Encounter Jeug Veranderde Lewens Gemeente

Encounter Jeug Veranderde Lewens Gemeente BE-youTH »
BE YOURSELF
BELONG
BE ENLIGHTENED
BE IGNITED

Elke liewe dag neem ons ń ton informasie in, goed en sleg maar ons besef nie watter groot impak dit op ons lewens het ni...
12/05/2023

Elke liewe dag neem ons ń ton informasie in, goed en sleg maar ons besef nie watter groot impak dit op ons lewens het nie!!!

Ons wil ophou jok maar almal op die internet en op tv jok konstant so ons neem dit in! Ons wil almal meer diepte in ons verhouding met God bereik en wil graag ń beter karakter hê maar ons hoor nie genoeg wat Hy van ons d**k nie. Die woord sê dat almal wie Jesus kies, sy kinders word en dat ons geliefd, geroep en vergewe is maar ons hoor dit nie genoeg nie!

So ons moet dit wat ons wil word meer hoor! 'Faith comes by hearing the word of God' om meer soos Jesus te word moet ons meer leer van hom en tyd met Hom spandeer deer daagliks ons 'brood' in te neem sodat die waarheid kan vashak in ons gedagtes maar belangriker, ons harte!

SIEN JULLE VANAAND! 📣
17/03/2023

SIEN JULLE VANAAND! 📣

More is die groot aand! 📣
16/03/2023

More is die groot aand! 📣

A F G E S O N D E R - Pt. 1 : T R O T S H E I D  1. DIE GEVAAR: “But woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites! For ...
16/03/2023

A F G E S O N D E R - Pt. 1 : T R O T S H E I D
 
1. DIE GEVAAR:
 
“But woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites! For you shut up the kingdom of heaven against men, for you neither go in yourselves, nor do you allow those who are entering to go in.” -Mat 23:13
 
Trotsheid is n geestelike tronk wat die persoon wat trots is se groei na vryheid in Christus tot stillstand bring, asook die met wie die persoon in kontak mee is!
 
• Jou trotsheid neem al die fokus en eer van  Jesus, en wat hy op die kruis gedoen het af en plaas dit op jouself in n leuen dat jy d**k jy verdien dit!
• Soos die vers in Mat 23:13 sê, jy verhoed dat enige liefde van Christus en die koningkryk van God deur jou werk!
• Jy druk mense vêrder van Jesus af weg!
• Jy kannie groei in jou verhouding met God nie want jy sê vir Hom dat jy Hom nie nodig het nie!
 
 2. DIE LEUEN:
 
- Jakobus 4:6.
- 1 Petrus 5:5.
 
 "ENTITLEMENT" (aanspraak)
 
Aanspraak sal altyd veroorsaak da tons neerkyk op ander, dit sal ons identiteit in Jesus verruil vir die goeie werke wat ons doen.
 
Ons as mense is selfsugtig in natuur, as jy my nie glo nie kyk na ń baba, soos vroeg soos wat hy leer hoe om te praat is dit net “myne, myne”. Ons van natuur vergelyk onsself met ander, maar wanneer ons dit doen vergeet ons dat dit nie ons is wat goed is nie, maar Jesus in ons. Johannes 15:5 “…want sonder my kan julle niks doen nie”
 
Dit is nie ons wat oulik is en die wêreld verander en mense se lewens red nie, dit is Jesus deur ons wat suiwer liefde uitstraal en mense aanraak wanneer ons onsself nederig maak en onsself neerlê vir Sy wil!
 
3. DIE OORWINNING:
 
MAAR, julle moet een ding onthou. Die krag van Christus is baie sterker as die krag van trotsheid. In Jesus is daar LEWE!
Ons moet onsself nederig maak sodat God in en deur ons kan werk sodat ons volmaak kan word in Christus en sodat ons kan gaan en die verskil kan wees wat die wêreld nodig het.
 
As ons ons aandag weg van onsself af skuif, en fokus op Jesus en wat Hy gedoen het vir ons op die kruis …dan gaan Hy groter, en meer waardevol word in ons lewens en die fokus op onsself gaan verkleineer.

A F G E S O N D E R - Pt. 2 : D I E  P U T WAT IS ‘N PUT? Wanneer alles voel asof dit net suid gaan, wanneer alles verke...
16/03/2023

A F G E S O N D E R - Pt. 2 : D I E P U T

WAT IS ‘N PUT?
Wanneer alles voel asof dit net suid gaan, wanneer alles verkeerd gaan en dit voel asof die wereld teen jou draai. Elke persoon op aarde gaan iewers in hul lewens deur ‘n seisoen gaan waar mens voel asof die wereld jou net moet insluk.
 
Josef  het dit dalk nie verdien om in n put gegooi te word nie, maar tog was hy. Jy verdien dit dalk nie dat jou beste vriende jou in die rug steek nie, of dat iemand naby aan jou doodgaan nie of dat jou juffrou op jou p*k nie maar dit gebeur, maar dit verander nie die feit God goed is nie.
 
DIE DOEL VAN ‘N PUT:
 
Dit is n plek wat ons laat besef ons kan dit nie op ons eie doen nie!
 
‘n Plek wat ons leer da tons total en al afhanklik van God moet wees!
 
HOE KOM ONS UIT ‘N PUT?
 
