26/05/2026
26 Mei 2026
Handelinge 2:12. En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
13. Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.
In 2000 jaar het niks verander nie.
Wanneer daar herlewings uitbreek, en ongekende dinge gebeur, en mense in die Heilige Gees gedoop word, sit ons nog steeds met kantlyn sitters wat vra wat gaan aan en spotters wat dit uitmekaar skeur en beledig wat hulle nie ken nie.
Die ergste is die spotters wat in die geloof is, maar dood en verstok is. Hulle is soos die fariseers en saduseers van ouds.
Jy moet nooit dat hierdie kantlyn kommentators en spotters jou laat beroof of demp nie.
Ons belewenisse in herlewings moet wel blywende verandering en verdieping in ons verhouding met Jesus bewerk.
Ons kan nie daar wegstap sonder dat ons lewenstyl heiliger en skoner is nie.
Dis nie die belewenis met God wat jou red nie, dis die aanwend van die bloed van Jesus in jou lewe.
Die belewenis se doel is om jou te versterk in die geloof.
Vir die kantlyn toeskouers wil ek sê: jou probleem is dat jy ñ toeskouer is.
Jy moet ñ deelnemer word!!!
Toeskouers betaal- Deelnemers word beloon!!!!!!
Mag die Here die spotters red en van hulle deelnemers maak soos Hy met Paulus gedoen het.
Die uitstorting van die Heilige Gees is die begin, al voel dit soos die hoogte punt.
Gebruik wat jy van Hom ontvang en groei.
Die talent wat jy begrawe gaan dood.
Die talent waarmee jy werk groei.
Geseënde dag.
Chris Stemmet
Sluit asb aan by ons Whatsapp kanaal:
https://whatsapp.com/channel/0029Va7b6j6GufIyXHV1rx35
Website:
www.pttm.org.za
Facebook:
https://www.facebook.com/PTTM.ministries?mibextid=LQQJ4d
Pentecost to Trumpet ministries is a registered Non profit company.(2016/167475/08) based in Mooinooi