Lede in Christus Kerk, Panorama

Lede in Christus Kerk, Panorama Pastoorspaar: Chaplain JG September & Sr. C September; ondersteun deur Chaplain A Damon & Sr. S Damon

28/06/2026
Dankie aan ons kosbare bejaardesGedurende hierdie maand het ons bejaardes die voorreg gehad om die Sondae se eredienste ...
28/06/2026

Dankie aan ons kosbare bejaardes

Gedurende hierdie maand het ons bejaardes die voorreg gehad om die Sondae se eredienste te behartig. Ons is opreg dankbaar vir julle getroue diens, wysheid, gebede en liefde waarmee julle die gemeente dien. Julle is vir ons ’n groot seën.

Op 6 Junie 2026 is ons bejaardes ook bederf met ’n heerlike middagete by Spur – ’n besondere geleentheid van saamkuier, waardering en dankbaarheid.

Mag die Here elkeen van julle ryklik seën, met goeie gesondheid, vrede en vreugde. Ons bid dat Hy julle nog lank sal bewaar en versterk om ’n lig en inspirasie vir ander te wees.

“Die grys hare is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.” – Spreuke 16:31

Seënwense:
Mag die Here julle elke dag met Sy liefde omring, julle krag vernuwe en julle harte met hoop vul. Dankie vir elke bydrae wat julle maak. Ons waardeer en eer julle opreg. God se rykste seën vir elkeen van julle. 🌸🙏

Pinkster Afsluitingsdiens ‼️Hierdie Sondag, 24 Mei 2026 om 09:00Lede in Christus Kerk, Jasmynstr, PanoramaLofdal Swellen...
23/05/2026

Pinkster Afsluitingsdiens ‼️
Hierdie Sondag, 24 Mei 2026 om 09:00

Lede in Christus Kerk, Jasmynstr, Panorama

Lofdal Swellendam is ook teenwoordig‼️
Prediker is Past. Raynard Groenewald

Almal is welkom ‼️🔥
Kom met n verwagting, gaan met n seën✨✨✨

Pinkstertyd 👏🏽 Dienstye:Weeksaande om 19h00 (7 uur)Saterdag aande om 18h00 (6 uur)Sondagoggend om 10h00 (10 uur)Ons nooi...
15/05/2026

Pinkstertyd 👏🏽

Dienstye:
Weeksaande om 19h00 (7 uur)
Saterdag aande om 18h00 (6 uur)
Sondagoggend om 10h00 (10 uur)

Ons nooi die gemeenskap uit om die diens met ons te kom geniet! ✨❤️🙌🏼

Jasmynstr, Panorama, Robertson

Congratulations to Chaplain Johannes September, who promoted in Pretoria yesterday, where he ordained officially, as the...
14/04/2026

Congratulations to Chaplain Johannes September, who promoted in Pretoria yesterday, where he ordained officially, as the Provincial Commander of the Western Cape SAFReC Chaplaincy

🎉 Baie geluk aan ons SAFReC kapelane! 🎉Op die foto: Chaplain J. Lekay (Jnr) en Chaplain J. Lekay (Snr) met Chaplain J. S...
14/04/2026

🎉 Baie geluk aan ons SAFReC kapelane! 🎉

Op die foto: Chaplain J. Lekay (Jnr) en Chaplain J. Lekay (Snr) met Chaplain J. September

Vandag wil ons met groot waardering en trots ons opregte gelukwense oordra aan elke SAFReC kapelane. Julle onbaatsugtige diens, deernis en geestelike leiding maak ’n onmeetbare verskil in die lewens van soveel mense.

In tye van vreugde én uitdagings staan julle as pilare van hoop, geloof en ondersteuning. Julle is daar om te luister, te bemoedig en lig te bring waar dit soms donker voel. Julle werk gaan dikwels ongesiens verby, maar die impak daarvan is diep en blywend.

Dankie vir julle toewyding, integriteit en liefde vir mense. Julle leef die waardes wat julle verkondig – en dit inspireer ons almal.

Mag julle steeds krag, wysheid en seën ontvang vir die belangrike werk wat julle doen.

Ons waardeer julle! 🙏

Address

Jasmyn Street
Robertson
6705

Opening Hours

Wednesday 10:30 - 11:30
Friday 16:00 - 17:00
Sunday 10:00 - 11:30

Telephone

+27765076458

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lede in Christus Kerk, Panorama posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share