30/08/2026
Ons wil graag elkeen bedank wat gehelp het of bygedra het om ons Basaar 'n groot sukses te maak.
Dankie vir u ondersteuning asook u bydraes, dankie aan die sameroepers, helpers en werkers. Baie dankie vir elke produk, item, bestanddele, vleis en nog vele meer wat geskenk was. Sonder julle skenkings kon ons nie van die Basaar en Vleismark 'n sukses maak nie.
Baie dankie vir elkeen se handearbeid gedurende die dag, dit het nie ongesiens verbygegaan nie.