sasolburg
1947

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fakkel Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share