Vittoria Gemeente - Lede in Christus Kerk Rustenburg

Vittoria Gemeente - Lede in Christus Kerk Rustenburg Jesus bring HOOP waar wanhoop is!

Kom besoek ons gerus!
11/09/2026

Kom besoek ons gerus!

SONDAGOGGEND | 6 SEPTEMBER🌸 SEISOENE 🌸 “Jou seisoen mag verander, maar jou God verander nooit.” Ons almal gaan deur vers...
06/09/2026

SONDAGOGGEND | 6 SEPTEMBER
🌸 SEISOENE 🌸

“Jou seisoen mag verander, maar jou God verander nooit.”

Ons almal gaan deur verskillende seisoene — tye van groei, wag, trane en vreugde. Maar deur elke seisoen bly God getrou.

“Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor… die bloeisels word gesien in die land.”
Hooglied 2:11-12

Selfs wanneer ons deur ’n droë of moeilike seisoen gaan, kan ons sê:

“Nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.”
Habakuk 3:18

Vandag het ons ook saam die Nagmaal gevier — ’n kosbare herinnering aan Jesus se offer en Sy onwankelbare liefde vir ons.

Baie dankie Sus Judika vir die pragtige Nagmaaltafel en Br Anton vir die bediening van die Nagmaal.

🌿 Mag ons in elke seisoen gewortel bly in Christus en vrug dra tot eer van Sy Naam.

🥊 BRAGGING RIGHTS! 🥊Ons jongmense is nie bang om hul drome na te streef nie! 🙌🏼Gisteraand het Ashton Green aan die SBF B...
06/09/2026

🥊 BRAGGING RIGHTS! 🥊

Ons jongmense is nie bang om hul drome na te streef nie! 🙌🏼
Gisteraand het Ashton Green aan die SBF Bokstoernooi deelgeneem — en hy het nie net die stryd aangepak nie… hy het met die Lightweight Champion-titel weggestap! 🏆🥊

Maar wat ons nóg trotser maak, is nie net die titel om sy nek nie… dit is die Geloof in sy hart.
In sy eie woorde: “JESUS het my die krag gegee.”
Hoe mooi is dit om ’n jong man te sien wat Jesus eerste stel. Selfs wanneer hy die kryt betree, gebruik hy die geleentheid om die Here te verheerlik. Terwyl ander met musiek instap wat hulle opbou en opstook, stap Ashton in met “If I Got Jesus” — ’n herinnering dat sy krag nie net uit homself kom nie. ✝️
Die titel is joune, Ashton… en die eer behoort aan Jesus! 👑
Dankie Jesus dat U altyd met hom is, hom krag gee en hom lei.

🥊 Baie geluk, Ashton!
Ons is SUPER trots op jou!
Hou aan om groot te droom, hard te werk en Jesus eerste te stel!

So hou die pastorina van die gemeente ons nuutste toevoeging tot die gemeente, klein Adriaan, vas. ❤️Mag hy van kleins a...
06/09/2026

So hou die pastorina van die gemeente ons nuutste toevoeging tot die gemeente, klein Adriaan, vas. ❤️

Mag hy van kleins af die liefde, warmte en teenwoordigheid van die Here in ons gemeente beleef. 🙏🏻

05/09/2026

☕ Koffie met Jesus! ☕
🌸🏵🌹DIS HEERLIKE LENTE🌺🌼🌷

Ons het saam gekuier, gelag, gespeel, Bybelverse ontdek en sommer net ’n bietjie weggestap van die gejaag en omstandighede van elke dag. 🌸😂

Ons is herinner:
😂 Daar is ’n tyd om te lag. — Prediker 3:4
☀️ Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. — Psalm 118:24
🌷 Die winter is verby… die bloeisels word gesien in die land. — Hooglied 2:11–12
😊 ’n Vrolike hart bevorder die genesing. — Spreuke 17:22
❤️ Verbly julle altyd in die Here! — Filippense 4:4

Lente herinner ons dat elke seisoen verander. Soms bring God nuwe dinge rondom ons, en soms verander Hy net ons perspektief op dit wat reeds daar is. 🌱
Ons het gekies om die klein dinge te geniet, hardop te lag, mekaar te waardeer en dankbaar te wees vir die dag wat God vir ons gegee het. 🌸

Die winter is verby… die bloeisels word gesien!
Kom ons stap hierdie nuwe seisoen binne met vreugde, geloof en groot verwagting!

30/08/2026
Ons verwelkom nóg ’n nuweling! 👶🏻💙Met groot vreugde verwelkom ons klein baba Adriaan Potgieter! Baie geluk, Louis en And...
29/08/2026

Ons verwelkom nóg ’n nuweling! 👶🏻💙

Met groot vreugde verwelkom ons klein baba Adriaan Potgieter!

Baie geluk, Louis en Andrea! Mag die Here vir klein Adriaan ryklik seën en bewaar. Mag hy grootword onder Sy liefde en genade, en mag sy lewe vir julle en almal om hom ’n besondere seën wees.

Mag hy oral waar hy gaan liefde, vrede en vreugde saai en ’n liggie wees wat ander se lewens aanraak.

Welkom, klein Adriaan!

By Vittoria Gemeente - Lede in Christus Kerk Rustenburg  is jy nie net nog iemand wat kerk toe kom nie. Jy is nie net n ...
28/08/2026

By Vittoria Gemeente - Lede in Christus Kerk Rustenburg is jy nie net nog iemand wat kerk toe kom nie. Jy is nie net n persoon wat verdwyn tussen die skare mense nie.

Ons belowe jou ook nie dat die pastoor, die musiek of die program iets vir jou gaan doen nie.

Maar daar is iets wat ons wél kan belowe…

Wanneer ons in Sy Naam bymekaar is, is ons nie alleen nie.

Jesus het gesê:

“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
— Matteus 18:20

Ons is net ’n gemeente wat saamkom om die Here te aanbid, Sy Woord te hoor en Hom te soek.

Ons kom omdat Jesus daar is.

En as jy met ’n oop hart kom, glo ons jy sal nie dieselfde uitstap as wat jy ingestap het nie.

Kom soos jy is.
Kom ontmoet Hom.

📍 Vittoria Gemeente
⛪ Lede in Christus Kerk
🕘 Sondagoggend | 09h00
📍 h/v Leyds en Zendelingstraat Rustenburg

Nie ’n vertoning nie. Nie ’n nommer nie. Net Jesus.

🎬 Wat ’n heerlike oggend saam met ons Goue Gerwe! ❤️Ons is vandag ’n bietjie teruggeskiet in tyd met ’n lekker bioskoop-...
28/08/2026

🎬 Wat ’n heerlike oggend saam met ons Goue Gerwe! ❤️

Ons is vandag ’n bietjie teruggeskiet in tyd met ’n lekker bioskoop-atmosfeer, goeie geselskap en natuurlik ’n ou fliek wat ons sommer weer lekker saam laat lag het! 🍿🎞️

Want kom ons wees eerlik… hulle maak darem nie meer flieks soos in die ou dae nie! 😄❤️

Judika, baie dankie vir die heerlike bederf en vir al jou moeite en liefde waarmee jy ons Goue Gerwe so mooi versorg. Ons waardeer jou opreg! 🌷

Wat ’n spesiale oggend vol lag, herinneringe en lekker saamkuier! 🥰

Address

Cnr Zendeling & Leyds Street
Rustenburg

Opening Hours

Friday 18:30 - 21:00
Sunday 09:00 - 11:00
16:30 - 19:00

Telephone

+27145923166

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vittoria Gemeente - Lede in Christus Kerk Rustenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share