• Moenie mense blameer vir die moeilike goed wat jy ervaar en waardeur jy gaan nie!
• Ons moet die leuens wat die vyand ons voer onderskei en dit vervang met die waarheid.
• So fokus op wat God gesê het
• Roep uit na God toe in nederigheid, dit help nie ons skree help maar ons doen dan nie wat die Here sê ons moet doen nie!
 
“Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan,sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie.” – Jesaja 43:2

A F G E S O N D E R: D I E  P A L E I S  T O E T S •••“Attitude determines altitude”• Jy werk nie net vir jou ouers, ond...
16/03/2023

A F G E S O N D E R: D I E P A L E I S T O E T S




“Attitude determines altitude”

• Jy werk nie net vir jou ouers, onderwysers, baas nie! Jy werk vir God
• Geroep om getrou te wees.
• Oorwinning: jou fokus (“attitude” = “altitude”)

Josef het werklik ‘n swak karakter gehad, maar om baie regverig te wees het hy die oomblik toe dinge begin aftraande loop, het sy fokus na God toe geskuif en getrou gebly aan dit wat Hy weet waar is om eerbaar te lewe, getrou te wees aan God, vasgehou aan God en die beloftes wat Hy maak.

As Potifar gesê het dat hy moet vloere was het hy dit mooi gewas. As hy moes waaier waai het hy dit ordentelik gedoen. Wat ook al hy moes doen het hy met ‘n nederige hart gedoen en het altyd die regte ding gedoen al was dit moeilik.

Ons moet getrou bly aan God en sy opdragte!

• Moet nie laat onreg en onregverdigheid jou weerhou van om n getrou dienaar vir God en sy kinders te wees nie!
• Doen altyd die regte ding. Ons is nie geroep om noodwendig al die wêreld se probleme op te los nie, maar ons is geroep om God te vetrou en ons doen dit deur te doen wat Hy ons vra.
• Om te “prosper” beteken ook om deur te druk en vooruit te beweeg.

Oorwinning: Waar lê jou fokus?

• “Do everything without complaining or arguing, so that no one can criticize you. Live clean, innocent lives as children of God, shining like bright lights in a world full crooked and perverse people.”- Phillipians 2:14-15
• “Work willingly at whatever you do, as though you were working for the Lord rather than for people.”-Col 3:23

Ons weet al dit, dat waarop ons fokus ‘n groot effek op ons het en dan weet ons mos dat dit gemoed sal beïnvloed, maar dit is belangrik dat ons nie fokus op die wereld en hoe sleg dit is nie en eerder op hoe goed God is, sy liefde vir ons en dat on in liefde teenoor mekaar moet optree.

Ons “attitude” gaan altyd ons “altitude” bepaal en as ons vashou aan die oorwinning wat ons in Christus het dan kan ons getrou bly aan God en sy kinders met krag en liefde dien.

A F G E S O N D E R: D I E  P R O F E T I E S E  T O E T S ••God het toe Hy als geskape het gepraat en toe het als tot b...
16/03/2023

A F G E S O N D E R: D I E P R O F E T I E S E T O E T S


God het toe Hy als geskape het gepraat en toe het als tot bestaan gekom. Dieselfde Gees wat die heelal geskape het leef binne jou wanneer jy Jesus Christus kies as jou verlosser en jou Here!

God het klaar die finale uitkoms uitgespreek nog lank voordat jy deur enige toets moet gaan! So ons moet vashou aan dit wat Hy sê sodat ons in geloof deur die moeilike situasie kan kom en die Here verheerlik in ons struikel.

God se woord gaan altyd ons karakter toets, maar die profeties sal altyd ons geloof toets!

Ons moet vashou aan die waarheid wat God in ons in spreek, dit breek leuens af en sal ons op koers hou na dit wat God vir ons beplan het.

Ons moet die waarheid kan onderskei en nie toelaat dat leuens in ons harte gaan lê nie en ons doen dit deur :

1. Te toets of dit in lyn is met God se woord
2. Is dit in lyn met God se vaderhart
3. Bring dit ons nader aan Jesus?

Al drie van hierdie moet reg wees wanneer ons iets n waarheid wil maak in ons lewens!

W O R S H I P  A A N D 📣•••People, GET READY! Die 17de Maart 2023 het Encounter Jeug ons eerste worship aand. Nooi al jo...
16/03/2023

W O R S H I P A A N D 📣




People, GET READY!
Die 17de Maart 2023 het Encounter Jeug ons eerste worship aand. Nooi al jou pelle en moenie hierdie besonderse geleentheid mis nie!

I G N I T E  J E U G K A M P 2 0 2 3 🪩•••Moet nie hierdie ongelooflike geleentheid mis om Jesus se hart vir jou te mis n...
16/03/2023

I G N I T E J E U G K A M P 2 0 2 3 🪩




Moet nie hierdie ongelooflike geleentheid mis om Jesus se hart vir jou te mis nie. Die kamp vind van die 24ste - 26ste Maart plaas by Die Nessie.

Hier is die link om jou kaartjie te koop.

https://qkt.io/trYxf2

Onthou dat daar beperkte plek beskikbaar is! 📣

S I E N  J O U  D A A R! 📣
16/03/2023

S I E N J O U D A A R! 📣

Address

17 Philips Avenue, Discovery
Roodepoort
1709

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Encounter Jeug Veranderde Lewens Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share